Baie meer mans ly aan de­pres­sie as wat ons dink

Dié gees­tes­toe­stand raak dees­dae al­mal, maar dis ver­al mans wat erg kan ly. En dis juis hul­le wat soms nie weer uit die kloue van dié siek­te kan ont­snap nie.

Kuier - - Inhound - Deur Ro­we­na Hen­dricks

Wan­neer dit kom by e­mo­sies wys, staan mans nou nie juis voor in die koor nie. Hul­le ver­kies dik­wels om als op te krop of in stil­te te ly, want dis hoe hul­le groot­ge­maak is.

Ge­woon­lik vind hul­le self ’n ma­nier om dit te ver­werk en aan te be­weeg. Maar wan­neer hul­le nie daar­mee de­al nie, kan dit le­wens­ge­vaar­lik word as ie­mand aan ’n gees­tes­toe­stand soos de­pres­sie ly.

Baie de­pres­sie­ly­ers, en ver­al mans, toon nie al­tyd die simp­to­me nie en hul­le krop als op tot­dat dit te laat is. Die feit dat de­pres­sie en gees­tes­siek­tes steeds ge­stig­ma­ti­seer word en in die al­ge­meen in ons sa­me­le­wing ta­boe is om oor te praat, kan ver­al mans voel dis ’n te­ken van swak­heid om hul e­mo­sies op hul mou te dra.

De­pres­sie kan e­nig­ie­mand van e­ni­ge ge­slag, ou­der­dom, ras, kul­tuur of so­si­a­le klas raak. En een van die groot­ste fak­to­re wat tot de­pres­sie kan ly, is stres – ver­al werk­stres, on­guns­ti­ge huis­hou­de­li­ke om­stan­dig­he­de, verhoudings- en hu­we­liks­pro­ble­me en trau­ma­tie­se ge­beur­te­nis­se, as­ook gel­de­li­ke stres wat ver­er­ger word deur die hui­di­ge swak wê­reld- en werks­om­stan­dig­he­de.

baie don­ker tyd

Dís die diep, don­ker pit waar­in Mel­vin Ke­arns* (52) hom tans be­vind. Hy praat reg­uit wan­neer hy sê hy is nou al ’n bie­tjie be­ter, maar hy be­sef daar lê nog ’n lang pad van her­stel vir hom voor.

Mel­vin sê hy het in sy vroeë 20’s reeds simp­to­me van de­pres­sie be­gin toon, maar dit af­ge­maak as niks. Hy het stu­deer en deel­tyds ge­werk so­dat hy vir sy eie s­tu­dies kon be­taal, maar hy moes ook sy ma help om sy drie jon­ger sib­be te ver­sorg.

Hy het ja­re lank die mas op­ge­kom, maar toe Mel­vin sy vroeë 30’s be­reik het, het din­ge be­gin uit­ra­fel.“Ek was ge­troud en ’n pa van twee klein­tjies en het steeds so af en toe my ma gel­de­lik ge­help as sy swaar ge­trek het. Maar toe ver­loor ek skie­lik my werk. Ek het ge­suk­kel om an­der werk te kry, ek kon nie meer vir my ge­sin sorg nie en ons het fi­nan­si­eel swaar ge­trek. My vrou was aan­vank­lik baie on­der­steu­nend, maar na­ma­te ek meer te­rug­ge­trok­ke ge­raak het, het die stres en las van als net te swaar op haar skou­ers be­gin lê,”sê Mel­vin.

Be­hal­we vir die stres­vol­le geld­si­tu­a­sie het sy hu­we­lik daar­on­der be­gin ly om­dat hy van ’n vrien­de­li­ke en lief­de­vol­le man en pa in ’n“mon­ster”ont­aard het, wat diep in die bot­tel be­gin kyk het en ge­reel­de woe­de-uit­bars­tings ge­had het.

“Ek glo die sla­pe­lo­se nag­te, angs­aan­val­le en die kon­stan­te ge­voel van er­ge wan­hoop en de­pres­sie het ook tot die ver­brok­ke­ling van my hu­we­lik en ge­sin by­ge­dra. My vrou het een­dag op­ge­pak en met die kin­ders uit­ge­trek; ek het toe al­leen ag­ter­ge­bly in ’n huis wat ek nie eens kon be­taal nie,”ver­tel hy hart­seer.

hy’t al­les ver­loor

Mel­vin het sy ge­sin, huis, al­les waar­voor hy ge­leef het, in ’n oog­wink ver­loor.“Die stres van die le­we het net te veel be­gin raak. En ek het self­moord oor­weeg om uit my de­pres­sie­we be­staan te ont­snap. Ek het aan al­ler­han­de ma­nie­re ge­dink om my le­we te be­ëin­dig en glad nie ge­dink wat dit aan my fa­mi­lie gaan doen as ek my eie le­we neem nie. Ge­luk­kig het hul­le my be­tyds ge­kry . . .”

“Ná ja­re van pyn en hart­seer in my een­sa­me hoe­kie het ek oor­leef deur los tuin­wer­kies te doen en het ek ty­de­li­ke huis­ves­ting by ’n kerk­lid ge­kry. La­ter het ek saans saam met dié ge­sin aand­e­te ge­niet en saam met hul­le ge­bid. Dit het my laat be­sef daar ís hoop. Ek het al meer by die kerk be­trok­ke be­gin raak en hul­le het la­ter ge­re­ël dat ek ver­skeie spe­si­a­lis­te gaan sien. Ná ja­re van don­ker­te het die lig weer in die ver­te be­gin deur­skyn, want ek is toe met de­pres­sie ge­di­ag­no­seer en kon uit­ein­de­lik ’n naam aan my skom­me­len­de ge­moeds­toe­stand kop­pel.”

Mel­vin sê hy het sy toe­stand meer be­gin na­vors, is vir die af­ge­lo­pe ja­re op me­di­ka­sie en het ’n on­der­steu­nings­groep wat hy nog ge­reeld by­woon. Hy werk uit-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.