FACEBOOK

Kuier - - Inhoud -

Ons het die vol­gen­de vraag op Facebook ge­vra en só het ons le­sers ge­ant­woord: Is jy al in jou“ja­re?”Met an­der woor­de, er­vaar jy al me­no­pau­se? Wat daar­van is vir jou die sleg­ste, skok­kend­ste of selfs lek­ker?

In die aan­de op met die kom­ber­se, af met die kom­ber­se, kaal­voet op die koue te­ëls, dan ys­koue voe­te, ter­wyl an­der prag­ti­ge dik jas­sies dra vir die koue, sit en tap die sweet jou af! Dis mos nie fair nie! Ek ob­ject! Lmk! MAC PETERSEN

Dis vir my iets vrees­lik. Die e­wi­ge ge­sweet – ver­al my kop. My ha­re is dor, breek en val uit. Ek kan al vir ja­re nie my ha­re los dra nie; dis te min en kroes. Dis so ver­ner­de­rend. Die koud kry na ko­ken­de hit­te is vrees­lik. MAUREEN RUTLED-

GE-CLOETE

Ek’t nou meer as ses jaar al in my me­no­pau­se. Ek’t ver­skil­len­de hor­moon­pil­le ge­bruik wat my dok­ter voor­ge­skryf het. Voe­te en arms bo die kom­ber­se en in die win­ter (as my) koue arms raak aan (my) man, dan is dit oor­log. Die erg­ste was vir my as ek ha­re was en dit is kroes en lyk nie of jy ooit ha­re ge­was het nie. Ná ’n be­soek aan my oog­arts wat sy vir my vra of ek cho­les­te­rol het, het ek al­les (hor­moon­pil­le) ge­los. Dit het ge­maak dat ek gaan goo­gle het. Ek was ge­skok om die ne­we-ef­fek­te van hor­moon­pil­le te sien. Ek het tot op die plak­kers ook ge­bruik, maar dit het nie veel ge­help nie. Ek ge­bruik nou Man­na Me­no­pau­se Sup­port en dit werk. DARLENE SNYDERS

Ge­luk­kig gaan ek mak­lik hier­deur. Geen warm­gloe­de of sweet nie en is maar baie dank­baar. Ek kry die vroue jam­mer wat so suk­kel. E­LI­ZE DU TOIT

Ek word Sa­ter­dag 55 jaar oud en het nog nooit e­ni­ge me­no­pau­se-simp­to­me ge­kry nie. Ek is se­ker een van die ge­luk­ki­ges en baie bly daar­oor. TRACEY LYNN ROUX

Vir my is die snaak­ste om in ’n ver­trek te kom en dan te won­der,“wat het ek nou weer hier kom maak?” LELANIE PEEKEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.