Man sorg vir sy ge­meen­skap én vang ook ba­bas!

Hy word in sy ge­meen­skap be­skou as ’n en­gel wat al­mal help. Maar hy self is al deur tal­le be­proe­wings in die le­we.

Kuier - - Inhound - DEUR El­ma­ri­ne An­tho­ny

Of jy iets no­dig het om te eet, ’n ge­bed of selfs ’n helpende hand wan­neer jy kraam, Da­ni­ël Fe­bru­a­ry (42) kan jou help.

In C­hi­ca­go in Paarl-Oos in die Boland, sien jy die kon­tras tus­sen dié lae-in­kom­ste woon­buurt en die mooi berg in die ag­ter­grond. Dis hier waar Da­ni­ël sy he­le le­we lank al woon en voort­bou op die ge­meen­skaps­werk waar­mee sy pa ja­re te­rug be­gin het.

Wan­neer jy vir Da­ni­ël ont­moet, kan jy op die oog af sien hy ly aan die vel­siek­te vi­ti­li­go. Maar wan­neer hy be­gin praat, kyk jy eg­ter ver­by die siek­te en sien jy net die mens wat hy is – pas­sie­vol en baie le­wen­dig. Dis hier­die pas­sie en om­gee vir men­se wat hy al van kinds­been af ge­leer het.

Da­ni­ël be­skryf sy groot­word­ja­re as“baie goed”. Sy ma was ’n kel­ne­rin en sy pa ’n bou­er. Hy het in ’n baie gods­diens­ti­ge huis groot­ge­word en sy pa was ’n di­a­ken in die kerk. Da­ni­ël was self reeds van jongs af be­trok­ke in die kerk. Hy het in die koor ge­sing en Son­dag­skool ge­hou. Saans as sy pa van die werk af ge­kom het, moes al­mal al ge­bad wees. Hul­le het dan as ’n ge­sin om die ta­fel ge­sit, ge­bid en ge­ëet.

Sy pas­sie vir ge­meen­skaps­werk het by sy pa, ook Da­ni­ël, be­gin. Die ou­er Da­ni­ël het die sop­kom­buis Dan­ny’s Soup Kit­chen, wat sy seun tans be­stuur, be­gin.“Hy het al­tyd brood uit­ge­deel en was lief om vir die men­se kos te gee. Wan­neer daar ’n nood was, het my pa al­tyd ge­help, al was dit in die mid­del van die nag. Ek het maar net voort­ge­bou op dit wat hy my ge­leer het.”

Dan­ny’s Soup Kit­chen voed Dins­dae en Don­der­dae on­ge­veer 150 kin­ders en be­jaar­des in C­hi­ca­go.“Die nood word el­ke dag gro­ter. Men­se klop ook aan my deur met an­der pro­ble­me soos om die po­li­sie of am­bu­lans te bel. Daar is baie men­se wat pro­ble­me het met af­trek­kings van hul Sas­sa-gel­de, dan kom hul­le na my toe en ek bel die kan­to­re in P­re­to­ria so­dat hul­le dit kan reg­maak,”ver­tel Da­ni­ël.

man MET ta­lent

Die sop­kom­buis ont­vang tans slegs be­stand­de­le by sko­le in die ge­bied na­dat die hoof­borg ont­trek het. Da­ni­ël en Li­li­an For­tuin (72), wat die kos maak en ver­voer, klop baie by vrien­de en fa­mi­lie aan.

“As die kin­ders my mo­tor sien, dan hard­loop hul­le en skree,‘daar kom die sop-an­tie’. Die kin­ders kruip baie in my hart in. Ek weet dis nie lek­ker om son­der kos te gaan slaap nie,”ver­tel Li­li­an. Da­ni­ël was saam met haar dog­ter op skool en het voor haar oë groot­ge­word.“Hy doen sy bes en het ’n baie goeie hart. Hy is daar om

an­der te help en sy hart is oop om vir al­mal ’n hand by te sit,”voeg Li­li­an by.

Da­ni­ël het nog al­tyd ’n pas­sie vir men­se, ver­al be­jaar­des, ge­had. Dís hoe­kom hy ná skool as ’n ver­pleeg­as­sis­tent by ’n te­huis in Mil­ner­ton, Kaap­stad, op­ge­lei is. Na­dat hy sy op­lei­ding vol­tooi het, het hy by ’n ou­e­te­huis ge­werk, waar­na hy ver­ple­ging in die pri­vaat­sek­tor gaan doen het. Hier het hy meest­al na ter­mi­naal siek pa­si­ën­te ge­kyk. Toe een van sy hoof­pa­si­ën­te, wat ’n kwa­dru­pleeg is, trek, het Da­ni­ël by ’n pri­vaat­hos­pi­taal gaan werk.

Hy het be­sluit om sy werk te los toe sy pa in 2014 af­sterf – sy ma is be­jaard en hy was be­kom­merd oor haar vei­lig­heid.“My pa was nie meer daar nie en ek het net nag ge­werk,”sê hy. Sy le­we het toe ’n an­der rig­ting in­ge­slaan en tans doen hy on­der meer spy­se­nie­ring en de­kor by e­vents en lo­cum (neem waar) hy ook by hos­pi­ta­le.

Dis nie net kos waar­mee Da­ni­ël men­se help nie. As jy ie­mand no­dig het om jou ba­ba te vang, kan jy ook by sy deur gaan aan­klop. Dis pre­sies wat G­len­do­le­ne S­teyn (25) ge­doen het toe sy on­ver­wags by haar huis ge­kraam het.

“Toe Da­ni­ël kom, het ek op my ge­mak ge­voel, want hy weet wat om te doen. Hy het my re­laxed laat voel en al­les het glad ver­loop,”ver­tel sy met Lee-Ash­ton (1 jaar en 4 maan­de) op haar sy. G­len­do­le­ne het nie vir Da­ni­ël per­soon­lik ge­ken nie. Sy het van hom ge­weet as ge­volg van wat hy in die ge­meen­skap doen en het ge­hoor hy vang ook ba­bas. Ba­ba­vang was im­mers deel van sy op­lei­ding as ver­pleeg­as­sis­tent.

nog die­self­de da­ni­ël

Da­ni­ël het al 35 ba­bas in C­hi­ca­go ge­vang. “As daar ’n nood­ge­val is, moet jy die per­soon gaan help. Dis meest­al mam­mies wat nie ge­weet het dit was hul­le tyd nie, dan is dit‘Dan­ny, jy moet gaan kind vang’. Baie van die ge­boor­tes ge­beur ook in die mid­del van die nag,”ver­tel hy.

Al is die ge­boor­tes on­ver­wags, het Da­ni­ël ’n roe­ti­ne vir wan­neer hy help om ’n ba­ba in die le­we te bring. Din­ge ver­loop eg­ter nie al­tyd glad nie. Da­ni­ël was al teen­woor­dig ty­dens twee mis­kra­me, in­slui­tend een waar die vrou 22 we­ke ver was.“Dis baie hart­seer wan­neer dit ge­beur, dan bid ek vir die mam­mies,”ver­tel hy.

“Nie e­nig­ie­mand kan ’n ba­ba­tjie vang nie. Jy moet die job reg kan doen.”

Sy vi­ti­li­go het al tot die don­ker­ste dae in sy le­we ge­lei. Hy het die siek­te, wat die ver­lies van vel­kleur en vlek­ke ver­oor­saak, se­dert die jaar 2000. Hy word daar­voor be­han­del, maar dit help nie veel nie en daar is geen kuur daar­voor nie.“Dis nie lek­ker nie. Ek was ’n prag­ti­ge jong­man, kyk hoe lyk ek nou. Ek bid maar net. Ek sê al­tyd jou ge­sig is jou groot­ste ba­te. Ek het baie ge­re­de­neer met die He­re, toe sê ek‘why me’, dan be­sef ek die He­re wil maar se­ker ge­had het ek moet so lyk, ek weet nie . . .

“Baie men­se sê,‘Dan­ny jy’s nog al­tyd die­self­de, jy het niks ver­an­der nie. Jy’s nog net so mal oor die He­re. Ons sien nie ’n an­der Dan­ny nie. Ons sien nie die kol­le nie’. Baie men­se kyk vir my, maar hul­le praat nie, maar hier bin­ne-in wor­stel jy met ’n seer wat men­se nie weet nie. Jy het daai diep seer. He­re, ek wil nie só lyk nie. Ek wil nie só wees nie, maar ek moet dit aan­vaar. Die mo­ment wat jy dit aan­vaar, gaan God ’n mooi ding in jou le­we doen.”

Sy ge­loof is iets waar­aan hy nog al­tyd vas­ge­hou het en hy doen ge­reeld huis­be­soe­ke waar hy bid vir men­se wat deur moei­li­ke om­stan­dig­he­de gaan. By die sop­kom­buis sing kin­ders eers lied­jies voor­dat hul­le ge­voed word. Daar­na word dit met ge­bed af­ge­sluit.

Dié pa van ’n vol­was­se seun en dog­ter sê hy was nog nooit ge­troud nie, om­dat hy“moods”het en weens die aard van sy werk.“Van­dag is ek so en mô­re is ek so. Ook die werk wat ek doen. Ek sê al­tyd ’n vrou sal nie dit duld nie. Ek gaan nou uit dan kom ek mô­re­og­gend huis toe. Ek bid nie net in die Paarl nie, ek gaan S­pring­bok­, Noord-Kaap, toe en bid vir men­se.”

Hy en sy vrien­de bid ook ge­reeld vir C­hi­ca­go, wat die af­ge­lo­pe ja­re deur ben­des en ge­weld ge­teis­ter word.“Ons kan maar net bid en die He­re aan­roep in al­les wat ons doen. Die By­bel sê voed hul­le gees­te­lik en lig­gaam­lik – ons gee vir hul­le die Woord en die kos.”

HOOFFOTO: Da­ni­ël Fe­bru­a­ry (42) van Paarl-Oos help al­mal en o­ral waar hy kan. Hy het selfs met die sop­kom­buis aan­ge­gaan wat sy oor­le­de pa des­tyds be­gin het. ON­DER: Da­ni­ël ly aan die vel­siek­te vi­ti­li­go.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.