SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Kui­er- men­sies, my men­se! Ek kan niks by­voeg as wat reeds el­ke keer ge­sê word nie. Ek en my sus­sie al­twee van ons is al ou­mas en woon in een huis, maar koop elk ons eie Kui­er. Dis die bes­te lees­stof. Ons ge­niet en lees el­ke woord. FREDA ZOAR

Dit was nou vir my ’n groot mo­ti­ve­ring­sto­rie met die hart­seer (Ver­los van die vet­te en ver­driet, 17 Mei 2017). So ’n mooi wa­re ver­haal. A­li­son het som­mer nou ge­maak dat ek ook reg eet en oe­fe­nin­ge doen. TERSIA BARNARD, WITBANK

Tien hoe­ra’s aan tan­nie Con­nie en haar hel­pers met hul brei­klub (Brei vir ’n be­ter mô­re, 31 Mei 2017). Ek is ver­sot op brei en brei saans om te ont­span. Toe ek ’n kind was, het my ma in ’n ou­e­te­huis ge­werk en die ou­ma­tjies daar het my ge­leer brei. En ek doen dit nog ná al die ja­re! Win­ter­tyd kry al­mal truie, ser­pe en ge­brei­de slaap­sok­kies. Dis ’n b­ril­jan­te i­dee om die jon­ges te leer brei. Ek dink ek gaan ook som­mer da­de­lik so ’n brei­klub hier in P­re­to­ria be­gin. Sluit ge­rus aan by my fa­ce­book­groep: Brei-, He­kel- & Hand­werk. Dalk kan ons le­de land­wyd be­trok­ke raak en die pro­jek so uit­brei. DRIEKI, P­RE­TO­RIA

Ek wil net vir S­te­pha­nie sê dis won­der­lik dat jy be­ter is (Veer­tig jaar van er­ge pyn, 31 Mei 2017). Hou aan met jou oe­fe­nin­ge en hou vas aan jou ge­loof. Ek het ook er­ge ar­ti­tis en het ook my pil­le ge­los. Ek het ook al o­pe­ra­sies aan my voe­te en een hand ge­had en het nog pyn in my rug, maar met ge­reel­de oe­fe­ning en baie stap, is ek be­ter en kan ek weer he­kel. En dis al­les te dan­ke aan die Va­der. Ter­loops, ek is 78 jaar oud. Jy is ’n voor­beeld vir al­mal van ons. Mooi so! M. BOOYSEN

Ek kan nie glo ek het die laas­te Kui­er op die rak hier by ’n su­per­mark in Kemp­ton Park ge­kry nie. Ek was toe al by se­we win­kels en daar was niks. Be­stel as­se­blief meer. Al­mal kom nou Kui­er ag­ter. DAWN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.