SAPPIGE ROOSTERHOENDER

Ge­noeg vir 4 – 6 (re­sep regs)

Kuier - - In Die Kombus -

BE­STAND­DE­LE

1 – 2 heel hoen­ders 1 tee­le­pel sout Sap van 1 suur­le­moen 1 klei­ne­ri­ge ui, grof­weg ge­kap 3 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus 1 x 7 cm stuk vars gem­mer, ge­skil en grof­weg ge­kap ½ tee­le­pel rooi­pe­per 1 tee­le­pel ga­ram ma­sa­la 2 tee­le­pels fyn ko­myn 1 kop­pie ge­wo­ne vol­room-jo­gurt 3 eet­le­pels o­lie of ghee 4 eet­le­pels vars­ge­kap­te mint­bla­re

METODE

Vryf die hoen­der(s) goed met die sout en suur­le­moen­sap in, ook in die hol­tes. Plaas dit in ’n glas­bak, be­dek met kleef­plas­tiek en laat staan vir ’n half­uur. Plaas die ui, knof­fel, gem­mer, rooi­pe­per, ga­ram ma­sa­la, ko­myn en jo­gurt in ’n voed­sel­ver­wer­ker en ver­pulp tot­dat jy ’n glad­de meng­sel het. Be­dek die hoen­der(s) daar­mee, ook in die hol­tes, be­dek weer met kleef­plas­tiek en laat staan oor­nag of, nog be­ter, vir 24 uur in die ys­kas. Haal die hoen­der(s) uit die ma­ri­na­de en plaas in ’n oond­roos­ter­pan waar­in die hoen­ders knus­sies pas. Verf met o­lie en sprin­kel die mint­bla­re oor. Plaas in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C en bak vir 1 – 1½ uur of tot­dat die sap­pe hel­der uit­loop wan­neer jy die dy­ge­deel­te met ’n skerp mes steek. Be­dien met die heer­li­ke geel­rys en ge­stoom­de groen­te of slaai van jou keu­se. WENK:

Vir ek­stra geur kan jy ’n hal­we ui en ’n hal­we suur­le­moen in elk van die hoen­der­hol­tes plaas. Bind maar die been­tjies met ’n tou­tjie vas – dit help om die hoen­der se vorm te be­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.