JOU KIND: Kry só hulp as jou kind er­ge trau­ma be­leef het

Kin­ders bly dik­wels stil oor iets wat met hul­le ge­beur het om­dat hul­le bang is, maar hul­le móét met ie­mand daar­oor kan praat.

Kuier - - Inhoud - DEUR jackie pie­naar-b­rink Skuil­naam

Die mei­sie was 14 jaar oud toe sy uit haar eie by die trau­maC­li­nic om hulp aan­ge­klop het. Sy was erg de­pres­sief en die hoof­re­de daar­voor het eers ná ver­skeie ses­sies uit­ge­kom: haar oom wat haar her­haal­de­lik van ’n jong ou­der­dom af ver­krag het.

Tot in daar­die s­ta­di­um het sy glad nie daar­oor ge­praat nie, om­dat sy bang was vir die ge­vol­ge in­dien sy dit sou doen. Die ge­du­ri­ge ge­dag­tes aan die ver­krag­tings, die nag­mer­ries en haar ge­paard­gaan­de swak self­beeld het haar eg­ter uit­ein­de­lik daar­toe ge­dryf om hulp te soek.

Ge­luk­kig was daar gra­tis hulp be­skik­baar in die vorm van die trau­maC­li­nic, wat ’n uit­reikak­sie in vier min­der­be­voor­reg­te sko­le in die Wood­stock-om­ge­wing in Kaap­stad be­dryf.

Ger­rit van Wyk, be­stu­ren­de di­rek­teur van dié kli­niek en ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge wat wyd be­skou word as ’n ken­ner op die ge­bied van siel­kun­di­ge trau­ma, ver­tel die mei­sie was angs­be­van­ge oor die uit­wer­king wat dit op haar fa­mi­lie sou hê as die ver­krag­tings moes uit­kom.“Ons het ’n he­le tyd­jie lank alle moont­li­ke sce­na­rio’s en haar re­ak­sie daar­op deur­ge­werk voor­dat ons haar ou­ers in­ge­lig het.”

Soos so baie keer die ge­val is, was hul­le to­taal on­be­wus van wat onder hul neu­se aan die gang was. In haar ge­val het dit ge­luk­kig goed af­ge­loop en het haar ou­ers haar vol­ko­me on­der­steun.

Ger­rit se groot be­lang­stel­ling is deur­lo­pen­de trau­ma, iets wat vol­gens hom die wê­reld oor groot­liks hand aan hand loop met ar­moe­de. DIs dalk net te pyn­lik Dis ont­stel­lend hoe al­ge­meen ver­al her­haal­de ver­krag­tings voor­kom in die sko­le waar­by hul­le be­trok­ke is, sê Ger­rit. Dis ook glad nie vreemd dat leer­ders wat hul­le om hulp na­der, nog nie daar­oor ge­praat het nie.

Daar kan ver­skeie re­des voor wees, soos dat dit vir die per­soon dood­een­vou­dig e­mo­si­o­neel te pyn­lik is.

Die har­de werk­lik­heid is eg­ter ook dat die slag­of­fer dik­wels nie durf praat nie om­dat sy of hy af­hank­lik is van die oor­tre­der. Of die ver­krag­ter of mo­les­teer­der is ’n fa­mi­lie­lid en die slag­of­fer be­sef deur daar­oor te praat, gaan dit tot ge­wel­di­ge pro­ble­me vir die fa­mi­lie lei.

Laas­ge­noem­de is on­ge­luk­kig nie ver­ge­sog nie. Uit on­der­vin­ding weet Ger­rit en sy span dat so iets wel ’n fa­mi­lie kan skeur. Dit kan tot ge­wel­di­ge an­ta­go­nis­me lei of die slag­of­fer – wat reeds so ge­suk­kel het om moed by­me­kaar te skraap om te ver­tel wat ge­beur het – moet hoor dat sy of hy nie ge­glo word nie of, nog er­ger, ’n aan­deel ge­had het aan dit wat ge­beur het.

’n An­der re­de kan wees dat hul­le te skaam is om met e­nig­ie­mand daar­oor te praat, ver­al as die oor­tre­der ’n fa­mi­lie­lid of fa­mi­lie­vriend is.

In ver­stom­mend baie ge­val­le kom trau­ma van sek­su­e­le aard al van ’n vroeë ou­der­dom af aan, ver­tel Ger­rit, wat in­tus­sen ook die hulp­lyn Trau­ma­li­ne be­gin het.

Die jong­ste slag­of­fer waar­van hy weet, was maar vier jaar oud toe sy die eer­ste keer ver­krag is.“Baie kin­ders het geen ge­heue van wat hul­le op daar­die ou­der­dom mee­ge­maak het nie. In die ge­val van vroeë trau­ma lyk dit eg­ter of daar ’n sterk im­print in die ge­heue is en dat hul­le die de­tail daar­van ont­hou,”sê hy.

Sy on­der­vin­ding is dat dit in die mees­te ge­val­le in de­pres­sie eer­der as die ti­pie­se simp­to­me van pos­t­trau­ma­tie­se stres ma­ni­fes­teer.

As hy te­rug­kyk hoe­veel leer­ders al by hul­le op­ge­ëin­dig het as ’n eer­ste vei­li­ge

ha­we waar hulp ge­soek kon word, kan hy hom net voor­stel dat daar veel meer is wat nooit hulp kry nie – nie net in hier­die sko­le nie, maar ook daar bui­te. Hy is ook se­ker nie al­mal sal noem dat hul­le nou vir die eer­ste keer daar­oor praat nie en dat dit aan­sien­lik meer ke­re die ge­val is as waar­van hul­le be­wus is.

Be­ra­ders word in­ge­vol­ge die Kin­der­wet ver­plig om voor­val­le van hier­die aard by die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke diens­te aan te meld.“Maar hul­le is oor­werk en reageer net op kri­tie­ke ge­val­le,”lig Ger­rit een van hul pro­ble­me uit.“Nou moet ons met die fa­mi­lie praat, maar ons kan nie net met die fei­te vo­ren­dag kom voor­dat die kind reg is om daar­oor te praat nie. Dit vat ge­woon­lik ’n tyd­jie.

“’n Ver­de­re pro­bleem is dan ge­woon­lik om die ou­ers te kry om die kind te on­der­steun eer­der as om ver­gel­ding te soek en ’n oor­log te be­gin. Dit is juis wat die kind nié wil hê nie en so iets sal die slag­of­fer net nog er­ger laat voel.”

moe­nie stil­bly nie!

Dis eg­ter nie net trau­mas van ’n sek­su­e­le aard wat kin­ders erg af­fek­teer nie. Dit kan selfs ge­beur dat ’n he­le ge­sin ná ’n tra­ge­die – soos die dood van ’n kind – in ont­ken­ning gaan.

Lee-Ann Wil­lem­se*, wat nou in haar vyf­tigs is, ver­tel dat ’n groot swye oor hul­le huis toe­ge­sak het na­dat haar e­nig­ste broer op 19-ja­ri­ge ou­der­dom in ’n skiet­voor­val dood is.

Sy het toe so pas st. 9 (gr. 11) vol­tooi.“In ons huis is my broer se naam nooit weer ge­noem nie. Dit was net te pyn­lik. ’n Vrien­din het my ma een­keer aan­ge­raai om my broer nie ’n twee­de keer te laat sterf deur nooit sy naam te noem nie. My ma het ge­ant­woord sy kán nie: Dis net te erg.”

On­langs was Lee-Ann op die in­ter­net op soek na in­lig­ting oor haar ou­pa. Die skok was groot toe sy skie­lik ook op in­lig­ting af­kom oor haar broer, wat die fa­mi­lie­voor­na­me ge­had het.“Des­tyds was die in­ter­net nog net ’n pie in the sky en met wens­den­ke­ry het dit op daar­die oom­blik am­per ge­voel as­of my broer ná meer as d­rie de­ka­des weer tas­baar ge­word het, net om­dat sy naam in so ’n mo­der­ne me­di­um ver­skyn het,”ver­tel sy.

Wan­neer ’n broer of sus­ter sterf, moet ’n tie­ner nie net die wre­de re­a­li­teit van die dood op daar­die bro­se ou­der­dom ver­werk nie, maar ook er­vaar hoe sy of haar ou­ers ly, s­pel Lee-Ann dit uit.

In haar ge­val het men­se wat dit goed be­doel het, oor en oor ge­troos: Daar is ’n doel met al­les.“Jam­mer,”sê Lee-Ann,“ek kon dit nooit in­sien nie. Ek sien wel ’n krom ma, wat steeds ge­reeld in tra­ne is oor die on­noem­ba­re tra­ge­die.”

Práát daar­oor, is haar raad. As dit nie moont­lik is om as ge­sin dit te doen nie, praat met men­se wat jy reeds ken en ver­trou, of kry be­ra­ding.“Som­mi­ge tie­ners sal dalk suk­kel om hul ge­voe­lens met ’n vreem­de­ling te deel; vir an­der sal dit weer mak­li­ker wees om met ’n vreem­de­ling daar­oor te praat.”

Baie kin­ders se ou­ers kan hul­le nie help nie om­dat hul­le hul­self nie kan help nie, voeg sy by. En baie – soos ha­re – glo nie in siel­kun­di­ge be­han­de­ling nie.“Maar om net stil te bly is dalk die mak­lik­ste uit­weg, maar uit­ein­de­lik haal dit al­mal in.”

Lee-Ann self het eers op 40-ja­ri­ge ou­der­dom vir be­ra­ding ge­gaan, toe sy be­sef het dat sy weens de­pres­sie hulp no­dig het.

Wan­neer siel­kun­di­ge trau­ma ter spra­ke is, is self­mu­ti­la­sie ’n baie al­ge­me­ne ver­skyn­sel, ver­tel Ger­rit. Dis wan­neer slag­of­fers – ge­woon­lik met skuld- en self­blaam­ge­voe­lens – hul­self met lem­me­tjies of an­der skerp voor­wer­pe sny. Die mu­ti­la­sie is dik­wels op die arms en net bo­kant die pols so­dat moue dit kan weg­steek.

Vol­gens hom is daar baie te­o­rieë hier­oor, maar word daar al­ge­meen aan­vaar dat dit nie werk­lik self­moord­po­gings is nie. Sta­tis­tie­ke toon eg­ter dat daar wel ’n ho­ër self­moord­nei­ging is onder die­ge­ne wat self­mu­ti­la­sie toe­pas.

Daar is ook an­der te­kens wat die rooi lig­te vir naas­be­staan­des moet laat flik­ker.

Let in die nor­ma­le gang van sa­ke op ge­drags­ver­an­de­ring, be­veel Ger­rit aan.“Mens sien ’n ver­an­de­ring in die per­soon se slaap­pa­troon of skool­werk. Daar is te­kens van de­pres­sie. Die kind kan nie kon­sen­treer nie, kan ont­trek, is ge­ïr­ri­teerd, huil mak­lik, wil nie meer uit­gaan nie of – die teen­oor­ge­stel­de – wil nie meer by die huis bly nie.”

Dik­wels is ou­ers in ar­mer ge­meen­skap­pe eg­ter weens hul om­stan­dig­he­de sélf so ge­stres dat hul­le dit nie op­merk nie. “Som­mi­ge sal die kind ’n pak slae gee of sê die kind is net vol non­sens. Maar ons vind tog dat die mees­te ou­ers dit as po­si­tief er­vaar wan­neer ons hul­le oor ’n pro­bleem in­roep.”

Help só jou kind

Wat staan ou­ers in min­der­be­voor­reg­te ge­meen­skap­pe te doen as hul­le merk daar is fout?

“Om stres te oor­kom, het mens toe­gang tot bron­ne soos ’n me­die­se fonds no­dig,” sê Ger­rit.“Ons pro­beer kyk wat­ter bron­ne daar in die ge­meen­skap­pe is wat ie­mand deur ’n trau­ma­tie­se er­va­ring kan help. Baie keer is dit maar die kerk of ’n in­for­me­le soort van on­der­steu­ning­sis­teem soos fa­mi­lie of vrien­de.”Ver­al in die a­do­les­sen­te­fa­se kan vrien­de ’n groot im­pak hê, sê Ger­rit. Waar die huis­li­ke om­stan­dig­he­de so­da­nig is dat daar nie veel hoop is dat iets po­si­tiefs gaan ge­beur nie, pro­beer Ger­rit-hul­le hard om bin­ne ’n groep­si­tu­a­sie te werk so­dat die a­do­les­sen­te me­kaar kan on­der­steun en daar tog ’n om­ge­wing is waar hul­le hul­self kan vind.

Ge­meen­skaps­ge­ba­seer­de ge­sond­heids­diens­te sou vol­gens hom ’n waar­de­vol­le rol kan ver­vul.“Die ver­pleeg­per­so­neel in kli­nie­ke moet eint­lik ook self siel­kun­di­ges wees, maar on­ge­luk­kig is hier­die men­se so oor­werk dat hul­le moeg en soms geir­ri­teerd is.”

Ger­rit hoop dat die trau­maC­li­nic teen vol­gen­de jaar ’n kli­niek in Eer­ste­ri­vier van die grond af sal kry. Dié kli­niek ver­skaf al ja­re lank op­lei­ding aan in­terns van oor die wê­reld heen en hul­le sal daar onder toe­sig er­va­ring kan op­doen ter­wyl brood­no­di­ge siel­kun­di­ge diens­te ter­self­der­tyd gra­tis ge­le­wer kan word.

Die kind kan nie kon­sen­treer nie, kan ont­trek, is ge­ïr­ri­teerd, huil mak­lik, wil nie meer uit­gaan nie . . . Ger­rit van Wyk

40

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.