Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Inhoud -

Ná meer as 200 uit­ga­wes sou jul­le dink ’n mens sou al ge­woond wees aan die e­mo­sie wat ’n Kui­er-sto­rie in jou bin­ne­ste kan los maak! Maar hier op nom­mer 201 kom slaan dit my weer as­of dit die eer­ste keer is . . .

Kyk, e­mo­sies kom mos saam met ’n Wa­re Le­wens­dra­ma (blad­sy 10), maar ek het nie ge­dink ek sal so aan­ge­raak word deur hoe ’n kind se he­le uit­kyk op die le­we deur ’n bie­tjie om­gee en uit­reik ver­an­der word nie. Ek hoop Au­brey Mey­er van Atlantis se sto­rie leer ons daar is som­mer baie wat ge­wo­ne men­se kan doen om ie­mand se le­we te ver­an­der. Sy af­rig­ter het be­wys dis mak­li­ker as wat ’n mens dink.

In hier­die uit­ga­we het ons ook ’n he­le paar sto­ries oor kin­ders. Die een wat vir my uit­ge­staan het, was be­slis die nu­we plan vir seks­voor­lig­ting in sko­le. Dis dalk om­stre­de, maar ek kan reg­tig al­bei kan­te van die saak sien. Aan die een kant, voel dit da­rem nie reg om vir ’n la­er­skool­kind ’n kon­doom te gee nie, maar as jy kyk in wat­ter rig­ting die wê­reld dees­dae gaan, sou dit na­ïef wees om te wil glo daar is nie kin­ders wat reeds op daar­die jong ou­der­dom met seks be­gin eks­pe­ri­men­teer nie.

Dan moet jul­le be­slis ook nie die heer­li­ke re­sep­te mis nie en jul­le moet na­tuur­lik da­de­lik jul kaart­jies vir Pienk Ple­sier kry! Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.