ROLY POLY

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 8 – 10 BESTANDDELE

Vir die deeg

2 kop­pies koek­meel 3 tee­le­pels bak­poei­er 1 tee­le­pel sout 125 g mar­ga­rien 2 ei­ers, lig­gies ge­klits 2 –3 eet­le­pels melk 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce Ap­pel­koos-/aar­bei­kon­fyt ½ kop­pie klap­per

METODE Vir die sous

1 ½ kop­pie kook­wa­ter 1 kop­pie sui­ker 2 eet­le­pels mar­ga­rien 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce

Voor­ver­hit oond tot 180°C. S­meer ’n die­pe­ri­ge oond­vas­te tert­bord met bot­ter. Meng die meel, bak­poei­er en sout saam. Vryf die bot­ter daar­by in. Roer die ei­ers by en net ge­noeg melk om ’n ferm deeg te vorm. Rol die deeg dun uit in ’n vier­kant op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak. S­meer mil­de­lik met die kon­fyt, sprin­kel klap­per oor en rol op soos ’n rol­koek. Sny in stuk­ke van om­trent 1 cm en pak in die ge­smeer­de tert­bord. Kook al die bestanddele vir die sous saam. Skep le­pels­vol van die warm sous oor die deeg­sky­we. Bak in voor­ver­hit­te oond vir 40 – 45 mi­nu­te. Be­dien warm met vla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.