lig & lek­ker!

PRA­WN-EN-UI­E­KOE­KIES

Kuier - - Stap-Vir-Stap -

Le­wer on­ge­veer 24 koe­kies (af­han­gen­de van die groot­te)

BE­STAND­DE­LE

1 kop­pie op­ge­hoop­te chick­pea-meel ½ tee­le­pel bak­poei­er ¾ tee­le­pel sout 120 ml wa­ter Vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak ½ tee­le­pel rooi­pe­per 1 tee­le­pel fyn ko­myn 2 eet­le­pels rooi­ui, baie fyn ge­kap (jy kan ge­wo­ne ui ook ge­bruik) 2 eet­le­pels vars­ge­kap­te kol­jan­der 225 g rou pra­wns, kop af, ge­skil, af­val­py­pies ver­wy­der en in stuk­kies van on­ge­veer 1 cm ge­sny O­lie vir braai

METODE

1. Sif die chick­pea-meel, bak­poei­er en sout saam in ’n gro­te­ri­ge meng­bak.

2. Voeg die wa­ter drups­ge­wys by tot­dat jy ’n sty­we­ri­ge deeg het. Meng goed so­dat daar nie klon­te is nie.

3. Voeg die swart­pe­per, rooi­pe­per en ko­myn by. Meng goed. Voeg die uie, kol­jan­der en pra­wns by en meng. Giet o­lie on­ge­veer 3 cm diep in ’n pan en ver­hit oor ma­ti­ge hit­te. Gee die o­lie ge­noeg tyd om be­hoor­lik warm te word.

4. S­kep 1 tee­le­pel van die deeg in die warm o­lie – her­haal tot­dat jy ’n he­le paar koe­kies in die pan het. Moe­nie te veel op ’n slag braai nie. Braai al­kant mooi goud­bruin. S­kep met ’n gaat­jies­le­pel uit op hand­doek­pa­pier om die erg­ste o­lie te ab­sor­beer. Be­dien on­mid­del­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.