FEESTELIKE LAMSKOTTEL

Kuier - - In Die Kombus -

Ge­noeg vir 6

BE­STAND­DE­LE Vir die lam­spot

3 eet­le­pels o­lie 1 eet­le­pel bot­ter 1,5 kg lam­sto­we­vleis 1 ui, fyn­ge­kap 1 tee­le­pel bor­rie 1 tee­le­pel fyn gem­mer 1 tee­le­pel fyn ka­neel ½ tee­le­pel ras el ha­nout (op­si­o­neel) ½ tee­le­pel kle­we­ri­ge bruin­sui­ker ¾ kop­pie bees­vleis­af­trek­sel Sout en vars swart­pe­per na smaak Mint en vars kol­jan­der, 13 tak­kies elk, saam­ge­bind 1 ka­neel­stok­kie

Vir die uie

10 mid­del­slag-uie, in dik­ke­ri­ge ron­de sky­we ge­sny ½ kop­pie wa­ter ’n K­nip­pie sout 3 eet­le­pels bot­ter 3 eet­le­pels heu­ning 1 ka­neel­stok­kie

Vir gar­ne­ring

1 tee­le­pel le­moen­bloei­sel­wa­ter 6 hard­ge­kook­te ei­ers, af­ge­dop en in kwar­te ge­sny ¾ kop­pie ge­roos­ter­de a­man­del­vlok­kies

METODE

Vir die lam­spot: Ver­hit die o­lie en bot­ter in ’n swaar­boom­pot en braai die lams­vleis in sar­sies tot al­kant ver­bruin. Plaas dit te­rug in die pot. Voeg die ui, bor­rie, gem­mer, ka­neel, ras el ha­nout en bruin­sui­ker by. Roer die af­trek­sel by en meng goed en geur. Voeg die kruie en ka­neel­stok­kie by. Be­dek die pot, ver­laag die hit­te en laat vir on­ge­veer 2½ uur oor baie lae hit­te prut. Vir die uie: Plaas die ui­e­sky­we in ’n swaar­boom­pan saam met die wa­ter en ’n k­nip­pie sout. Be­dek die pot en laat lig­gies stoom vir on­ge­veer 20 mi­nu­te. Voeg die bot­ter by en kook oor ma­ti­ge hit­te tot­dat die mees­te van die vloei­stof weg­ge­kook het. Roer die heu­ning by en voeg die ka­neel­stok­kie by. Kook vir 20 – 30 mi­nu­te. Voeg nog ’n bie­tjie wa­ter by as jy bang is vir vas­brand.

Gar­ne­ring: As die vleis klaar ge­kook het (aan die ein­de van die 2½ uur), roer die ui­e­meng­sel by die vleis­meng­sel en kook nog ’n paar mi­nu­te saam. Roer die le­moen­bloei­sel­wa­ter by en proe of die sout en pe­per ge­noeg is. S­kep in ’n mooi op­dien­skot­tel en ver­sier met die a­man­dels en ei­er­kwar­te. Be­dien da­de­lik. WENK:

Maak jou eie ras el ha­nout: Meng 1 tee­le­pel fyn ko­myn, gem­mer en sout, ¾ tee­le­pel vars­ge­maal­de swart­pe­per, ½ tee­le­pel fyn ka­neel, kol­jan­der­saad, rooi­pe­per en all­spi­ce en ¼ tee­le­pel fyn na­el­tjies saam. Dit hou ’n maand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.