Wen­ke wat werk

Hier is raad met ta­ma­ties, a­vo­ka­do en seep en nut­ti­ge wen­ke met plas­tiek­sak­ke. Wan­neer jy pan­ne­koek wil bak en jy wil jou pan glad hê, sit die pan op die warm plaat en sprin­kel ta­fel­sout daar­in. Laat goed warm word. Vryf met hand­doek­pa­pier tot blink. Die

Kuier - - Wenke - AANGEBIED DEUR

Om te voor­kom dat vars ta­ma­ties kneus, ge­bruik leë ei­er­hou­ers en plaas in el­ke hol­te ’n ta­ma­tie. Bê­re in die ys­kas. AN­NA SNYERS, FRASERBURG

Om ’n har­de a­vo­ka­do­peer gou sag te kry, prik dit met ’n vurk en draai toe met hand­doek­pa­pier. Sit dit dan in die mi­kro­golf­oond vir 2 mi­nu­te of lan­ger in­dien no­dig. JOLANDI LINKS, KUILSRIVIER

As jy nu­we kas­te in ’n kom­buis bou en jy het nie ’n kerf­bord om op te werk nie, ge­bruik ’n ek­stra stuk van die blad. Só sal jou kas­te lan­ger ja­re mooi hou. ELLEANOR FELIX, HUMANSDORP

Ver­dub­bel so jou mar­ga­rien: Ge­bruik 500 g har­de mar­ga­rien bv. Mar­vel­lo en laat dit sag word. Voeg ’n kop­pie wa­ter, ’n kop­pie vis­o­lie, 1 tee­le­pel sout en ’n hal­we tee­le­pel bor­rie by. Meng deeg­lik en plaas in ys­kas. MARLENE MARAIS, STRAND

As jy heer­li­ke bruin vleis­kai­ings wil braai en nie wil skroei nie, voeg ’n bie­tjie melk by. SU­SAN GOUS, CALVINIA

Kou kou­gom om te voor­kom dat jou oë traan wan­neer jy uie skil. ALBERTINA RO­MAN, KUILSRIVIER

Ver­wy­der die glas uit die deur van ’n ou front­lo­a­der-was­ma­sjien en jy het ’n lief­li­ke

As jy nie skoen­po­li­toer het nie, vat die skil van ’n pie­sang om jou skoe­ne mee blink te vryf. ALISTENE BEKKER, ROODEPOORT

glas­bak vir vrug­te, slaai of selfs om in die mi­kro­golf te ge­bruik. ALIDA WAL­KER

Om te voor­kom dat die reuk van kool en spi­na­sie jou huis oor­val wan­neer jy dit gaar­maak, voeg lou­rier­bla­re (bay le­a­ves) by die wa­ter ter­wyl jy dit kook. Dit werk! BE­LIN­DA DAMONS, PACALTSDORP

Week ’n groot spons in wa­ter en plaas dit in ’n plas­tiek­sak­kie en dan in die vries­kas. Dit kan la­ter ge­bruik word as ’n ice pack. GAIL HARTNICK, BELHAR

Sit al jou seep­splin­ter by­me­kaar en snip­per dit op of ras­per dit. Gooi dit saam met ’n klein bie­tjie wa­ter in pot en kook dit. Roer kort-kort tot­dat dit als ge­smelt is. Gooi dit in ’n kol­wyn­tjie­pan en laat af­koel. Dan het jy weer koe­kies was­seep. Jy sal baie spaar! AGNES GROOTBOOM

Ge­bruik ’n glad­de vloer­te­ël as sny­plank. Dis baie meer kiem­vry. En spoel ook eers ’n pan met wa­ter voor­dat jy dit smeer met bot­ter, want dit smeer dan mak­li­ker. DESMOND LEMMETJIES, KRAAIFONTEIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.