GEROOKTE SNOEKBREYANI

Ge­noeg vir 4 – 6

Kuier - - In Die Kombus -

BE­STAND­DE­LE

100 ml son­ne­blom­o­lie 3 aar­tap­pels, ge­skil en in ron­de sky­we ge­sny 4 eet­le­pels bot­ter 1 groot ui, in dun sky­fies ge­sny 1 tee­le­pel ris­sie­vlok­kies 1 tee­le­pel fyn ko­myn 1 2/3 kop­pies (on­ge­veer 250 g) be­vro­re ge­meng­de groen­te 3 kop­pies gaar rys, ge­kook vol­gens in­struk­sies op die pak­kie 400 g gerookte snoek, vel­le en gra­te ver­wy­der en ge­vlok 100 ml warm wa­ter

METODE

Ver­hit die o­lie in ’n die­pe­ri­ge pan en braai die aar­tap­pel­sky­we tot al­kant goud­bruin. S­kep uit met ’n gaat­jies­le­pel en d­rei­neer op hand­doek­pa­pier. Hou een­kant. S­melt die bot­ter in ’n swaar­boom­pan en braai die ui tot sag en deur­sky­nend. Voeg die spe­se­rye en ge­meng­de groen­te by en kook vir on­ge­veer 10 mi­nu­te. S­kep die helf­te van die rys on­der­in ’n groot ka­strol en maak die laag mooi ge­lyk. S­kep die snoek bo­op, ge­volg deur die aar­tap­pel­sky­we, die ge­meng­de groen­te en die res van die rys. Giet die warm wa­ter bo-oor, be­dek en laat lig­gies vir on­ge­veer 20 mi­nu­te oor ma­ti­ge hit­te prut.

WENK: Vir ’n lek­ker va­ri­a­sie, kan jy soet­pa­tat­sky­we in plaas van die aar­tap­pel ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.