VARKTJOP-ENGROENTE-SKOT­TEL

Kuier - - In Die Kombuis -

Ge­noeg vir 4 BE­STAND­DE­LE 1 vin­kel­bol (fen­nel) 1 rooi ap­pel 1 rooi ui 1 suurlemoen 4 knof­fel­toon­tjies, ge­skil maar heel ge­hou 4 eet­le­pels o­lie Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 4 vark­len­de­tjops 1 eet­le­pel Di­jon-mos­terd ½ kop­pie droë ap­pel­bier (ci­der) ’n Hand vol vars­ge­kap­te pie­ter­sie­lie vir gar­ne­ring METODE Sny die vin­kel­bol, ap­pel, ui en suurlemoen in wig­gies en plaas saam met die heel knof­fel­toon­tjies in ’n oond­vas­te bak. Sprin­kel 2 eet­le­pels van die o­lie bo-oor en geur met sout en pe­per. Plaas die bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C vir 30 mi­nu­te. Ver­hit die oor­bly­wen­de 2 eet­le­pels o­lie in ’n pan oor ma­ti­ge tot hoë hit­te. Geur die tjops met sout en pe­per en braai vir on­ge­veer 2 mi­nu­te aan el­ke kant. Meng die mos­terd en die bier en giet oor die tjops in die pan. Laat dit bor­re­lend kook vir on­ge­veer 2 mi­nu­te. Skep die tjops uit en rang­skik tus­sen die groen­te in die oond­bak. Giet die pan­sap­pe oor en bak vir nog 5 mi­nu­te. Sprin­kel die pie­ter­sie­lie bo-oor en be­dien saam met rys of lek­ker ka­pok­aar­tap­pels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.