PEER-EN-AP­PEL-POE­DING

Ge­noeg vir 6 – 8

Kuier - - In Die Kombuis -

BE­STAND­DE­LE

1 kop­pie sui­ker 200 g bot­ter 2 ei­ers 2 kop­pies meel 2 tee­le­pels bak­poei­er 1 tee­le­pel sout 2 tee­le­pels koek­so­da 1 kop­pie melk 1 tee­le­pel a­syn 2 tee­le­pels va­nil­la es­sen­ce 1 blik Koo-peer­hal­wes in stroop 1 blik Koo- on­ver­soe­te ap­pel­snye ’n Hal­we kop­pie heu­ning ’n Hand vol pe­kan­neu­te vir ver­sie­ring

METODE

Meng die sui­ker en bot­ter saam tot ro­me­rig. Voeg die ei­ers een vir een by. Meng die sout, bak­poei­er en meel in ’n a­par­te bak. Meng die koek­so­da, a­syn en melk a­part saam. Meng dan al­les saam, so­wel as die va­nil­la es­sen­ce. Smeer ’n oond­bak met bot­ter en pak die ap­pel­snye daar­in. Hou drie ap­pel­snye vir ver­sie­ring. Skep die meng­sel bo-op die ap­pels. Pak die pe­re bo-op die meng­sel. Hou die sous van die pe­re vir la­ter. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond teen 180ºC vir 60 mi­nu­te. Ver­hit die sous en heu­ning vir 1 mi­nuut en giet oor die poe­ding. Be­dien met vla, room of room­ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.