WAT DIE HART VAN VOL IS

Ons het be­slis die mens­lik­heid van ge­sels ver­loor. Dis tyd dat ons te­rug­keer na die ba­sie­se ma­nier van kom­mu­ni­keer.

Kuier - - Kuiercoach - Deur Wen­dy An­tho­nie

Ons praat nie meer met me­kaar nie. Nie ge­noeg­saam nie. Vrien­din kom kui­er. Ek praat met ’n muur – eint­lik met haar voor­kop, want haar kop is laag ge­buig oor haar sel­foon waar­oor haar vin­gers glip en gly. Sy“uhmm”en“a­hhh” ter­wyl ek soos ’n gek voort­bor­duur. Dis eers wan­neer die stil­te die ver­trek vul dat sy op­kyk:“Hoe sê jy my sus­terrr …?” Sus­ter het lank­al ver­geet. Hoe het die wê­reld tog ver­an­der – en vin­nig ook. Is ons wê­reld nou eint­lik klei­ner of gro­ter? Is ons ar­mer of ry­ker met al die teg­no­lo­gie? Kits­bank, kits­kos, kits­kom­mu­ni­ka­sie … jy kan self jou eie ly­sie op­stel. Kan ons nog hoe­ge­naamd son­der ons sel­fo­ne oor die weg kom en sin­vol leef? Ek twy­fel.

Die teg­no­lo­gie is be­sig om ons te oor­wel­dig en dryf die ge­lui­de van die mens weg. Deur mid­del van ge­sels met me­kaar bou en be­hou ons verhoudings. Ons span­deer eg­ter ons dae met die ruil van e­lek­tro­nie­se on­sin­nig­heid, in plaas daar­van om net te ge­sels – fi­sies.

As dit nie ’n tweet, ’n W­hat­sApp of ’n Fa­ce­book-bood­skap is nie, e-pos, faks of beep ons me­kaar. Ek kry ’n W­hat­sApp­bood­skap wat sê:“Ek is hier bui­te, maak oop!”Het ons te lui ge­raak om selfs aan ’n deur te klop?

Ons woor­de­skat is on­los­maak­lik van die woord gig (GB). Ons waak angs­ti­ger oor ons me­ga­by­tes (MB) as oor ons ge­sin­ne. Ons hou die ba­lans van ons da­ta erns­ti­ger dop as die me­ter­le­sings op ons koop­krag­bok­se, want wat ge­beur as ek in die mid­del van die nag son­der da­ta sit? Ne­ver mind of ek die ke­tel kan aan­ska­kel of pap vir die klein­goed kan maak. Ons stres­vlak­ke styg nie so­da­nig oor werk en skuld nie, maar oor ons pêl­le wat nie ons pos­ts li­ke op Fa­ce­book nie! Ou­ers post hul kin­ders se a­ka­de­mie­se pres­ta­sies, maar ver­geet om vir Boet en Sus van ba­sie­se e­ti­ket te leer. Ek kry mi­grai­ne-aan­val­le oor die taal­or­de en spel­fou­te van som­mi­ge ver­brui­kers van so­si­a­le me­dia – haas­tig en vol af­kor­tings as­of hul­le bang is hul­le ver­pas ’n bus of trein. Die siek­te van die dag is nie vigs of ma­la­ria nie, maar die ver­pes­te­li­ke vi­rus FOMO (Fe­ar Of Mis­sing Out). Na­tuur­lik het die teg­no­lo­gie sy le­gio plus­pun­te. Ek dink aan die baie fo­to’s wat ek al via my eie sel­foon ge­neem het – fo­to’s wat ek met die druk van ’n knop­pie met vrien­de so ver as Doe­bai kan deel. En dan kan jy dit nog voor­af P­ho­toshop en fil­ter – al wat ’n sproet, ek­stra paar ki­lo­gram of plooi is, kan jy hier­mee di­gi­taal weg­toor. Ons moes des­tyds baie lank wag vir fo­to’s wat ons ge­neem het met ons boks­ka­me­ras en ’n Ko­dak 135-film. En hart­seer soos dit was, moes ons vir el­ke af­kop en el­ke ske­we snap be­taal.

Ek ont­hou met groot nos­tal­gie hoe ons as kin­ders met me­kaar ge­sels het. Op ons a­lies in die stof­stra­te het ons be­dags of ske­mer­aand stuk­ke ge­sny en sto­ries uit­ge­ruil tot­dat óf die straat­lam­pe aan­ge­knip­per het óf ’n ou­er se blou­roep jou huis­waarts ge­druk het.

Buur­men­se het tien hon­de uit ’n bos ge­sels ty­dens hul oor-en-weer ge­kui­er oor na­we­ke en ver­al op Son­da­e­mid­dae. Rond­om be­kers moer­kof­fie of kop­pies In­gil­se tee het hul­le me­kaar ge­mo­ti­veer, ge­ïn­spi­reer en met raad en daad be­dien. Jong­men­se praat nie meer met óf raad­pleeg hul ou­ers oor din­ge nie. Google is dees­dae méér fa­mi­lie. Ons is ge­dwing om te praat. As Ma en Pa nie wou luis­ter nie, was daar al­tyd ’n tan­te of ’n ou­ma met ’n ge­dul­di­ge oor. My ma was kwaai en het al­tyd ge­sê:“Toe, toe, toe! Speak jor spo­kes – maak oop djou bek!”. Maar ons kon met haar praat oor al­les – van boe­lies by die skool tot kê­rels!

Ek weet nie wat jou spe­si­a­le woord­jie vir praat is nie. Dalk lip­skeer, blaai of w­he­a­ties. Hoe dit ook al sy, kom ons be­gin praat weer met me­kaar.

En wan­neer jy van­aand suk­kel om te slaap, moe­nie ver­geet om met die S­kaap­wag­ter te praat nie – die een wat slim­mer as Google is. Moet Hom nie tag met jou pro­ble­me nie en los die ge­skaap­tel­le­ry. Hy wag om jou stem te hoor. My uit­da­ging aan elk­een: Praat van­dag/van­aand/mô­re méér woor­de as wat jy tik.

Ek weet nie wat jou spe­si­a­le woord­jie vir praat is nie. Dalk lip­skeer, blaai of w­he­a­ties. Hoe dit ook al sy, kom ons be­gin praat weer met me­kaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.