Be­gin só:

Kuier - - Kuiercoach -

WYSVIR JOU KIND DAT SY REEDS BAIE HET

As jou kin­ders tan­trums gooi as jy nie iets kan be­kos­tig nie en on­dank­baar is selfs as hul­le wel iets kry, het jy ’n groot pro­bleem. Pro­beer dus vroeg reeds dankbaarheid in jou kin­ders kweek.

Ont­hou die vol­gen­de:

• Dit is nie nood­wen­dig ’n te­ken van lief­de om jou kin­ders al­les te gee wat hul­le wil hê nie, maar dit is eer­der ’n te­ken dat jy be­heer ver­loor het.

• Maak hul­le groot tot voor­deel van hul toekoms. Jy as ou­er moet soms“nee”sê en daar­by hou, selfs wan­neer jou kind op jou ge­voe­lens speel.

• Dit leer jou kind dat hul­le nie al­tyd al­les kry wat hul­le wil hê nie, maar ook as hul­le nie kry wat hul­le wil hê nie, dit nie die ein­de van die wê­reld is nie.

• Ou­ers móét ont­hou dit is nie die moei­te werd om ’n kind te hê wat ty­de­lik ge­luk­kig is nie, want dit kan la­ter vir haar ne­ga­tie­we ge­vol­ge in­hou.

• Om jou af te sloof om in al die ma­te­ri­ë­le be­hoef­tes van jou kind te voor­sien ter­wyl jy on­der groot druk is weens skuld, is nie die moei­te werd nie.

• Moe­nie toe­laat dat jou kind jou af­pers of laat skul­dig voel om­dat hul maats dit of dat het, ter­wyl jy nie kan be­kos­tig om die­self­de aan hul­le te gee nie.

• Ou­ers moet hul bes doen om reeds wan­neer kin­ders nog klein is, hul­le te leer om bv. dan­kie te sê vir die kos wat jy voor­be­rei en vir dit wat jy wel kan gee.

• As jou kind reeds on­dank­baar en self­sug­tig is, moet jy ’n be­sluit maak om brie­ke aan te draai. Be­trek haar.

• Moe­dig jou tie­ner aan om ’n ge­pas­te wer­kie (vir haar ou­der­dom) te kry om ek­stra geld te ver­dien. Dit sal jou kind ver­ant­woor­de­lik­heid leer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.