Sok­ker­spe­ler rig jong­men­se af in dié sport en oor die le­we

Hy wou net ’n pro­fes­si­o­ne­le sok­ker­spe­ler wees, maar God het an­der plan­ne met sy le­we ge­had. Van­dag rig hy jong­men­se af in sport én die le­we en glo dít is sy eint­li­ke roe­ping!

Kuier - - Inhound - DEUR da­wid y­zel­le

Pay it for­ward . . . Dis mos daai ding van vir ie­mand an­ders ook gee van dít waar­mee jy self ge­se­ën word. Ro­ber­to Mat­hys (30) doen pre­sies dit, en in sy ge­val is dit die lief­de en aan­vaar­ding van sy pa wat hy aan­gee aan men­se wat nie so ge­luk­kig soos hy was om ’n goeie pa te hê nie. En dít is ’n groot ge­skenk in ’n wê­reld waar so baie kin­ders son­der ’n pa groot­word.

Ro­ber­to, wat tans op Ca­le­don in die O­ver­berg woon, is ’n ta­lent­vol­le sok­ker­spe­ler en ’n lid van Am­bas­sa­dors Foot­ball SA, ’n or­ga­ni­sa­sie son­der wins­mo­tief wat sok­ker ge­bruik om jong­men­se te leer hoe om die le­we se uit­da­gings te han­teer.

Hy het in ’n sport­mal-huis groot­ge­word, ver­tel hy, waar die he­le ge­sin be­lang­ge­stel het in rug­by, krie­ket en gholf. In gr. 11 is Ro­ber­to ge­kies om vir die sok­ker­klub San­tos in Lans­do­w­ne, Kaap­stad, te speel en hy het vas ge­glo sy big bre­ak het ge­kom.

“Ek was 16 jaar oud toe ek ge­kies is om vir die klub se a­ka­de­mie­span te speel en is ’n kon­trak van twee jaar aangebied.”

Hy het ge­dink sy droom om ’n pro­fes­si­o­ne­le sport­man te word, het waar ge­word. Maar so een­vou­dig was dit nie, want dit was maar net die be­gin van die paad­jie wat hy eint­lik be­doel was om te loop, glo Ro­ber­to.“Ek het ge­dink al wat ek moes doen, was om hard te werk. En dis pre­sies

wat ek vir twee jaar lank ge­doen het. Ek het nie ’n oe­fen­ses­sie ge­mis nie en el­ke kans wat ek ge­kry het, aan­ge­gryp. Maar ná twee jaar was ek net ge­frus­treerd. Daar is baie be­lof­tes aan my ge­maak waar­van niks ge­kom het nie, en ek het die men­se wat dié leë be­lof­tes ge­maak het die skuld ge­gee vir my frus­tra­sie. Ek was ook on­ge­luk­kig om­dat ek van my fa­mi­lie af moes weg­trek om by die a­ka­de­mie aan te sluit.”

Na­dat sy kon­trak ver­stryk het, moes hy be­sluit wat hy vol­gen­de gaan doen. Hy het toe ge­kies om aan te hou sok­ker speel, maar net vir die lek­ker daar­van.

be­lang­ri­ke be­slui­te

“Dit was nie ’n mak­li­ke be­sluit nie, want ek het eint­lik maar my droom (om ’n pro­fes­si­o­ne­le sok­ker­spe­ler te word) op­ge­gee. Maar as ek van­dag te­rug­kyk op dié be­sluit, glo ek dit het my ge­help om my le­we an­ders te leef. Van­dag kyk ek met an­der oë na die sport­wê­reld.

“Ek glo ek is van­dag in ’n po­si­sie om jong spe­lers te waar­sku oor die ge­va­re van pro­fes­si­o­ne­le sport en hoe om die te­leur­stel­lings te han­teer, iets waar­oor nie­mand ooit praat wan­neer jy as jong spe­ler ’n loop­baan pro­beer bou nie.”

Die stand­vas­tig­heid waar­mee Ro­ber­to groot­ge­word het, het hom in dié tyd ge­help om die reg­te keu­ses te maak. Hy sê hy het in ’n huis groot­ge­word waar die deur al­tyd vir hom en sy vrien­de oop was.

Sy pa, Chris­to­pher (59), het ook daar­in ge­glo dat ’n mens ’n ver­skil in jou ge­meen­skap moet maak. Op Sal­dan­ha aan die Wes­kus waar Ro­ber­to groot­ge­word het, het sy pa dit wat hy vir sy seun wou leer, self uit­ge­leef. Ro­ber­to ont­hou:“Hy was ’n lei­er wat sy lei­er­skap so uit­ge­leef het dat die men­se om hom by hom kon leer en self lei­ers kon word. Ek ont­hou hoe ons saam buurt­wag-pa­trol­lie ge­doen het. Van twee- tot vier­uur in die og­gend! Dit was vir my baie op­win­dend om saam met my pa uit te gaan, ons elk­een met ’n knup­pel en ’n flits­lig!”

In sy pa se voet­spo­re

Oor die im­pak wat sy pa op sy le­we ge­had het, sê Ro­ber­to:“Ek het een­dag ’n pas­toor hoor sê:‘Jou aard­se pa is ’n voor­beeld van jou he­mel­se Pa.’Moet my nie ver­keerd ver­staan nie, ek sê nie my pa is per­fek nie, maar sy lief­de en har­de werk het die fon­da­sie ge­lê vir my ge­loof in God. Hy het my toe­ge­laat om fou­te te maak so­dat ek daar­uit kon leer, en my ge­dis­si­pli­neer wan­neer dit no­dig was. Maar een van die groot­ste les­se wat ek by my pa ge­leer het, is om al­tyd op­reg te wees, te luis­ter na raad en om al­tyd be­reid te wees om an­der te help.”

Hier is dit ook nie net ge­val van ’n seun wat na sy pa luis­ter nie, maar ook ’n pa wat sy seun se raad vra, iets wat vir Ro­ber­to baie be­te­ken:“Wan­neer laas het jy ge­hoor van ’n pa wat sy seun se raad vra én be­reid is om daar­na te luis­ter?”

Na­dat sy kon­trak met San­tos ver­stryk het, het Ro­ber­to tyd in A­me­ri­ka, Ka­na­da en Mo­sam­biek deur­ge­bring. In dié tyd het hy be­sef dat hy ’n ver­skil in jong­men­se se le­we wil maak. Maar ook dit het nie som­mer net so ge­beur nie, want te­rug in Suid-A­fri­ka het hy nog nie ge­weet pre­sies hóé hy dit gaan doen nie.

“Ek het as ’n ver­koops­ver­teen­woor­di­ger ge­werk, da­ta­ver­wer­king ge­doen; ek was ’n jack of all tra­des. Al hier­die rand­om wer­ke het my help groei, maar ook ge­wys hoe des­pe­raat ek was – des­pe­raat vir geld en des­pe­raat om te weet pre­sies wat God my ge­roep het om te doen, en waar ek dit moet doen.”

In 2011 kry Ro­ber­to toe die kans om saam met die me­die­se stu­den­te van die U­ni­ver­si­teit van Stellenbosch op ’n uit­reik na M­sin­ga in K­waZu­lu-Na­tal te gaan, al was hy nie self ’n me­die­se stu­dent nie en kon hy nie be­taal om saam te gaan nie. In die vyf jaar wat hy jaar­liks aan dié uit­reik deel­ge­neem het, het sy werk on­der jong­men­se vorm aan­ge­neem.“In 2013 was ek ty­dens die uit­reik die span se‘pa’. Dit was ’n won­der­li­ke ge­leent­heid om se­wen­tig jong mans en vroue te lei en te be­dien (met die Woord). Ek het ook be­sluit om ’n pad met twin­tig van dié stu­den­te te stap. Ek het ’n me­die­se stu­dent ge­da­te en ver­staan hoe­veel druk daar op me­die­se stu­den­te is.”

Met die hulp van sy mei­sie, Lynn – met wie hy in­tus­sen ge­trou het – het hy na die stu­den­te se pro­ble­me ge­luis­ter en soms ook raad ge­gee waar hy kon.“Ek wil graag glo dat ek ’n ver­skil ge­maak het,”sê hy.

Se­dert 2015 is Ro­ber­to deel van die span van Am­bas­sa­dors Foot­ball, ’n or­ga­ni­sa­sie wat sok­ker ge­bruik om jong­men­se – en ver­al seuns en mei­sies wat son­der ’n pa groot­word – Chris­te­li­ke be­gin­sels te leer en hoe om hul­le plek in die sa­me­le­wing vol te staan. Am­bas­sa­dors het ook ’n be­die­ning by Dra­ken­stein-ge­van­ge­nis by die Paarl, waar ge­van­ge­nes deel kan word van Am­bas­sa­dors se Ho­pe A­ca­de­my, wat hul­le help om ná hul vry­la­ting weer in die wê­reld bui­te die tronk aan te pas en selfs ’n ver­skil in hul ge­meen­skap te maak.

En wat is Ro­ber­to se bood­skap aan pa’s in Suid-A­fri­ka?“Wees eer­lik en oop met jou kin­ders. Stap die pad saam met hul­le. Fat­hers need to step up. Speel met jou kin­ders, gaan kyk as hul­le by die skool deel­neem aan ak­ti­wi­tei­te en ver­tel el­ke dag vir hul­le hoe lief jy vir hul­le is en dat jy trots is op hul­le. Die­self­de geld vir jou vrou. Vat haar uit op da­tes, koop vir haar blom­me en sê el­ke dag vir haar hoe be­lang­rik sy vir jou is. ’n Ma hou die ge­sin by­me­kaar, maar ’n pa gee die lei­ding. Lei jou ge­sin met lief­de en blyd­skap.”

Hy is self nog nie ’n pa nie, maar hy wil sy kin­ders een­dag leer om Je­sus lief te hê, sê Ro­ber­to.“Ek wil hê my kin­ders moet die lief­de van Ko­rin­ti­ërs 13 uit­leef so­dat an­der dit ook kan be­leef.”

Ek was des­pe­raat om te weet pre­sies wat God my ge­roep het om te doen en waar ek dit moet doen. Ro­ber­to Mat­hys

BO: Ro­ber­to Mat­hys (30) van Ca­le­don rig jong­men­se af in sok­ker en leer ook vir hul­le be­lang­ri­ke le­wens­vaar­dig­he­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.