Kuier

MY PASE WORS-ENAARTAPPE­L SMOORTJIE

-

Genoeg vir 4 Dié smoortjie kan ’n vinnige middagete, of selfs ligte aandete wees. En natuurlik is dit ’n ou kamp-staatmaker!

BESTANDDEL­E

1 eetlepel sonneblomo­lie 400 g wors van jou keuse 1 ui, grof gekap ½ groen soetrissie in dun repies gesny 4 medium aartappels, in dobbelstee­ngrootte blokkies gesny ½ koppie water ½ teelepel fyn koljander Swartpeper na smaak

METODE

Braai die wors oor hoë hitte in die olie tot lekker bruin. Skep die wors uit en hou eenkant. Braai die ui en soetrissie in dieselfde pot tot lekker bruin. Voeg nou die aartappels by, tesame met ’n ½ koppie water. As die aartappels sag is, geur met koljander, sout en peper. Sny die wors in vingerleng­tes en voeg by die aartappels. Prut vir nog so 5 – 6 minute of totdat die aartappels lekker sag is. Bedien op lekker sag gebotterde brood.

Hierdie gereg neem my terug na my kinderdae. My pa het dit altyd gemaak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa