Wen­ke

Hier is wen­ke om van vis­mot­te, bos­lui­se en wurms ont­slae te raak en raad met sout.

Kuier - - Inhoud -

As jy e­ni­ge i­tems het wat nie ge­was kan word nie, soos skoe­ne of op­ge­stop­te speel­goed­die­re, plaas dit in ’n kus­sing­sloop en tui­mel­droog dit vir min­stens 30 mi­nu­te op hoë hit­te. FREDELINE CAROLUS, WORCESTER

Ge­bruik ’n P­ring­les-blik­kie se dek­sel vir jou vars room-hou­er­tjie. Dit pas ge­mak­lik en die room sal nie uit­loop nie. ALET JA­COBS

Week op­ge­from­mel­de koe­rant­pa­pier in a­syn en plaas dit in die kom­buis­drom voor­dat jy die swart­sak daar­in sit. Dit sal help om al die reu­ke te ab­sor­beer. JACOBUS KIEWIT, VLEESBAAI

Om van vis­mot­te ont­slae te raak, gooi Eno’s in jou kas­te. Die vis­mot­te blaas op en gaan dood. VERNA VAN WYK, DUR­BAN

Om hoen­der lek­ker fyn te vlok vir chic­ken ma­yo-ge­reg­te, gooi die gaar hoen­der in ’n bak en k­lits met ’n e­lek­trie­se klit­ser. H. J. FOURIE, ALIWAL-NOORD

Sit ’n vlei­sek­strak­blok­kie in jou o­lie as jy aar­tap­pel­sky­fies bak vir ’n lek­ker geur. HANNETJIE VAN ZYL, SPRINGS

Ge­bruik ’n leë Kel­logg’s-pap­boks om in jou kind se rug­sak te sit om so sy boe­ke en flip fi­le net­jies te hou en te keer dat die boe­ke se pun­te om­krul. YOLANDI DE VOS, PORT E­LI­ZA­BETH

Week nu­we of pap­be­smeer­de af­droog­doe­ke in koue wa­ter waar­by ’n hal­we pak­kie En­gel­se sout in op­ge­los is. Die op­los­sing sal al­le pap uit die ma­te­ri­aal ver­wy­der en dit maak ook die doe­ke sag en ab­sor­be­rend. HESTER ABDINOR, KLERSDORP

Ge­bruik wet wipes as jul­le op reis gaan om die kin­ders se vuil han­de mee af te vee of pak dit al om die toi­let-bril se rand om in­fek­sie of kie­me te keer. MIRIAM PLAAT­JIES, BEAUFORT-WES

Meng 3 drup­pels for­mo­lin (jy kry dit by die ap­teek te koop en is baie goed­koop) met ’n bot­tel­tjie na­el­lak van e­ni­ge kleur. Wend el­ke dag ’n nu­we laag aan jou na­els vir sterk, ge­son­de na­els wat vin­ni­ger en ster­ker groei. HETTIE MEY­ER, BOKSBURG

Ge­bruik jo­gurt in plaas van kon­dens­melk vir koue poe­dings. Voeg net 1 tee­le­pel ge­la­tien (op­ge­los in koue wa­ter) by en smelt oor kook­wa­ter. By­voor­beeld: Vir koe­ja­wel­poe­ding ge­bruik aar­bei-jo­gurt. Dis ge­son­der en min­der soet. CORRIE STRYDOM, SCHWEIZER-RENEKE

Vat roos­ma­ryn­bla­re en kook dit in ’n ke­tel wa­ter. S­poel jou ha­re met die laas­te af­spoel ná jy jou ha­re gesjam­poe het. Of gooi dié tak­kies in jou bad­wa­ter wat sal help vir se­re, droë vel, ek­seem of ver­lig­ting vir kop­vel wat brand. MEGAN PARRIN, MIT­CHELLS PLAIN Pe­per­ment, gem­mer en heu­ning in e­ni­ge vorm help om die maag te kal­meer én vir naar­heid. LEONORA BASSON, MAL­MES­BU­RY

AAN­GE­BIED DEUR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.