KERRIEWORSSKOTTEL

Kuier - - In Die Kombuis -

Ge­noeg vir 4 BE­STAND­DE­LE

3 eet­le­pels o­lie 1 groot ui, fyn­ge­kap 1 knof­fel­toon­tjie, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 rooi brand­ris­sie, pit­jies en naat­jies ver­wy­der en fyn­ge­kap 1 eet­le­pel fyn­ge­kap­te of ge­ras­per­de vars gem­mer 1 eet­le­pel ma­ti­ge ker­rie­poei­er 2 eet­le­pels bran­de­wyn ¼ kop­pie bees­vleis­af­trek­sel 1 eet­le­pel di­jon­mos­terd sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 3 gro­te­ri­ge aar­tap­pels, ge­skil en in blok­kies ge­sny 1 kop­pie be­vro­re ert­jies 500 g boe­re­wors, in 3 – 5 cm stuk­kies af­ge­knyp en ge­sny 100 ml room ’n hand vol vars ge­kap­te pie­ter­sie­lie

METODE

Ver­hit die o­lie in ’n swaar­boom­pot wat ook ge­skik is vir die oond. Braai die ui daar­in tot sag en deur­sky­nend. Voeg die knof­fel en ris­sie by en braai vir ’n mi­nuut of twee. Voeg die bran­de­wyn, af­trek­sel en mos­terd by en meng goed. Geur met sout en pe­per en roer die aar­tap­pel­blok­kies deur. Laat lig­gies prut vir 5 mi­nu­te en roer die ert­jies en room by. Rang­skik die stuk­kies wors bo-op en plaas in ’n voor­ver­hit­te oond van 180ºC vir 30 mi­nu­te of tot die wors gaar en mooi bruin is. Sprin­kel die pie­ter­sie­lie bo-oor en be­dien. WENK: Jy kan e­ni­ge tyd die bran­de­wyn weg­laat of met le­moen­sap ver­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.