Sout

Kuier - - Wenke -

Gooi dit rond­om ’n bran­den­de kers. Dit sal die kers lan­ger laat brand. Jy kan ook sout­wa­ter gor­rel as jou keel seer is of ge­bruik dit as mond­spoel­mid­del ná tand- of mond-chi­rur­gie. Dit werk ook lek­ker as jy klei maak vir kleu­ters. En jy kan dit boon­op in die spoel­wa­ter gooi om te keer dat kleu­re bleik.

JEANNETTE GOOSEN

Gooi 1 kg sout by 2 kg was­poei­er en ’n hal­we boks koek­so­da. Jy sal meer was­poei­er het en die kle­re sal mooi skoon, vars en wit uit­kom.

LIZANE HENDRICKS

Meng sout saam met op­was­mid­del en ge­bruik dit om jou stort lek­ker skoon te skrop. Dit haal al die mer­ke af.

CATHERINE FRANSMAN

As ek nie was­poei­er het, week ek my was­goed, ver­al kom­ber­se in wa­ter met grow­we sout daar­in ge­meng. Dit bring die kleur weer mooi hel­der uit.

SANDRA SONIA BOTHA

Jy kan ook jou stoof met sout skoon­maak wan­neer dit nog warm is. Gooi sout om die pla­te en vee die vul­lis met ’n lap af.

S­TE­PHA­NIE MAY

Gooi jou he­le ag­ter­plaas vol groot kor­rels sout. Dit hou bos­lui­se weg.

ZELDA BASSON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.