LEER JOU KIND DANKBAARHEID

Hoe han­teer jy dit wan­neer jy jou kin­ders net die bes­te wil gee, maar hul­le stel jou al­e­wig te­leur? DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Kuier - - Kuiercoach -

Ons leef in ’n tyd waar baie men­se meer ge­steld is op ma­te­ri­ë­le din­ge om­dat dit blyk­baar jou aan­sien ver­be­ter. Ons koop en koop en gaan uit ons pad uit om by die bu­re kers vas te hou.

Baie ou­ers pro­beer om hul bes­te te doen wan­neer dit kom by hul kin­ders se op­voe­ding en ver­sor­ging. Som­mi­ge aan­vaar ’n ek­stra werk om se­ker te maak dat hul­le goed in hul kin­ders se ma­te­ri­ë­le be­hoef­tes kan voor­sien en dat hul kin­ders te­vre­de is. Maar wan­neer kin­ders eg­ter tan­trums gooi en so in­ge­stop word met al­les wat hul­le wil hê, is dit eer­der ’n te­ken dat die kind self­sug­tig en on­dank­baar is.

As ge­volg van som­mi­ge kin­ders se lang lys ver­soe­ke, steek baie ou­ers hul­self dan in die skuld. En wan­neer die ou­er nie in staat is om nog luuk­ses te koop wat eint­lik on­no­dig is nie, is die kind on­ge­luk­kig daar­oor. Dit is iets wat ’n ou­er baie skul­dig kan laat voel, ver­al wan­neer hul­le reeds be­heer oor hul kind se ei­se ver­loor het en slaafs al­les doen wat hul kind vra of sê.

KEER TELEURSTELLING

Wan­neer kin­ders self­sug­tig en on­dank­baar is, kan ’n ou­er die fout maak om aan te hou om hul­le in te stop in die hoop dat die kind gaan ver­an­der. Só ’n ou­er hoop ook dat die kind hul­le da­rem die een of an­der tyd sal te­rug­be­taal – al is dit dan net in die vorm van goeie re­sul­ta­te ná ’n ek­sa­men, goeie ma­nie­re en re­spek, en dat ’n kind op die reg­te pad sal bly en ’n ge­ba­lan­seer­de vol­was­se per­soon sal word.

Maar dan, ten spy­te van die ou­er se har­de werk en dat jy jou kind al­les pro­beer gee het, stel jou kind jou te­leur. Sy druip ter­wyl jy ver­wag het dat sy goed sal slaag; sy raak met die ver­keer­de vrien­de deur­me­kaar; raak swan­ger op skool; of be­gin met drank of dwelms eks­pe­ri­men­teer. Jy is plat­ge­slaan, diep in die skuld en weet nie hoe jy aan die an­der­kant gaan uit­kom nie.

Ou­ers moet van vroeg af reeds ’n gees van dankbaarheid in hul kin­ders kweek. Só ver­se­ker jy dat hul­le nie al­les as van­self­spre­kend aan­vaar nie. Om iets vir lief­da­dig­heid te doen, het nie­mand ooit ska­de be­rok­ken nie. Stel jou kind van tyd tot tyd bloot aan kin­ders van hul ou­der­doms­groep wat nood­ge­dwon­ge met min in die le­we te­vre­de moet wees. Moe­dig hul­le aan om van hul be­sit­tings wat hul­le nie reg­tig no­dig het nie, aan sul­ke kin­ders te skenk. Dit kan hul­le in­spi­reer om meer dank­baar te wees vir dit wat hul­le het, om hul ou­ers se har­de werk te waar­deer en om meer ver­ant­woor­de­lik te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.