Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Hier­die een is ’n bie­lie en dis ook net reg, want dis die een uit­ga­we in die jaar wat ons aan die man­ne af­staan. Dis ons Va­ders­dag­uit­ga­we, maar vir baie van ons kom dié dag met ge­meng­de ge­voe­lens, want nie al­mal het op­ge­groei met die per­fek­te toon­beeld van wat dit be­te­ken om ’n goeie pa te wees nie.

Trou­ens, baie van ons loop nog as groot­men­se met Dad­dy is­su­es rond. En as dit nie jou pa was nie, het een of an­der man jou dalk langs die pad ska­de be­rok­ken. Hoe dit ook­al sy, mans het op die oom­blik nie ’n goeie naam in ons ge­meen­skap­pe nie. Maar ons moet ook ont­hou nie al­le mans het gaan melk koop nie, nie al­le mans is vrou­e­sla­ners of mon­sters nie en al­le mans is be­slis nie trash nie. En selfs al is hul­le, vra eer­waar­de Ka­rien Mul­ler in die Bood­skap vir ver­gif­nis so­dat jý kan aan­be­weeg.

In hier­die Va­ders­dag­uit­ga­we wil ons ook hul­de bring aan die mans wat hul kant bring en nie daar­die na­re e­ti­ket­te ver­dien nie. Daar is won­der­li­ke voor­beel­de van man­li­ke rol­mo­del­le wat die toon aan­gee en hul plek as man en pa vol­waar­dig vol­staan. Maar ons kan ook nie weg­skram van die re­a­li­tei­te nie. Só ruk die Wa­re Le­wens­dra­ma oor Court­ney Pie­ters ons har­te aan flar­de. Daar is reg­tig nie woor­de vir die wreed­heid nie, maar ons moet ken­nis neem so­dat dit nie met nóg ’n on­skul­di­ge mei­sie ge­beur nie.

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.