Ant­woor­de ge­gee

Kuier - - Wenke -

Om van roes op kle­re ont­slae te raak, meng sout en suur­le­moen­sap saam tot ’n pas­ta en s­meer dan aan. Laat eers goed in trek en was dan die kle­re. JACKIE GINGER, PORT E­LI­ZA­BETH

Om van roesmer­ke ont­slae te raak, gooi tar­ta­ric a­cid daar­op en los dit vir ’n paar ure so. HEATHER AN­THO­NY, MACASSAR

Wenk vir bla­se op win­ter­voe­te: S­meer jou voe­te el­ke og­gend en aand met dub­ben en trek sok­kies aan. Vir bla­se op voe­te, ge­bruik or­ga­nie­se kas­ter­o­lie op ’n flen­nie-lap. JOLENE VD HORST, OUDTSHOORN

Vir te­kort aan e­ner­gie en moeg­heid, meng 1 eet­le­pel heu­ning en ’n hal­we tee­le­pel ka­neel in ’n hal­we kop­pie melk. Maak warm en drink sog­gens en saans. MIENA MATTHYS, BELLA VISTA As jy e­ner­gie soek, drink Len­non se ver­sterk­drup­pels. M. BOOYSEN, WITBANK

Om ont­slae te raak van bruin­vlek­ke op jou nek en on­der die arms, ge­bruik bum cre­am. Dit werk soos ’n bom! CAROL, PAROW

Om vlek­ke van im­buia-hout­meu­bels te ver­wy­der, ge­bruik bruin a­syn op ’n nat lap. Dit sal al­le vlek­ke ver­wy­der. M. BELL, BELLVILLE

Meng Tur­ling­ton met P­rep-skeer­room en s­meer aan win­ter­voe­te ná bad. RIKA SWIEGERS, POTCHEFSTROOM

Raad vir wurms wat plan­te vreet: Meng 2 eet­le­pels En­gel­se sout in ’n li­ter wa­ter. Gooi dit in ’n spuit­bot­tel en spuit jou plan­te daar­mee om van pes­te ont­slae te raak. SUZETTE VD BERG, BLOEM­FON­TEIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.