die kleur van jou slym

Kuier - - Aktueel -

Jou slym se kleur is nie eint­lik ’n aan­dui­ding dat jy ’n in­fek­sie het nie, sê dr. Hat­tingh. ’n Mens kan er­ge si­nus­in­fek­sie hê, ter­wyl die slym deur­sky­nend is, maar dan is daar ge­woon­lik an­der sis­te­mie­se te­kens soos koors en pyn in die si­nus­se. Daar­teen­oor kan slym’n geel/groe­ne­ri­ge kleur hê wan­neer ’n en­siem deur die im­muun­stel­sel ge­ak­ti­veer word om bak­te­rieë wat in die slym ge­vang is, te ver­teer. Die kleur is dus nie nood­wen­dig ’n te­ken van bak­te­rieë soos al­ge­meen ge­glo word nie.“Dus is die sis­te­mie­se simp­to­me en te­kens, of die af­we­sig­heid daar­van, vir ons be­lang­rik om te be­sluit of jy ’n bak­te­ri­ë­le of vi­ra­le in­fek­sie het, en nie die kleur van die slym nie.”

DEUR­SKY­NEND OF WIT

Dr. Fou­rie sê in die mees­te boon­ste-lug­we­gin­fek­sies is die af­skei­ding deur­sky­nend. Wit­te­rig kan be­te­ken dat jy‘n al­ler­gie het, en wit en taai kan be­te­ken dat daar iets soos sis­tie­se fi­bro­se teen­woor­dig is, of selfs‘n vreem­de voor­werp in die neus­ka­naal vas­sit.

BRUIN

Brui­ne­rig dui ge­woon­lik op ou bloed, soos ’n vo­ri­ge bloe­ding of kan selfs dui op meer ag­res­sie­we siek­tes, soos kanker van die si­nus­se. Dr. Fou­rie sê eg­ter ook dat kleur nie nood­wen­dig ’n aan­dui­ding van in­flam­ma­sie is nie.

BLOEDERIGE SLYM

Bloederige slym kom baie keer voor wan­neer neus­slym­vlies uit­droog, of ge­ïr­ri­teer word. Dan bars op­per­vlak­ki­ge aar­tjies mak­li­ker. Dis ge­woon­lik nie iets om oor be­kom­merd te wees nie, sê dr. Hat­tingh.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.