JOU KOS

Saam­bly is goed­ko­per, want jul­le deel im­mers al die kos­te. Maar as die ver­hou­ding ver­suur, kan goed­koop bly jou dalk net plat­sak laat as jul­le nie reg be­plan nie.

Kuier - - Inspirasie - Deur Maretha Botes

Meer paar­tjies kies dees­dae om eers saam te bly voor­dat hul­le af­haak. Som­mi­ge wil eers die kat uit die boom kyk en sien of die ver­hou­ding wel sal werk. An­der wil s­paar vir hul droom­troue en vir baie maak dit een­vou­dig net fi­nan­si­eel sin om die huur en re­ke­nin­ge te deel. Só koop paar­tjies ook goed saam aan. Maar wat ge­beur as so ’n saam­bly­ver­hou­ding op die rot­se be­land? Wie kry wat en het jy e­nig­sins reg­te? Te veel men­se laat hier­die deel van die ver­hou­ding ag­ter­weë, meen ken­ners, en be­land dan in ’n fi­nan­si­ë­le pe­na­rie as ’n ver­hou­ding sou op­breek.

Dit is nood­saak­lik om in e­ni­ge saam­bly­ver­hou­ding te praat oor ’n kon­trak en nie die“wat as”-ge­deel­te te ig­no­reer nie. Wat as jou part­ner sou sterf? Of wat as jul­le ver­hou­ding nie uit­werk nie?

Le­tasha Jo­seph (28) van Jo­han­nes­burg sê sy het op die duur ma­nier ge­leer en sal nooit weer saam­bly son­der om ’n saam­woon­kon­trak te laat op­stel nie.“Ek was 19 en het net ma­triek klaar ge­maak. My pa was maar streng dat ons op ons eie voe­te sou kon staan en het my ses maan­de ge­gee om werk te kry en my eie nes te skrop. Ek was toe reeds in ’n ver­hou­ding met ’n ou wat drie jaar ou­er as ek was, en hy het voor­ge­stel ek trek so­lank by hom in, want ons‘is mos lief vir me­kaar’en het op daai sta­di­um ge­dink ons sou trou. Ek het werk as ’n ont­vangs­da­me ge­kry. Die geld was maar min, maar my kê­rel het baie meer as ek ver­dien. Ons het sta­dig­aan saam din­ge be­gin koop – soos ’n CD-s­pe­ler, ’n sit­ka­mer­bank en ’n ys­kas wat op spe­ci­al was – en ek het heel­te­mal uit my eie sak ’n mi­kro­golf­oond ge­koop.”

Le­tasha sê die ver­hou­ding het ’n paar maan­de lank seep­glad ver­loop, tot ’n vrien­din haar op ’n dag in­ge­lig het dat haar ou haar ver­neuk.“Ek het die ver­hou­ding be­ëin­dig. En dít is waar die non­sens be­gin het.”

Haar boyf­riend se ma en ou­ma het Le­tasha uit die woon­stel ge­gooi met net haar kle­re, tan­de­bor­sel en die mi­kro­golf­oond.“Dit was ’n vies­li­ke ge­veg tus­sen die an­ties en ek. Ek het so ver­ne­derd ge­voel.”

’n Ken­nis wat by ’n pro­ku­reurs­fir­ma ge­werk het, het uit­ge­vind of Le­tasha e­nig­iets kan eis, maar daar was geen kon­trak nie en vir ’n regs­ge­ding het Le­tasha nie kans ge­sien óf geld ge­had nie.

Yo­lan­da Booy­sen, ’n pro­ku­reur van P­re­to­ria, sê baie min paar­tjies wat saam­bly, be­sef hul­le kan ’n saam­woon­kon­trak laat op­stel. En in­dien hul­le dit be­sef, is min paar­tjies be­reid of lus vir die moei­te. “Ek dink een re­de is dat so ’n ver­hou­ding min­der for­meel as ’n hu­we­lik is. Wan­neer men­se trou, is ’n kon­trak bo-aan hul­le to do list. Maar saam­bly ge­beur op ’n min­der for­me­le ma­nier. Die par­tye dink moont­lik nie voor­af dat van hul­le ba­tes en­so­voorts ver­stren­gel gaan raak nie en be­sef dan te laat daar is nie voor­sie­ning ge­maak vir die moont­lik­heid nie. Paar­tjies wil ook ver­my om by aan­vang van ’n saam­bly­ver­hou­ding reeds die moont­lik­heid van die be­ëin­di­ging van die ver­hou­ding te be­spreek,”sê sy.

“Ja,”sê Yo­lan­da. Jou tes­ta­ment en deur by­voor­beeld jou le­wens­maat se be­son­der­he­de te re­flek­teer as be­guns­tig­de op po­lis­se, kan jou in ’n ma­te by ’n ge­val van af­ster­we be­skerm, maar as die ver­hou­ding be­ëin­dig word, is ’n

saam­blykon­trak die bes­te ma­nier.

Ma­ri­cha B­rits, ’n pro­ku­reur van Alberton, sê dis ’n mi­te dat jou reg­te ou­to­ma­ties be­skerm word wan­neer jy lank saam met ie­mand bly.“Son­der ’n kon­trak kan daar baie pro­ble­me op­duik,”waar­sku sy. As jul ver­hou­ding sou on­der­gaan, het jy nie ou­to­ma­ties die reg op on­der­houd nie. As ei­en­dom net op jou part­ner se naam ge­re­gis­treer is, is hy die al­leen­ei­e­naar, al het jy tot die ver­band by­ge­dra of an­der huis­hou­de­li­ke uit­ga­wes ge­dek.

SÓ werk die kon­trak

Ad­vo­kaat Ri­a­ni Fer­rei­ra van P­re­to­ria ver­dui­de­lik:“Dit is ’n ge­wo­ne kon­trak wat op skrif ge­stel en deur al­bei par­tye ge­te­ken word – ver­kies­lik met ge­tui­es. Dit kan re­ë­lings be­vat rond­om al­le fi­nan­si­ë­le as­pek­te sou e­ni­ge van die par­tye te ster­we kom of as die ver­hou­ding be­ëin­dig sou word.”

Die kon­trak be­skerm by­voor­beeld die be­sit­tings wat elk­een voor die saam­wo­ne­ry ge­koop het en kan ’n groot ver­skil maak sou een van jul­le son­der ’n op­ge­da­teer­de tes­ta­ment sterf. Son­der ’n kon­trak of op­ge­da­teer­de tes­ta­ment (wat jou in­sluit) kan jou part­ner se ma, broer, sus­ter of kin­ders met al jou be­sit­tings weg­loop. Son­der ’n kon­trak kan die bal­ju op jóú be­sit­tings be­slag lê sou jou part­ner se be­sig­heid on­der­gaan.

Ri­a­ni sê só ’n kon­trak sal eg­ter nie voor­rang ge­niet bo tes­ta­men­tê­re be­pa­lings nie. Ge­woon­lik is paar­tjies ver­sig­tig en moont­lik dalk te ver­lief om dit te waag om ’n kon­trak voor te stel, maar ’n goeie op­los­sing daar­voor is dat hul me­kaar wil be­skerm ook teen an­der fa­mi­lie­le­de sou die ver­hou­ding be­ëin­dig word.

Dit moet eg­ter dui­de­lik ver­staan word dat die­self­de-ge­slag- en he­te­ro­sek­su­e­le ver­hou­dings die op­sie het om krag­tens die Ci­vil U­ni­on Act hul ver­hou­ding of ven­noot­skap te laat re­gis­treer. Hier­die wet bied dan die­self­de be­sker­ming aan paar­tjies as­of hul­le ge­troud is. In ’n on­lang­se Grond­wet­li­ke saak het die Grond­wet­hof be­vind dat die le­wens­maat van die oor­le­de­ne nog steeds in­tes­taat (son­der ’n tes­ta­ment) kan erf om­dat hy kon be­wys dat hy en die oor­le­de­ne vir ’n lang ter­myn as le­wens­maats saam­ge­leef het al het hul nooit op e­ni­ge wy­se hul ver­hou­ding ge­re­gis­treer of ge­for­ma­li­seer nie.

“My ad­vies is eg­ter steeds dat paar­tjies aan­ge­moe­dig moet word om ’n oor­een­koms met me­kaar aan te gaan wan­neer hul be­sluit om saam in te trek,”sê Ri­a­ni.

Toe­ge­wings

As jy fi­nan­si­eel (ge­heel of ge­deel­te­lik) van jou part­ner af­hank­lik was en hy nie meer kan werk nie weens siek­te, kan jy ver­goe­ding eis. As hy sou sterf en lid was van ’n pen­si­oen­fonds kan jy moont­lik as af­hank­li­ke kwa­li­fi­seer. En, as jou part­ner ge­weld­da­dig is teen­oor jou, kan jy krag­tens die

Wet op Ge­sins­ge­weld be­sker­ming kry.

Wat moet jy oor­weeg wan­neer jul­le ’n kon­trak op­stel?

Wat ge­beur in ge­val van dood of be­ëin­di­ging van die ver­hou­ding met on­roe­ren­de ba­tes (soos ’n huis/woon­stel), roe­ren­de ba­tes (soos ’n TV) en skuld. Wie is ver­ant­woor­de­lik vir be­ta­ling van wat.

Hoe werk le­nings in­dien geld by­voor­beeld oor en weer“ge­leen”word.

Ook oor prak­tie­se goed kan oor­een­ge­kom word, soos: As die ver­hou­ding be­ëin­dig word, wie trek uit. Hoe gaan ’n par­ty die een wat uit­trek fi­nan­si­eel by­staan om te her­ves­tig (by­voor­beeld de­po­si­to, trek en­so­voorts). Is ’n fi­nan­si­ë­le by­drae ten aan­sien van die an­der par­ty (nie kin­ders nie, hul­le het ’n reg op on­der­houd) be­taal­baar of vir ’n pe­ri­o­de (re­ha­bi­li­te­rend) be­taal­baar as die ver­hou­ding be­ëin­dig word.

Wat ge­beur as daar nie ’n kon­trak is nie?

Jy is slegs ge­reg­tig op die ei­en­dom wat jy self ge­koop het en be­sit. As paar­tjie is jul­le ge­reg­tig daar­op om pro­por­si­o­neel in die ba­tes te deel in ter­me van wat jul­le on­der­skeie by­dra­es tot die ver­hou­ding was. El­ke per­soon moet kan be­wys wat­ter ba­tes hul­le ge­koop het. ’n Hof kan ge­na­der word as daar ’n dis­puut is. Dis ’n goeie i­dee om al­le be­wy­se van aan­ko­pe te hou.

Kan ek hof toe gaan?

Ja, jy kan, maar dis nie nood­wen­dig kos­te-ef­fek­tief as die dis­puut han­del oor los ba­tes nie, sê Yo­lan­da.“Waar par­tye wel ge­ad­vi­seer word om te li­ti­geer, is in ge­val­le waar daar moont­lik ’n saak uit­ge­maak kan word op grond van ’n U­ni­ver­se­le Ven­noot­skap. (Al­bei ven­no­te moet by­dra tot die ven­noot­skap, ven­noot­skap moet be­dryf word tot al­bei ven­no­te se voor­deel en die doel­wit van die ven­noot­skap moet wins wees.) Dit is eg­ter ’n duur, uit­ge­rek­te pro­ses en ’n ri­si­ko.

“In my o­pi­nie sal me­di­a­sie die ge­pas­te pro­ses wees om in ge­val van ’n dis­puut te volg. ’n On­af­hank­li­ke me­di­a­tor sal die par­tye be­hulp­saam wees om op ’n ge­ly­ke voet met me­kaar te kom­mu­ni­keer en ’n oor­een­koms ra­ken­de die dis­pu­te te be­reik. Die par­tye kan deur mid­del van me­di­a­sie ’n reg­ver­di­ge oor­een­koms be­werk­stel­lig, son­der die nood­saak­lik­heid van ’n gel­di­ge regs­ba­sis. Me­di­a­sie is on­der meer ’n goed­ko­per en vin­ni­ger pro­ses om so ’n dis­puut te fi­na­li­seer.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.