Ant­woor­de ge­gee

Kuier - - Wenke -

Vir ter­mie­te: Gooi swem­badsuur in die ga­te waar­in hul­le is. Dit werk soos ’n bom. HEILA VAN DER WESTHUIZEN, KLERKSDORP

Om sous mooi bruin te maak, kan jy een tee­le­pel kits­kof­fie by­voeg. Dit ver­an­der nie die smaak nie, net die kleur. PIET VAN HUYSSTEEN, NEWCASTLE

Vir skur­we hak­ske­ne: Meng 1 pot­jie Va­se­li­ne, 1 bot­tel­tjie Frairs’-bal­sem, 1 bot­tel­tjie gli­se­rien en 2 eet­le­pels ba­ba­poei­er saam. Wend die meng­sel aan na­dat jy jou voe­te in warm wa­ter ge­week het. FRANCIS DREYER, NELSPRUIT

Vir bruin vlek­ke om jou nek, was jou nek met wa­ter en smeer son­skerm­room aan (sog­gens). Ver­my dan om han­ger­tjies te dra, want dit skuur die room af en stel jou po­rieë bloot aan die UV-stra­le. MONA ARENDSE

As jy kou­gom op jou kle­re het, gooi ’n bie­tjie Co­ke daar­op. Dit sal dit mak­lik af­haal. Dit werk ook om kol­le uit te haal. Co­ke werk ook goed om ven­sters mooi blink te kry. Gooi die Co­ke in ’n spuit­bot­tel en maak skoon. Dit gee die mooi­ste skyn­sel. Jy kan dit selfs ge­bruik om die toi­let mee skoon te maak én vir die stoof. ASHLEY MOR­RIS, STELLENBOSCH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.