IN DIE NUUS: Pa stel sy kant van die saak na­dat sý seun mei­sie ver­krag en ver­moor

Met moord­sto­ries is die ver­lies van die slag­of­fer se fa­mi­lie dui­de­lik. Maar die Fran­zis­ka BlÖ­ch­li­ger­saak wys eg­ter die skul­di­ge se ge­sin spring ook nie die pyn vry nie.

Kuier - - INHOUD - DEUR ERNUSTA MARALACK

De­on Ver­meu­len (50) van We­st­la­ke in die sui­de­li­ke voor­ste­de van Kaap­stad dra ’n skuld­ge­voel so swaar soos Ta­fel­berg op sy skou­ers en hy weet nie of hy dit ooit sal kan af­skud nie. Want De­on moet saam­leef met die we­te dat sy seun een van die mees op­spraak­wek­ken­de moor­de en ver­krag­tings in Kaap­stad ge­pleeg het en waar­skyn­lik nie weer die bui­te­kant van ’n tronk gaan sien nie.

De­on se oud­ste seun, Ho­ward Oliver (28), het ver­le­de jaar op 7 Maart die 16-ja­ri­ge Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger in die To­kai-woud be­roof, ver­krag en ver­moor. In die hof­saak is ge­tuig Fran­zis­ka het op die dag van haar dood gaan draf toe sy deur Ho­ward oor­val is. Haar fa­mi­lie het be­kom­merd ge­raak toe sy nie te­rug­keer nie. Haar lyk is ty­dens ’n soek­tog ge­vind. Haar iP­ho­ne, hor­lo­sie, oor­fo­ne en di­a­mant­ring was weg.

Fran­zis­ka se moord het groot op­slae ge­maak en dit was ver­al die on­skuld in haar oë op fo­to’s en die we­te dat ’n be­lo­wen­de toe­koms voor haar ge­lê het, wat die hart­sna­re ge­roer het. En el­ke keer dat haar ou­ers, Flo­ri­an en S­hi­reen, in die me­dia ge­praat het, kon ’n mens hul rou pyn vóél.

Maar De­on was tot reg aan die ein­de self in die duis­ter oor al­les en moes hof loop en die koe­ran­te volg om te hoor wat daar­die nood­lot­ti­ge dag ge­beur het, want Ho­ward het nooit e­nig­iets vir hom ge­sê nie.

“Toe ons uit­vind hy’s be­trek (by Fran­zis­ka se moord), het dit soos ’n fu­ne­ral in ons huis ge­voel,”sê De­on.

’n WREDE DAAD

Ho­ward het met sy in­heg­te­nis­ne­ming ver­le­de jaar vol­ge­hou hy is on­skul­dig, maar het 14 maan­de la­ter be­ken hy het Fran­zis­ka ver­moor. Maar dit was die be­skry­wing in sy eie woor­de oor wat hy aan Fran­zis­ka ge­doen het, wat jou maag laat draai en vir De­on ’n uit­klop­hou ge­gee het.

Ho­ward het vroe­ër van­jaar in ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring in die Wes-Kaap­se Hoog­ge­regs­hof be­skryf hoe hy Fran­zis­ka van ag­ter aan­ge­val en in fyn­bos in­ge­sleep het.“Toe ek haar diep ge­noeg in die fyn­bos in­sleep so­dat nie­mand ons sien nie, het ek haar sel­foon, oor­fo­ne en ring af­ge­vat,”het Ho­ward vol­gens www.her­ald­li­ve.co.za as deel van sy be­ken­te­nis ver­tel.

Ho­ward het voorts er­ken hy het skoen­ve­ters ge­bruik om haar han­de vas te maak en haar mond toe­ge­stop (ge-gag). Hy het haar ge­sig in die grond ge­druk, haar kle­re uit­ge­trek en haar toe ver­krag.

’n Na­dood­se on­der­soek het be­vind Fran­zis­ka is ver­wurg en dat ver­smo­ring (om­dat haar ge­sig in die grond ge­druk is) die oor­saak van haar dood was. Sy is ook va­gi­naal en a­naal ver­krag.

Ho­ward is in Ju­nie van­jaar skul­dig be­vind aan twee klag­tes van ver­krag­ting, een van roof en moord. Hy is twee le­wens­lan­ge von­nis­se weens die ver­krag­ting en moord, en 15 jaar weens die roof op­ge­lê.

In hul brief wat ter ver­swa­ring van sy straf in die hof uit­ge­lees is, sê Fran­zis­ka se ou­ers: “Die ver­lies van ’n kind is am­per on­be­skryf­lik. Daar is pyn, daar is hart­seer, daar is smart, maar aan­vaar­ding is die moei­lik­ste. Om te weet ons kind het ge­ly en ons no­dig ge­had – dít is die ver­plet­te­rend­ste. Die ver­lies van ’n kind is ’n trau­ma­tie­se er­va­ring; jy ver­loor ’n deel van jou­self wat jy nie weer kan te­rug­kry nie. Daar kan nooit e­ni­ge reg­ver­di­ging wees vir haar le­we wat ge­vat is nie. Ons kan net hoop die per­soon wat ver­ant­woor­de­lik is vir hier­die bru­ta­le daad van misdaad teen ’n on­skul­di­ge kind word nie toe­ge­laat om vry te loop om nog ’n per­soon seer te maak nie”.

Kui­er het uit­ge­reik na Fran­zis­ka se ou­ers, maar haar pa, Flo­ri­an, wou nie met die me­dia praat nie.

MEN­SE WYS VINGER

Ho­ward is dalk die een wat moet pa staan in die tronk vir Fran­zis­ka se moord, maar bui­te is sý pa ver­plet­ter oor wat hy aan ’n jong, on­skul­di­ge mei­sie­kind ge­doen het. Ho­ward, self ge­troud en pa van twee jong dog­ters, het in ’n huis vol sus­ters groot­ge­word. Men­se wys vinger en ver­oor­deel ook vir hul­le, ver­tel De­on en sy vrou, Cas­san­dra (43). (Cas­san­dra is Ho­ward se stief­ma; sy bi­o­lo­gie­se ma is oor­le­de toe hy 8 was.)

De­on het nog dief­stal van Ho­ward ver­wag om­dat sy seun aan dwelms ver­slaaf is, maar be­slis nie ’n wrede moord en ver­krag­ting nie. . .

Waar ons met De­on in sy huis ge­sels, loop sy tra­ne nog voor­dat die on­der­houd be­gin. Sy ten­ger fi­guur krimp by­na in­een el­ke keer dat hy oor Fran­zis­ka praat. En in sy oë is smart en vrae oor hoe­kom Ho­ward dit ge­doen het en hoe­kom hy nie na De­on toe ge­kom het vir hulp nie.

Cas­san­dra sê sy het op Fa­ce­book van Fran­zis­ka se moord ge­lees en toe sy ’n SMS van Ho­ward kry waar­in hy vra hul­le moet sy kin­ders po­li­sie­sta­sie toe bring,“het ons een en een by­me­kaar ge­sit en ons nuus in die Son en die Dai­ly Voi­ce ge­kry”.

“Ek het hof toe ge­loop om te hoor wat ge­beur het. By die hof het ek kwaad ge­raak, want hy’t my nooit ge­trust om te sê wat aan­gaan nie. Ek sou hom straig­ht sê,‘staan jou man vir die ding. P­leit skul­dig’. Ek het hom al­tyd ge­sê,‘praat die waar­heid – dit sal jou nie vry­maak nie, maar dit sal din­ge lig­ter maak,”maak De­on sy hart oop. Die wreed­heid van Fran­zis­ka se dood het vir De­on en Cas­san­dra ge­ruk.

“Die vi­deo wat hul­le in die hof ge­wys het van hoe hy haar ag­ter­ge­laat het, het nie vir my soos ’n mens ge­lyk nie,”sê De­on ver­slae.

Cas­san­dra wil nie af­ge­neem word nie, maar sê hul­le was net so ge­skok toe Ho­ward se pro­ku­reur bel om te sê hy het skuld be­ken.“Fran­zis­ka was nog net ’n kind. As jou kind net seer­kry, kry jy seer. Wat nog te sê as ’n man jou kind só seer­maak. Ons voel vir Ho­ward, maar hy het haar (Fran­zis­ka) nie eens ge­ken nie en kyk wat het hy aan haar ge­doen. Jy sit jou eie mei­sie­kind in daai prent­jie en hy­self het twee mei­sies (dog­ters),”sê Cas­san­dra ook ver­slae.

De­on en Cas­san­dra praat o­pen­lik en maak nie ver­sko­nings vir Ho­ward nie.

De­on ver­tel Ho­ward se ma en ou­pa en ou­ma by wie hy groot­ge­word het, is dood toe hy baie jonk was. Ho­ward het toe by De­on en Cas­san­dra kom bly en deel ge­word van hul huis­ge­sin, wat ook be­staan uit dog­ters Ja­mey-Lee (25), Chloe (13), Cas­sidy (10) en Kay­dee (6) en nog ’n seun, Z­he­v­a­go (19). Ho­ward en sy vrou, S­han­non (23), en hul dog­ters, Tif­fa­ny (6) en Ta­tum (3), het ook by De­on-hul­le ge­bly.

Vol­gens De­on het Ho­ward in sy tie­ner­ja­re met dwelms be­gin eks­pe­ri­men­teer en wou hy in gr. 10 die skool ver­laat. De­on en Cas­san­dra het uit­ein­de­lik vir Ho­ward oor­reed om gr. 11 en gr. 12 by ’n kol­le­ge te vol­tooi. Maar sy dwelm­mis­bruik het hom die pad laat bys­ter raak.

“Ons het ge­skel en ba­klei, maar niks het ge­help nie. Hy was daai tyd ook vir 12 maan­de tronk toe vir steel of in­breek, maar toe hy in 2010 uit­kom, was hy qui­te fi­ne. Hy het ge­werk, ge­trou, sy oud­ste kind ge­had en selfs ’n mo­ney len­ding business ge­had. Maar van 2013 af het goed hand­uit ge­ruk toe hy (weer) be­gin d­rugs doen. Ons kon niks maak nie, want hy was nou ’n groot man,”ver­tel De­on en Cas­san­dra.

Maar, sê De­on, erns­tig,“tot van­dag kan hy (Ho­ward) nie sê ek het hom erns­tig seer­ge­maak of hy het swaar­ge­kry nie. Hy was nie af­ge­skeep nie.”

WIL VER­SKO­NING VRA

Ho­ward kan nie sy huis­om­stan­dig­he­de as ver­sko­ning ge­bruik vir sy wan­da­de nie, meen De­on.“Maar din­ge ge­beur so vin­nig – die een oom­blik is jou kind or­raait en die vol­gen­de oom­blik ken jy hom nie meer nie.”

As hul­le kon, sou hul­le die Bl­ö­ch­li­gers se pyn wou weg­vat:“Ons wil by haar ou­ers om ver­sko­ning vra vir wat hy ge­doen het. Ons het hom nie ge­stuur om te gaan moor nie,”sê Cas­san­dra hart­seer.

“Ek is self ’n pa en kan net in­dink hoe swaar dit moet wees vir haar (Fran­zis­ka se) fa­mi­lie om te aan­vaar dat jy jou kind so ver­loor het om­dat sy dit nie ver­dien het nie,”sê De­on voor­dat die tra­ne weer rol.

Maar net so kwaad en hart­seer as wat hy is, wil De­on vir Ho­ward ver­ge­we om aan te be­weeg en voel hy hy moet sy kind on­der­steun, al is laas­ge­noem­de dalk vir an­der on­denk­baar.

De­on sê hy praat juis hier­oor om­dat hy weet“daar is baie kin­ders soos Ho­ward wat ge­help moet word”en hy wil van nou af help waar hy kan om so ’n tra­ge­die soos Fran­zis­ka s’n te voor­kom.

Ons wil by haar ou­ers om ver­sko­ning vra vir wat hy ge­doen het. Cas­san­dra Ver­meu­len

LINKS: De­on Ver­meu­len (50) van We­st­la­ke sê hy is ver­plet­ter deur wat sy seun aan Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger (BO) ge­doen het. Sy is in die To­kai­woud by Kaap­stad deur De­on se seun, Ho­ward, be­roof, ver­krag en ver­moor. REGS BO: Só het plaas­li­ke koe­ran­te oor Ho­ward se saak be­rig.

De­on­sê­hyglo­daar is­bai­e­kin­ders­soos Ho­wardwat­ge­help moet­word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.