RO­ME­RI­GE HOENDER-EN-TAMATIEBREDIE

Kuier - - In Die Kombuis -

Ge­noeg vir 4 BE­STAND­DE­LE

1 eet­le­pel bot­ter 2 eet­le­pels o­lie 2 uie, fyn­ge­kap 4 swoerd­lo­se re­pies stre­pie­spek, fyn­ge­kap 1 knof­fel­toon­tjie, ge­kneus en fyn­ge­kap 8 hoen­der­stuk­ke sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 2 eet­le­pels fyn­ge­kap­te vars pie­ter­sie­lie (of 2 tee­le­pels droog) 2 eet­le­pels vars ge­kap­te tie­mie (of twee tee­le­pels droog) 1 x 400 g blik ge­skil­de en ge­kap­te ta­ma­ties 1 x 300 g hou­er kno­pie­sam­pi­oe­ne 1 kop­pie room

METODE

Ver­hit die o­lie en bot­ter in ’n swaar­boom­ka­strol en braai die hoen­der­stuk­ke in sar­sies tot al­kant mooi goud­bruin. Skep uit met ’n gaat­jies­le­pel en hou een­kant. Braai die uie en spek in die­self­de pot tot­dat die uie sag en deur­sky­nend is. Voeg die knof­fel by en braai vir nog ’n mi­nuut of twee. Plaas die hoen­der­stuk­ke te­rug in die pot. Voeg die ta­ma­ties met hul sous, die sam­pi­oe­ne en kruie by en geur met sout en pe­per. Be­dek die pot en laat lig­gies prut vir on­ge­veer 30 – 40 mi­nu­te of tot­dat die hoender sag en gaar is. Voeg die room by en laat so on­be­dek prut vir nog 10 mi­nu­te of tot­dat die meng­sel mooi dik be­gin word. Be­dien met rys of ka­pok­aar­tap­pels en ge­stoom­de groen­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.