VER­HOU­DINGS: Wan­neer is kwaad word sÓ erg dat jy dalk ’n woe­de-pro­bleem het?

Woe­de is ’n nor­ma­le e­mo­sie – tot­dat dit die men­se om jou seer­maak. Die vraag is, het jý dalk ’n pro­bleem?

Kuier - - Inhoud - DEUR ELMARINE AN­THO­NY * Skuil­naam

Daar is el­ke dag tal­le din­ge wat ons kwaad maak. Tax­i­be­stuur­ders, men­se wat in ’n lyn in­beur en sleg­te ma­nie­re – dís maar net ’n paar van die goed wat Suid-A­fri­ka­ners se bloed laat kook, vol­gens ’n 2015-me­nings­pei­ling deur P­har­ma Dy­n­a­mi­cs. Dan is daar goed in ver­hou­dings wat jou ook kan om­krap, soos wan­neer jou man al­wéér sy vuil sok­kies laat rond­lê of vrou­lief ver­geet om pe­trol in die kar te gooi.

Daar is eg­ter ’n groot ver­skil tus­sen kwaad word weens al­le­daag­se din­ge en diep­lig­gen­de woe­de wat lei tot die ver­ba­le en fi­sie­ke mis­han­de­ling van an­der men­se. Laas­ge­noem­de is iets wat on­ge­luk­kig daag­liks in tal­le Suid-A­fri­kaan­se huis­hou­dings plaas­vind.

Mi­la A­bra­hams* (48) van P­re­to­ria sê die at­mos­feer by haar skoon­ou­ers se huis in die Kaap is“per­ma­nent ge­span­ne”. Wan­neer sy en haar man gaan kui­er, sit al­mal net on­ge­mak­lik rond en sê nie ’n woord nie. Sy sê haar s­koon­pa (haar man se stief­pa), wat in sy ses­tigs is, word kwaad oor e­nig­iets soos mo­tors wat in sy dri­veway in­draai en die bu­re se mu­siek wat te hard speel.“Hy skree en vloek ge­reeld vir my skoon­ma as sy, vol­gens hom, te lank maak met die kos of wan­neer hy geld soek vir drank. Jy hoef nie iets te doen nie. Hy skel en raas soos ’n mal ding oor nie­tig­he­de. Die an­der fa­mi­lie­le­de gaan kui­er nie meer daar nie. Dis net ons wat nog daar­na­toe gaan vir my skoon­ma se ont­hal­we. Die an­der

men­se wat in die huis bly, is al so ge­woond aan dit, maar na­tuur­lik is dit ont­stel­lend vir ons. Ge­luk­kig woon ons ver van hul­le af,” ver­tel sy.

‘Dis húl­le skuld!’

Mi­la sê din­ge gaan al ja­re só en haar s­koon­pa glo nie daar is fout met hom nie. “Al­mal is ver­keerd be­hal­we hy.” Haar man het een­dag sy stief­pa voor die bors ge­gryp na­dat hy sy ma ge­vloek het. Sy stief­pa het toe die po­li­sie ge­bel en ge­sê sy stief­seun het hom aan­ge­rand.“Die po­li­sie het ge­sê ons moe­nie wor­ry nie, want hul­le weet van hom. Hy maak ge­du­rig mo­les by die huis en is gou om die po­li­sie te bel, al is hy die pro­bleem. Al­mal in die huis is bang om iets vir hom te sê, want hy haal dit op my skoon­ma uit.” Mi­la kry die ge­voel haar s­koon­pa pro­beer haar man uit­lok deur so aan te gaan met haar skoon­ma. Sy sê haar man het van klein­tyd af ge­sien hoe sy stief­pa sy ma fi­siek aan­rand en hul­le dink hy doen dit nog steeds. Vol­gens die 2014/2015 Victims of C­ri­me Sur­vey deur Sta­tis­tiek SuidA­fri­ka, was 29,2% van aan­ran­dings in dié tyd­perk deur ’n eg­ge­noot of min­naar. Al­te­saam 38,6% van die aan­ran­dings het in die huis plaas­ge­vind en die slag­of­fers het “skie­li­ke per­soon­li­ke woe­de” vir 23% van die aan­ran­dings bla­meer. Vol­gens Sta­tis­tiek Suid-A­fri­ka se De­mo­graphic and He­alth Sur­vey 2016 was 1 uit 5 Suid-A­fri­kaan­se vroue al die slag­of­fers van ge­weld deur ’n maat. Vol­gens S­hel­ton Kar­tun, ’n ken­ner in an­ger ma­na­ge­ment en stig­ter van die An­ger Ma­na­ge­ment and Stress Cen­t­re in Kaap­stad, het diep­lig­gen­de woe­de ge­woon­lik ’n lang ge­skie­de­nis. Daar is kwes­sies wat dalk ge­du­ren­de ie­mand se kin­der-of a­do­les­sen­te dae op­ge­kom het en die woe­de is dus on­op­ge­los. Die ont­sto­ke re­ak­sie is ge­woon­lik meer ek­streem en kan lei tot woe­de of fi­sie­ke en ver­ba­le mis­han­de­ling, ver­dui­de­lik S­hel­ton. Wilf­red Ja­nu­a­rie* (47) se aan­ge­no­me ou­ers het baie ge­drink en sy pa het sy ma ge­reeld aan­ge­rand. Sy ma het selfs een keer sy pa met ’n pot kook­wa­ter ge­gooi. “As my pa kwaad was vir my ma, het hy ons al­bei uit die huis ge­smyt.”

Ten spy­te hier­van, sê Wilf­red hy weet nie waar sý woe­de van­daan kom nie. Hy er­ken dat hy ge­reeld vloek en skree op sy vrou en kin­ders. Sy een seun praat nie meer met hom nie en hy het ál sy vrien­de weg­ge­stoot. Sy baas het hom al ge­dwing om ver­lof te neem om sy“kop op die reg­te p­lek te kry”.“Hy het ge­sê al­mal by die werk is moeg vir my mood swings.”

Wilf­red er­ken hy be­han­del sy vrou en kin­ders (26, 21 en 12) sleg.“Ja, ek vloek selfs op my 12-ja­ri­ge seun. Ek luis­ter nie wan­neer hul­le met my praat nie of as hul­le praat, gee ek ’n sleg­te ant­woord. La­ter voel ek sleg en vra om ver­sko­ning. Par­ty­keer wan­neer ek uit­bars teen­oor hul­le, gaan sit elk­een net in hul eie hoe­kie.”Hy en sy 21-ja­ri­ge seun het al selfs me­kaar aan­ge­rand. Hy wens hy kan met ie­mand praat, maar het nie meer vrien­de nie en wil nie sy vrou ver­der laat stres nie.“Ek wou al vir die af­ge­lo­pe d­rie jaar na ’n siel­kun­di­ge gaan, maar iets val al­tyd voor. Ek wil net ’n bie­tjie af­laai, want ek laai nie meer af nie. Ek kon af­laai toe ek nog vrien­de ge­had het. Ek voel daar gaan al­tyd ’n ver­sko­ning wees om nie ’n siel­kun­di­ge te gaan sien nie. Ons mans het mos baie groot ego’s.”

Woe­de is baie per­soon­lik, vol­gens S­hel­ton. Par­ty men­se is meer in­ge­stel om kwaad te word oor din­ge as an­der men­se. An­der men­se voel ge­grief oor iets en word baie ver­de­di­gend deur woe­de te ge­bruik en hul­le neem din­ge per­soon­lik op of hou dalk nie daar­van wan­neer hul­le nie hul sin kry nie.

“Ons moet be­sef wan­neer ie­mand kwaad word, laat hul­le a­dre­na­lien vry en word ir­ra­si­o­neel,”meen S­hel­ton. Hul­le gaan baie keer in“fig­ht mode”en in die oom­blik sien hul­le klein din­ge as ’n groot pro­bleem waar­op hul­le moet reageer. Wan­neer daar geen dui­de­li­ke re­de is hoe­kom ie­mand kwaad word nie, mag dit wees dat hul­le ge­stres is of op­ge­hoop­te e­mo­sies het of een­vou­dig net in ’n sleg­te bui is.

ís dit ’n pro­bleem?

By die An­ger Ma­na­ge­ment-sen­trum leer S­hel­ton dat woe­de ’n nor­ma­le, na­tuur­li­ke, mens­li­ke e­mo­sie is wat deur ’n se­ke­re si­tu­a­sie ver­oor­saak word. Dit moet eg­ter kor­rek han­teer word. Dit word ’n pro­bleem wan­neer ie­mand be­heer ver­loor en ver­baal of fi­siek be­le­di­gend teen­oor an­der men­se word. ’n Per­soon se woe­de is dalk deur sy ou­ers of sy eie per­soon­lik­heids­ti­pe ge­vorm, sê S­hel­ton oor die oor­sprong van woe­de. Dit word ook dik­wels ge­as­so­si­eer met al­ko­hol- en dwelm­mis­bruik, wat ’n per­soon se self­be­heer ver­min­der.“Dit is die sterk­ste van alle mens­li­ke e­mo­sies en kan ui­ters ge­vaar­lik wees as dit mis­bruik word. Dit kan ’n in­stru­ment word om jou sin te kry. Woe­de word ver­oor­saak deur ’n si­tu­a­sie waar­van ie­mand nie hou nie en lei tot ’n ou­to­ma­tie­se re­ak­sie in die oom­blik son­der om aan die ge­vol­ge te dink.” Dik­wels is te­ra­pie no­dig om ie­mand te help om deur hul kwes­sies te werk. S­hel­ton stel voor dat só ’n per­soon met ie­mand praat wat hul­le ver­trou as hul­le nie pro­fes­si­o­ne­le hulp kan be­kos­tig nie.“Skryf oor din­ge en leer om kwes­sies wat uit die ver­le­de kom, te laat gaan om­dat die ver­le­de nooit ver­an­der kan word nie.” Be­lang­ri­ke ba­sie­se din­ge om woe­de te be­heer, is om al­tyd jou­self te stop om in die oom­blik te reageer deur te kal­meer en“ti­me out”te neem.“Haal diep a­sem en gee dan jou­self tyd om te dink oor al­les so­dat jy kan be­sluit of dit be­ter is om iets te laat gaan of om met ie­mand te praat oor wat jou pla. Ons moet al­tyd pro­beer om nie be­heer te ver­loor nie,”sê S­hel­ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.