Eid Mu­ba­rak

Vas­tyd is ver­by en dis tyd om saam met fa­mi­lie en vrien­de in die vreug­de te deel. Kom sit aan by die fees­maal. Deur Ka­ren Hart

Kuier - - In Die Kombus -

LEMOEN-ENHEUNINGBOLLETJIES

Ge­noeg vir 4 – 6

BE­STAND­DE­LE

Vir die bol­le­tjies 3 ei­ers 3 eet­le­pels vars le­moen­sap 3 eet­le­pels o­lie 1 eet­le­pel le­moen­skil, ge­ras­per ¼ kop­pie strooi­sui­ker 2½ kop­pies koek­meel 1 tee­le­pel bak­poei­er O­lie vir diep­braai Vir die stroop 1¼ kop­pie wa­ter 2 eet­le­pels suur­le­moen­sap 1¼ kop­pie strooi­sui­ker 1/3 kop­pie heu­ning 1 eet­le­pel le­moen­skil, ge­ras­per

METODE

K­lits die ei­ers, le­moen­sap en o­lie saam. Voeg die le­moen­skil en sui­ker by en k­lits tot skui­me­rig. Sif die koek­meel en bak­poei­er in die meng­sel in en meng met ’n hout­le­pel tot­dat jy ’n glad­de meng­sel het. Die deeg­meng­sel be­hoort taai en kle­we­rig te wees.

Maak nou die stroop: Giet die wa­ter, suur­le­moen­sap en strooi­sui­ker in ’n ka­strol en bring tot kook­punt. Roer tot­dat die sui­ker op­ge­los het. Wan­neer dit kook­punt be­reik het, ver­laag die hit­te en kook vir 5 mi­nu­te. Voeg die heu­ning en le­moen­skil by en laat vir nog 5 mi­nu­te prut. Hou die stroop warm.

Te­rug na die deeg: Rol die deeg op ’n op­per­vlak wat goed met meel be­sprin­kel is uit tot ’n dik­te van on­ge­veer ’n hal­we sen­ti­me­ter. Ge­bruik ’n koe­kie­druk­ker van on­ge­veer 5 cm in deur­snee en druk sir­kels uit. Ver­hit die o­lie in ’n diep pan en braai die deeg­sir­kels – vier op ’n slag – vir on­ge­veer 1 mi­nuut aan el­ke kant. D­rei­neer op hand­doek­pa­pier en ge­bruik ’n op­dien­tang om die bol­le­tjies elk­een in die warm stroop te dom­pel. S­kep op ’n bord en be­dien saam met die stroop wat oor­ge­bly het. Be­dien dit warm of koud.

WENK: Dink net hoe lek­ker die bol­le­tjies en hul stroop saam met ’n skep­pie room­ys sal wees!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.