BOTTERSKORSIE-EN-PATATSLAAI MET DADELS

Ge­noeg vir 4 – 6

Kuier - - In Die Kombus -

BE­STAND­DE­LE

1 gro­te­ri­ge botterskorsie, ge­skil, pit­te en dra­de­rig­heid ver­wy­der en in blok­kies ge­sny 3 mid­del­slag-pa­tats, ge­skil en in blok­kies ge­sny 3 eet­le­pels o­lie 2 eet­le­pels heu­ning Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 1 groot ui, fyn­ge­kap 3 kop­pies ont­pit­te, ge­kap­te dadels 1 tee­le­pel ris­sie­vlok­kies 2 tee­le­pels sui­ker 150 ml bruin­a­syn

METODE

Plaas die botterskorsie- en pa­tat­blok­kies in ’n oond­roos­ter­pan en be­sprin­kel met die o­lie. Be­druip met die heu­ning en geur met sout en pe­per. Bak vir 20 – 30 mi­nu­te (of tot­dat die groen­te gaar maar nog ferm is) in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C. Hou een­kant om heel­te­mal af te koel. Meng die uie en dadels met die ris­sie­vlok­kies. Roer die sui­ker by die a­syn en giet oor. Laat staan vir ’n half­uur voor­dat jy die da­del­meng­sel met die botterskorsie-en pa­tat­blok­kies meng en in ’n mooi op­dien­bak s­kep. WENK:

Jy kan vars, rooi brand­ris­sie of selfs pep­pa­dew in die plek van die ris­sie­vlok­kies ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.