’n Be­lof­te vir ’om Kal­lie

Moe­nie ie­mand op sy baad­jie tak­seer nie. Jy weet nie al­tyd van die pad wat hy al ge­stap het nie en jy word dalk net aan­ge­naam ver­ras deur sy goed­har­tig­heid.

Kuier - - KORTVERHAAL - DEUR C­lif­f­or­de­ne Nor­ton

Ons, die ou­ens op die hoek, soos daar af­keu­rend na ons ver­wys word, staan ag­ter in die ge­meen­skap­saal en kyk hoe die men­se van Bark­ly-Wes in­kom. Dis ’n Sa­ter­dag­mid­dag en die Wes het hul na­week op­ge­of­fer om hier te wees. Al­mal is hier: Die men­se van die Er­we, van­dag uit­ge­vat in hul duur­ste ve­re. Die Vaal­hui­sers, waar el­ke hon­ger mens ver­se­ker kan wees van ’n bord kos. Swaar soos wat daai men­se kry, sui­nig dié is hul­le nie. Daar is ook die S­kuld­bul­ters en die in­wo­ners van Blik­kies­dorp.

“Joh, Nat­han!”Le­roy tik my teen die skou­ers.“Die he­le Wes is hie!”Met sy

lin­ker­skou­er hang hy teen die muur en kyk met groot oë na die men­se wat die saal bin­ne­kom.

Le­roy se ver­ba­sing is op ons al­mal se ge­sig­te – dit vat baie om die men­se van Bark­ly-Wes on­der een dak saam te kry. Kyk, hier­die men­se woon al ge­ne­ra­sies saam en is daar­om dik vir me­kaar.

Maar hoe­kom is ons ver­baas? Van­dag sal al­mal by­me­kaar kom. Een van ons eie het ons uit die graf ge­vra om hier te wees.

’n Week ná ’om Kal­lie se be­graf­nis lees hul­le van­dag sy tes­ta­ment. Baie men­se is ver­baas dat ’om Kal­lie ’n tes­ta­ment het, maar jy sê nie sul­ke goed hard­op nie. Re­spek, jy weet.

’om Kal­lie was ’n in­stel­ling in die Wes – grys kap­pie op sy kop en ki­taar om die lyf. Waar die ki­taar ge­staan het, daar was ’om Kal­lie. Al­tyd wel­kom by trou­es en par­ties – be­kend vir die to­wer­mu­siek uit sy ki­taar. Dit het la­ter sy ti­tel ge­word … Ons het ge­praat van‘’om Kal­lie met sy ki­taar’.

Daar­om het die Wes in al ons geu­re en ve­re vir sy tes­ta­ment-le­sing uit­ge­draai. Al­mal is hier: Die ryk T­ho­mas­se wat nie­mand kan ver­dra nie, met hul posh Merc. An­tie Sien­na wat by al­mal se be­graf­nis­se kook saam met haar hoog­moe­di­ge dog­ter, wat die helf­te van die kos by die­self­de be­graf­nis­se weg­dra. Selfs ’om Piet kom met sy kie­rie aan­ge­suk­kel.

Hoe­kom is ons hier? Want ’om Kal­lie wás die Wes. Hy was die stof­stra­te, die ka­meel­boom wat ja­re lank al op die hoek van sy huis staan en soe­tes vir A­fri­ka strooi. Al­tyd ge­reed om te help, al­tyd daar. ’om Kal­lie het el­ke Sa­ter­dag die he­le Wes vol­ge­loop, nie lui om in te spring as hy sien ie­mand werk nie. Of hul­le nou jaart skoon­maak, of hul huis ’n nu­we rok aan­verf. Hy sou ge­wil­lig in­val.

Hy wou ook nooit geld aan­vaar nie as al­mal sou vra:“’om Kal­lie, wat’s jou prys?” Hy sou net lag­gend ant­woord:“My u­su­al by ou Sam­my se win­kel: ’n tjips-en-at­jar­bun­ny. ’Se­blief.”

Die he­le Wes het ge­weet dus ’om Kal­lie se om­koop­prys. ’n Ver­soe­king wat hy nie kon weer­staan nie en teen R8 was dit spot­goed­koop!

Kin­ders was mal oor hom, van die jong­span­ne tot die min­der on­skul­di­ges. As ou­ers sou kla oor hul kin­ders, sou ’om Kal­lie ant­woord:“Wys hul­le re­spek en you’ll e­arn theirs.”

Ons be­hoort te weet, ’om Kal­lie was al­tyd aan die ou­ens op die win­kel­hoek se kant. ’om Kal­lie was ons koel oom­pie – ie­mand wat ons kon re­spek­teer en met wie ons kon kui­er. Ons sou ons ghaais dood­druk en die Cas­t­le-bot­tels ag­ter ons kui­te in­skuif as hy aan­kom. Met ’n hand in die lug sou ons groet:“Awé, ’om Kal­lie. Is al­les nog skerp?”

“S­ker­per as ’n ste­ak­mes.”Mees­te van die tyd sou hy dan ver­volg.“Ek help daar by an­tie Ha­zel se huis met die be­graf­nis. Ons kort nog ’n paar han­de. Kan jul­le kom help?”

En ons sou ant­woord:“Ons is nou daa, ’om Kal­lie.”En half-dronk of met ba­be­las – ons sou daar wees.

Hy was ons vriend, ie­mand met wie ons oor ons pro­ble­me kon ge­sels, son­der dat hy ons jud­ge. As die dorp se swart­ska­pe het ’om Kal­lie se aan­vaar­ding van wie ons is baie be­te­ken. Daar­om het ons nooit ons woord vir ’om Kal­lie ge­gee as ons nie kon doen wat hy ge­vra het nie.

’n Lang man in ’n pik­ke­wyn­pak stap op die ver­hoog en al­le Wes­sers se oë volg sy pad. Ag­ter­dog­ti­ge oë volg hom tot in die mid­del van die ver­hoog en wag vir be­wy­se dat hy on­eer­lik is. Die Wes ver­trou nie mak­lik nie, ver­al nie ie­mand in ’n pak nie.

Be­wus van vy­an­di­ge oë maak Pik­ke­wyn on­ge­mak­lik keel skoon.“Goei­e­mid­dag, da­mes en he­re,”be­gin hy.

“Mid­dag,”kom ons sty­we ge­koor. Kyk, ons mag mis­kien nie die vrien­de­lik­ste klomp wees nie, maar ma­nie­re dié het ons.

“My naam is Se­an Au­gust en ek is die ek­se­ku­teur van die boe­del vir wy­le me­neer Cal­vyn Jo­han­nes Bou­word.”

Hy val weg met ’n kort ge­skie­de­nis oor Cal­vyn Jo­han­nes Bou­word se le­we, maar voor hy te ver vor­der steek die skin­der­bek van ons lief­li­ke dorp haar hand op. Toe Pik­ke­wyn vir haar knik, vra sy:“Is die Cal­vyn Jo­han­nes waar­van jy praat, ’om Kal­lie?”

Ons sien al­mal hoe Pik­ke­wyn ver­baas deur sy pa­pie­re blaai en dan knik.“Ja, dis die man wat u-hul­le ken as ’om Kal­lie.”

’n Ver­baas­de ge­fluis­ter hard­loop sy voe­te stom deur die saal en al­mal sit kierts­reg­op. Pik­ke­wyn lig sy hand om ons stil te maak.“Hier volg die le­sing van die tes­ta­ment van ene Cal­vyn Jo­han­nes Bou­word – ’om Kal­lie – op­ge­stel op 14 Mei 2016 te Kim­ber­ley.

“My huis in S­kuld­bult be­maak ek aan Ela­na C­har­les. My wens is dat sy die huis in ’n tuis­te sal ver­an­der, vir haar en haar dog­ters.”

Tal­le oë draai na Ela­na. Ons weet al­mal hoe suk­kel sy om bly­plek te vind na­dat haar man haar en hul kin­ders hoog en droog ver­laat het om ag­ter ’n ver­pleeg­ster met vol lip­pe aan te hard­loop. Ela­na druk haar oud­ste dog­ter teen haar vas en byt haar lip, ter­wyl haar oë blink. Die res van die Wes kyk weg, be­jam­me­ring word nie toe­ge­laat nie. Ons kry al­mal swaar, maar elk­een het sy trots.

Die res van die tes­ta­ment­le­sing gaan net só: ’om Kal­lie wat sy wê­reld­be­sit­tings weg­gee aan al­mal wat in nood is en klein aan­den­kings aan dié men­se met meer no­te in hul sak­ke. Waar af­guns en ja­loe­sie by e­ni­ge an­der ge­leent­heid in oor­vloed sou loop, is al­mal van­dag net oor­wel­dig deur ’n die­pe dank­baar­heid.

“Ek wil graag my mu­siek­in­stru­men­te aan my seuns van die win­kel­hoek laat. Dit is my groot­ste wens dat Se­an, Nat­han, Le­roy en Wes­ley hul mus­kiek­ta­lent ten vol­le sal uit­leef.” Ons draai na me­kaar toe en glim­lag. Pik­ke­wyn maak weer keel skoon.“Dit is ook my wens dat hier­die seuns van my sal stu­deer en hul­self ver­be­ter. Ek hoop hul­le sal die eer­ste jong­men­se wees wat baat vind by die Bark­ly-Wes Trust­fonds wat deur me­neer Cal­vyn Jo­han­nes Bou­word en me­neer Sa­mu­el‘Sam­my’Wyn­and op­ge­stel is en dat hul­le in die toe­koms tot die fonds sal by­dra vir die vol­gen­de ge­ne­ra­sie.”

’om Sam­my vind skie­lik die saal se hoek baie in­te­res­sant toe die Wes se oë na hom draai. Dat hy van ’om Kal­lie se aards­be­sit­tings ge­weet het, is dui­de­lik aan die rooi skul­di­ge-kleur van sy ge­sig.

Die skin­der­bek steek weer haar hand op. “Hoe­veel is in die fonds?” Pik­ke­wyn ant­woord:“R540 000.” Ons al­mal se a­sem is weg­ge­slaan van skok, voor die ge­praat vin­nig her­vat word. Al­mal won­der waar ’om Kal­lie daai klas geld sou kry?

“Die trust­fonds is tot voor­deel van pres­te­ren­de tie­ners van Bark­ly-Wes wat ná skool ver­der wil stu­deer. Is daar e­ni­ge vrae?”

Dis se­ker die eer­ste keer dat Bark­ly-Wes se stem weg is. In ons dorp is bek­kig­heid ’n erf­stuk wat in dub­be­le maat aan die vol­gen­de ge­ne­ra­sie oor­ge­dra word.

Die man op die ver­hoog buk sy kop oor die pa­pie­re en kyk dan weer op.“In­dien daar geen ver­de­re vrae is nie … Tot­siens, da­mes en he­re.”

Ons, die ou­ens van die win­kel­hoek, is van die eer­stes wat die saal ver­laat. Al­mal het nou be­gin groe­pies vorm en ge­sels; ek kan my nou die ge­skin­der in­dink. Bui­te voel die son lek­ker ná die swaar koel­te bin­ne die saal. Se­an is eer­ste om die stil­te te breek en sê glim­lag­gend.“Jin­ne, ’om Kal­lie het al­mal ge­flous.” “Waar dink jul­le kry hy daai klas geld?” “Hy’t di­a­monds ge­smok­kel,”spot Le­roy. “Ja, en Jo­han­nes die Do­per het d­rugs ver­koop,”vat Wes­ley saam vlam.

Ons wil net spo­re maak toe Pik­ke­wyn na ons aan­ge­stap kom.“Me­neer Bou­word het my ge­vra om dié in jul han­de af te le­wer.”

Ek vat die DVD wat hy aan ons uit­hou, voor hy weer weg­stap. Son­der ’n woord stap ons na Se­an se huis oor­kant die saal. Le­roy sit die DVD in die DVD-spe­ler en gooi hom­self langs Se­an neer. Dis eers toe ’om Kal­lie se stem op­klink, wat Se­an die te­le­vi­sie aan­sit.

Op die TV-skerm sit ’om Kal­lie teen ’n donker ag­ter­grond, sy grys kap­pie skeef op sy kop en die blou oor­pak­baad­jie wat hy al­tyd met trots ge­dra het.“Awé, ou­ens.”

Ná ’n lang tyd voel dit vreemd om hom weer te sien en ons kyk al­mal na die skerm. “Awé, ’om Kal­lie!”koor ons te­rug, kyk dan self­be­wus rond en bars uit van die lag. Trust ’om Kal­lie om ons van­uit die graf te laat lag.

Sy be­ken­de ge­sig glim­lag en trek die ly­ne oor sy ge­sig dui­de­lik na.“Nooit ge­dink ek is ’n ryk en e­du­ca­ted man nie, né?” “Nee!”ant­woord Se­an eer­ste. “De­fi­ni­tief nie,”merk ek op. “Ek het soms ge­won­der. Sy ad­vies was nie dié van ’n on­ge­let­ter­de man nie,”ver­baas Wes­ley ons.

“Ook weer waar, maar ek dink steeds nie so nie,”spot Le­roy.

Toe ’om Kal­lie hom kog­gel deur sy pre­sie­se woor­de aan te haal, bars ons weer uit van die lag. ’om Kal­lie ver­staan ons – hét ons ver­staan – be­ter as e­nig­ie­mand an­ders.

Ons vriend word erns­tig en die donker oë staar ons aan.“Jul­le is soos my – nee, jul­le ís my seuns! Daar­om wil ek my li­fe sto­ry aan jul­le ver­dui­de­lik.”

“Ek’s ge­bo­re en ge­toë in die Kaap. My groot­ou­ers was wel­af; hul­le het ma­te­ri­a­le van In­dië in­ge­voer. Ek het daar ge­ma­tri­ku­leer en is oor­see om te gaan swot by Ber­klee Col­le­ge of Mu­sic, dis ook hoe­kom ek la­ter Bark­ly ge­kies het.” Weer stil­te. “Ek het ver­lief ge­raak op ’n A­me­ri­kaan­se mê­die, Kay­lie, en ons het ’n seun, Et­han, ge­had.”

Ons kyk ver­baas na me­kaar.“Kay­lie en Et­han het ses jaar la­ter . . . ” Hy sluk skie­lik. Sy oë blink voor hy weg­kyk.“… ver­drink. Dit is toe ek na Suid-A­fri­ka en Bark­ly ge­kom het.”

Ná ’n ruk van stil­te lag ’om Kal­lie op die TV.“Ek was nie ’n ge­bo­re Wes­ser nie, maar die men­se van die dorp het my aan­ge­neem. Ten spy­te van hul­le tral­la­las, is hul­le om­gee-men­se. Maar dis jul­le – júl­le het die Wes my ho­me ge­maak. As Et­han ge­leef het, sou ek wou hê hy moes soos jul­le wees; stub­born, smart, sterk en in staat tot e­nig­iets.”

Ons kyk on­ge­mak­lik rond en ek voel hoe die trots in my keel op­klim. In staat tot e­nig­iets – ons glo dit, want dis ’om Kal­lie dié. Hy sal nie vir ons lieg nie. Nooit nie!

Die grys kap­pie word af­ge­haal en hy vryf oor sy bruin bor­sel­kop.“Ek het nooit vir jul­le ge­preek nie, on­se Va­der weet jul­le kry dit ge­noeg van jul ou­ers.” Ons breek van die lag. “Maar ek dink die dood gee my ’n bie­tjie meer voort­va­rend­heid. Oliver Wen­dell Hol­mes het eens ge­sê:‘Te veel men­se sterf nog met mu­siek in hul are. Dik­wels is dit om­dat hul­le ge­reed maak om te leef en voor hul­le dit be­sef, het die tyd van hul­le af weg­ge­hard­loop.’

“Ek wil nie hê jul­le mu­siek moet vir e­wig on­ge­hoord gaan nie – die le­we is ’n lied. Skryf jou eie song in die le­we, vol seer of ge­luk of nos­tal­gie. Jul­le het goeie mu­siek in jul­le. Dit is my e­nig­ste en laas­te wens – ’n bie­tjie he­a­vy – maar nou ja! Ek groet maar, my ou­ens.

“Baie he­a­vy,”merk Wes­ley op toe die DVD af­gaan. Stil­te oor­val ons. Diep ge­dag­tes is nie eint­lik ons ding nie, ons sou net oor sul­ke goed met ’om Kal­lie praat. Dit sal se­ker ’n tra­di­sie van sy her­in­ne­rin­ge wees. ’om Kal­lie is ge­lyk aan diep din­ge!

Le­roy sit vo­ren­toe toe nie­mand weet wat om te sê nie en steek sy hand uit.“’n Be­lof­te vir ’om Kal­lie: ’n Vriend, oom, le­a­der en van die min men­se wat in ons glo … Ons sal ons dro­me volg en be­reik.”

In ’n woor­de­lo­se be­lof­te steek ons han­de soos die mus­ke­tiers saam. Een ding van ons ou­ens van die win­kel­hoek: Ons hou ons be­lof­tes aan ’om Kal­lie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.