Ge­wil­de ak­teur doen din­ge op sý ma­nier en is be­si­ger as ooit

Met sy na­tuur­li­ke ta­lent, pluk dié ge­sog­te ak­teur uit­ein­de­lik die vrug­te van sy suk­ses. En die rol­le stroom in!

Kuier - - Inhound - DEUR ERNUSTA MARALACK

As die ak­teur B­ren­don Daniels eers sy kop op ’n blok ge­sit het dat hy iets gaan doen, kan jy maar met ’n bul­l­do­zer op hom af­pyl, hy sal nie van plan ver­an­der nie.

Dít is hoe sterk sy dryf­krag elf jaar ge­le­de was toe hy uit sy per­ma­nen­te werk by ’n Kaap­se ca­si­no ge­stap het om ’n loop­baan as ak­teur na te volg. En dit is hoe sterk sy dryf­krag van­dag steeds is wan­neer hy sy rol­le kies en dit só oor­tui­gend ver­tolk dat mens nie kan glo hy het geen for­me­le dra­ma-op­lei­ding ge­had nie.

Want as an­der sy toekoms moes voor­spel, sou nie­mand kon voor­sien hier­die man wat st. 9 (gr. 11) moes her­haal, nie wou stu­deer ná skool nie en wer­ke soos on­der­kle­re ver­an­der het, sou van­dag ’n suk­ses­vol­le en ge­sog­te ak­teur wees nie.

Die af­ge­lo­pe twee jaar was baie be­dry­wig vir B­ren­don. Al die werk wat hy in 2016 ge­doen het, word van­jaar ge-sho­w­ca­se. Só was hy vroe­ër van­jaar ’n speur­der in kykNET se Die Boland Moor­de, is hy tans te sien as die eks-tronk­vo­ël Ric­ky in Sara se

Ge­heim (ook ’n kykNET-reeks) en hy speel teen­oor Cry­stal-Don­na Ro­berts in die fliek

Kro­toa wat in Au­gus­tus in te­a­ters be­gin wys. Kro­toa word juis be­skou as een van die groot plaas­li­ke flieks wat van­jaar gaan uit­kom. An­der 2017-flieks waar­in B­ren­don te sien is, sluit in Tess saam met Lee-Ann van Rooi, wat ook in Sara se Ge­heim speel.

B­ren­don is ook op pad Beau­fort-Wes toe waar hy aan nóg ’n fliek gaan werk.

Dit gaan al­les oor in­te­gri­teit en egt­heid (au­then­ti­ci­ty), sê die 44-ja­ri­ge ak­teur van Eer­ste­ri­vier in die Kaap, wat nou o­ral te sien is. B­ren­don het ’n ge­mak­li­ke e­ner­gie en ge­sels lek­ker oor e­nig­iets on­der die son. Hy eet ’n chic­ken ma­yo-toe­brood­jie, het nog ’n Black­ber­ry en dra som­mer sy eie broek en broer se baad­jie na rooi­ta­pyt­ge­leent­he­de. Niks aan­stel­le­rig nie. Jy vat hom soos jy hom kry.

Te­rug by sy werk, er­ken B­ren­don eg­ter al die suk­ses wat hy nou ge­niet, laat hom ef­fens skul­dig voel.

“Ek voel half skul­dig om­dat ek werk het, want ek weet om ak­teur te wees gaan ge­paard met anx­ie­ty, want jy weet nie waar die next pay che­que van­daan gaan kom nie.”

MAAK SY EIE REËLS

Dit mag dalk klink as­of La­dy Luck tans aan B­ren­don se kant is en hy op die reg­te tyd op die reg­te plek is deur so baie werk te kry in ’n ui­ters kom­pe­te­ren­de be­dryf. Maar ge­luk het niks hier­mee te doen nie. Dit het al­les te doen met ’n man wat nog nooit vir hom laat voor­skryf het oor wat hy mag of nie mag doen nie en wat ’n groot kans ge­waag het toe hy in 2006 sy per­ma­nen­te werk los om to­neel te speel.

Hy maak sy eie reëls en ver­kies ’n le­we son­der roe­ti­ne of die voor­spel­baar­heid van ’n 9 – 5 job. En as sy plan­ne nie uit­werk soos wat hy ge­hoop het dit sou nie, aan­vaar hy ver­ant­woor­de­lik­heid daar­voor en be­weeg aan.“Ek is baie trots op my­self oor waar ek van­dag is. Wat as ek dit nie ge­doen het nie? Wat as ek nie (des­tyds) daai kans ge­vat het nie? This is my li­fe b­lood. Ek ver­vul my pur­po­se en is sa­tis­fied. Men­se waar­deer wat ek doen en re­cog­ni­se en va­lue jou skill,”sê B­ren­don. B­ren­don er­ken hy is kies­keu­rig wan­neer dit by rol­le kom en sê met ’n glim­lag­gie hy is skul­dig aan mi­cro-ma­na­ge­ment, want hy vra baie vrae oor sto­rie­ly­ne en ka­rak­ters. “Ek wil weet waar­oor dit gaan en wat­ter bood­skap ek gaan oor­dra. Dis waar die au­then­ti­ci­ty van­daan kom. Ek wys rol­le van die hand. Dis hoe­kom ek ge­weet het in ’n se­pie gaan ek my pol­se knaag, want dis ’n 9 – 5 job. Ek wil nie vas wees nie. Ek wil ook nie per­mis­si­on vra (om by­voor­beeld flieks te doen nie),”sê B­ren­don.

GROOT BE­SLUI­TE

B­ren­don, die oud­ste van vier kin­ders, be­skou hom­self as ’n baie“bo­ring ou, wat baie lees en do­cu­men­ta­ries kyk”. Maar as jy na hom luis­ter en hoe hy sy pad in die le­we uit­ge­kerf het en van dag een af sy ak­teurs­loop­baan met ab­so­lu­te fo­kus aan­pak, is hy al­les­be­hal­we ver­ve­lig.

Die saad­jie vir to­neel­spel is op ho­ër­skool ge­plant toe B­ren­don deel was van die Eis­ted­fodd en ’n o­pe­ra­pro­duk­sie.“Ek het ge­weet ek is ge­mak­lik op daar­die ver­hoog. P.O.C (’n ge­wil­de hip-hop-groep van die

ne­gen­tigs) het een keer by ons skool kom praat en ek dog toe by my­self dit ís pos­si­ble om ’n le­we in en­ter­tai­n­ment te hê.”

Toe hy klaar­maak met skool, het B­ren­don eg­ter nie ge­dink aan dra­ma stu­deer nie, want“ek het nie die ge­duld om stil te sit en iets te swot nie”. Maar ná ses maan­de by die huis, het sy ma, E­li­za­beth (64), vir hom ge­sê hy sal iets moet doen. Hy het ver­skeie wer­ke ge­doen so­dat hy da­rem sy eie si­ga­ret­te en de­o­do­rant kon koop.

Van die wer­ke wat B­ren­don al ge­doen het, sluit in werk in ’n teks­tiel­fa­briek; in­ter­ne ver­ko­pe by ’n druk­ker­maat­skap­py; die skoon­maak van be­bloe­de o­pe­ra­sie­te­a­ters by N1 S­tad-hos­pi­taal in die Kaap waar hy la­ter por­tier en toe­la­tings­be­amp­te ook was, en toe sy werk as slot ma­chi­ne su­per­vis­or by Gran­dWest Ca­si­no in die Kaap. Laas­ge­noem­de het hy in 2006 be­dank toe hy be­sluit hy wil vol­tyds to­neel­speel.

“Die werk by die hos­pi­taal het my ge­leer die le­we is kort en is nie ’n dress re­he­ar­sal nie. En al dink jy jy’s in be­heer, is jy nie.”

Ty­dens sy werk by die ca­si­no het B­ren­don ook ge­reeld deel­ge­neem aan staff shows en ’n a­gent het hom op haar boe­ke ge­had. Hy het des­tyds ook ’n rol ge­kry in Dol­lars & Whi­te Pi­pes.

En toe neem hy in 2006 die groot be­sluit om te be­dank en vol­tyds to­neel te speel. Sy ma en le­wens­maat van die af­ge­lo­pe 20 jaar, Ja­ni­ne Jo­seph (52), het die nuus nie goed han­teer nie – ver­al nie om­dat B­ren­don toe reeds be­dank het ter­wyl hul­le ’n ver­band af­be­taal het nie.

“Ja­ni­ne het my ma ge­bel en hul­le het my ge­cor­ner. Ek het vir hul­le ge­sê ek het ’n dri­ve om te act. Daai eer­ste jaar (ná sy be­dan­king) was hel. Ons het be­gin aan­bou ook en die dak het ge­lek. Saans het ek met ’n knop op my maag ge­lê wan­neer Ja­ni­ne ge­slaap het en ge­dink,‘wat de hel het jy aan­ge­vang?’”

Die ak­teurs­werk het daar­die eer­ste jaar swaar in­ge­kom en dit was ’n rol­le­tjie in Ma­dam & Eve hier en ’n voi­ce o­ver daar. Ja­ni­ne het ge­kar­ring B­ren­don moet weer gaan werk, maar hy het ge­wei­er. Hy het toe la­ter ’n dri­ver-wer­kie ge­kry om die ver­band te help be­taal.

“Ek het vir Ja­ni­ne ge­sê laat ek ge­fo­kus wees om dit máák werk. Ek sou 100% ver­ant­woor­de­lik­heid ge­vat het as ek ge­faal het ook,”sê B­ren­don. Ja­ni­ne en sy ma is van­dag van sy groot­ste on­der­steu­ners.

Maar toe be­gin die op­roe­pe vir werk sta­dig maar se­ker meer raak en kry hy die rol van Fa­rak­han in die 2013-tref­fer­fliek Four Cor­ners, wat die bre­ër pu­bliek met an­der oë na B­ren­don laat kyk het. Sy ta­lent was on­mis­ken­baar.“Four Cor­ners is my guns­te­ling in ter­me van film­werk. Ek het (met my ka­rak­ter) aan nie­mand an­ders as die Kaap­se bruin­man ge­dink nie.

“Men­se het ge­dink ek kom van daai (gang­ster) ag­ter­grond, maar ons weet van dié men­se en ken hul­le. My di­a­loog word deur kin­ders op straat ge­quo­te. Nou het ek ’n ver­ant­woor­de­lik­heid om di­ver­se rol­le te ver­tolk,” sê B­ren­don, wat al­weer reg maak vir sy vol­gen­de flie­krol.

VAN LINKS: B­ren­don Daniels is ’n ge­sog­te ak­teur; ’n to­neel uit die TV-reeks Sara se Ge­heim; hy is ver­al be­kend vir sy rol in die gang­ster-fliek Four Cor­ners; B­ren­don is ook la­ter van­jaar te sien in die fliek Kro­toa.

REGS: B­ren­don Daniels is van­dag ’n be­ken­de ge­sig in die ver­maak­lik­heids­be­dryf, en sy werk sluit ver­skeie fliek- en TV-rol­le in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.