AKTUEEL: Die wet­te is daar, maar het vroue werk­lik die­self­de reg­te as mans?

Die wet sê mans en vroue is ge­lyk, maar geld dit reg­tig in die huis en werk­plek? En kan ons praat van ge­slags­ge­lyk­heid ter­wyl vroue daag­liks ver­niel en ver­moor word?

Kuier - - Inhoud - DEUR ERNUSTA MARALACK

El­ke jaar met Vrou­e­maand skyn die lig ’n bie­tjie hel­der­der op vrou­e­kwes­sies. Dis net reg en brood­no­dig, ver­al om­dat vroue dui­de­lik steeds aan die kort­ste ent trek wat hul vei­lig­heid en e­ko­no­mie­se voor­uit­gang be­tref. Maar so­dra Vrou­e­maand ver­by is, raak dit weer stil en is dit weer“bu­si­ness as u­su­al”tot De­sem­ber wan­neer die 16 dae van ak­ti­vis­me teen ge­weld teen vroue en kin­ders aan die beurt kom.

Ons hoef net nuus­ge­beu­re te volg om te sien vroue en kin­ders is waar­skyn­lik die kwes­baar­ste men­se in ons sa­me­le­wing, met na­vor­sing deur die Suid-A­fri­kaan­se Me­die­se Na­vor­sings­raad (SAMNR) wat aan­dui ’n vrou word el­ke agt uur in SuidA­fri­ka deur haar in­tie­me maat (haar man, kê­rel of eks­man of -kê­rel) ver­moor. Hier­die ver­skyn­sel staan in die na­vor­sings­veld as in­ti­ma­te fe­mi­ci­de be­kend.

Maar ter­self­der­tyd leef ons in ’n tyd waar vroue dank­sy die Grond­wet, die Wet op Diens­bil­lik­heid (em­ploy­ment e­qui­ty) en swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging (BEE), meer ge­leent­he­de vir e­ko­no­mie­se voor­uit­gang het in ver­ge­ly­king met vroue van

et­li­ke de­ka­des ge­le­de.

Hier­die soort wet­ge­wing klink in­druk­wek­kend op pa­pier om­dat dit in be­gin­sel vroue (en voor­heen be­na­deel­de groe­pe) be­mag­tig, maar dit be­te­ken eg­ter nie die speel­vak is in die prak­tyk heel­te­mal ge­lyk of dat wet­ge­wing vroue be­skerm soos wat dit moet nie.

Vol­gens ’n ver­slag deur Sta­tis­tiek SuidA­fri­ka, Gen­der Se­ries Vo­lu­me I: E­co­no­mic

Em­po­wer­ment, 2001– 2014, “het Suid-A­fri­ka uit­ste­ken­de be­lei­de en pro­gram­me ter on­der­steu­ning van vroue se e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging, maar daar is steeds ga­pings om ge­slags­ge­lyk­heid in e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie te be­reik”.

Só by­voor­beeld suk­kel plat­te­land­se vroue om die­self­de op­voe­ding en vaar­dig­he­de as mans te kry; is daar on­ge­ly­ke toe­gang tot sa­ke- en fi­nan­si­ë­le diens­te; en er­vaar baie vroue strui­kel­blok­ke wat hul­le be­perk om hul eie ba­tes te be­sit en te be­heer.

Wat ge­weld teen vroue be­tref, lui ’n 2012-ver­slag deur die SAMNR dat“ge­weld deur ’n in­tie­me maat nou die hoof­oor­saak van sterf­tes is onder vrou­li­ke moord­slag­of- fers met 56% van vrou­e­moor­de wat deur ’n in­tie­me maat ge­pleeg is”.

Het din­ge ver­an­der?

Dit bring ons by die vraag oor hoe die rol van vroue oor die ja­re heen ver­an­der het en of vroue (dank­sy wet­ge­wing) dees­dae reg­tig be­ter daar­aan toe is of nie? Die vlaag van ge­weld teen vroue raak ook net er­ger en as vrou kan jy nie help om te won­der hoe­veel jou le­we eint­lik werd is nie.

Uit ge­sprek­ke met ken­ners soos prof. Na­ee­mah A­bra­hams van die SAMNR se Gen­der & He­alth Re­se­arch U­nit, wat na­vor­sing oor vrou­e­kwes­sies soos huis­hou­de­li­ke ge­weld en ge­slags­ge­lyk­heid doen, speel ge­slags­on­ge­lyk­heid in ons sa­me­le­wing steeds ’n be­pa­len­de rol in hoe vroue be­han­del word.

Prof. Ra­chel Jaf­ta ver­bon­de aan die de­par­te­ment e­ko­no­mie by die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch en voor­sit­ter van Me­dia24, meen vroue in Suid-A­fri­ka en ve­le an­der lan­de het in­ge­vol­ge wet pre­sies die­self­de reg­te as mans, maar daar is ag­ter­stan­de in die toe­pas­sing daar­van, by­voor­beeld in die ver­teen­woor­di­ging in

die re­ge­ring, top­be­stuur in be­sig­heid en in die a­ka­de­mie.

“Vroue is eg­ter dees­dae be­dry­wig in sek­to­re van die e­ko­no­mie wat vroe­ër net vir mans be­sko­re was, dink maar aan ruim­te­vaart, vlie­ë­niers van pas­sa­siers­vlieg­tuie, in­ge­ni­eurs­we­se, ens. Dit is in die land se be­lang om wel die ag­ter­stan­de uit te wis, want vroue is im­mers net meer as 50% van die be­vol­king,”meen sy.

Oor die al­ge­meen voel Ra­chel baie din­ge het reeds ver­an­der ten op­sig­te van die rol van die vrou in ver­ge­ly­king met vo­ri­ge geslagte. As voor­beel­de noem sy mans wat by die huis bly en die kin­ders ver­sorg ter­wyl die vrou werk, as­ook teg­no­lo­gie wat dit vir vroue moont­lik maak om hul werk só te or­ga­ni­seer dat hul­le meer tyd met hul ge­sin­ne kan deur­bring. Maar sy meen daar is tog nog span­ning oor wat tra­di­si­o­neel van vroue in die 21ste eeu ver­wag word – soos wan­neer sy trou en wan­neer sy kin­ders gaan hê.

Hoe­wel baie reeds ver­be­ter het vir vroue, is daar vol­gens Ra­chel steeds baie uit­da­gings wat van­dag se vrou in die ge­sig staar. Vir haar staan per­soon­li­ke vei­lig­heid, toe­gang tot op­voe­ding en werks­ge­leent­he­de uit.

Die ge­wo­ne vroue met wie Kui­er ge­sels het, voel hoe­wel vroue se rol baie ver­an­der het en die ge­wig op hul skou­ers swaar­der is as by­voor­beeld hul ma’s en ou­mas s’n, is ’n vrou se le­we dees­dae bit­ter min werd en leef vroue steeds in ’n“man’s wor­ld”. Vir vroue wat fi­nan­si­eel nie on­af­hank­lik is nie, lyk die p­rent­jie nóg don­ker­der, want dis hul­le wat hul­self dik­wels vas­ge­vang vind in ’n a­bu­si­ve ver­hou­ding of huwelik en uit­ein­de­lik sta­tis­tie­ke word van in­ti­ma­te fe­mi­ci­de.

Maar net aan die an­der kant van hier­die munt­stuk suk­kel par­ty mans ook om te aan­vaar as die vrou meer geld as hul­le ver­dien, wat hier­die vrou ook ’n ri­si­ko vir ge­weld kan maak, sê Na­ee­mah.

“Mans a­bu­se om­dat hul­le kan weg­kom daar­mee. Ge­weld is (vir hier­die ti­pe mans) die nor­ma­le ma­nier om ver­skil­le te han­teer. ’n Kind word groot en sien hoe sy pa by­voor­beeld ge­weld ge­bruik, maar ter­self­der­tyd is dit nie alle mans wat met a­bu­se groot­ge­word het wat vroue a­bu­se nie. Ge­slags­on­ge­lyk­heid in ons sa­me­le­wing is ’n groot dryf­veer,”voeg Na­ee­mah by.

Een vrou wat glo vroue, ver­al vroue uit die bruin ge­meen­skap, trek op alle vlak­ke steeds aan die kort­ste ent, is Lu­cin­da E­vans (44) van La­ven­der Hill op die Kaap­se Vlak­te. Lu­cin­da is ’n ge­meen­skaps­wer­ker, ak­ti­vis en stig­ter van die vrou­e­be­mag­tin­gings-NGO P­hi­li­sa A­ba­fa­zi Bet­hu en het eer­ste­hand­se er­va­ring van die stryd wat ge­wo­ne vroue in plat­te­land­se ge­bie­de en towns­hips op die Kaap­se Vlak­te daag­liks deur­maak.

‘Die St­rug­gle is re­al’

“Bruin vroue het oor die al­ge­meen ná 1994 nie veel vo­ren­toe be­weeg nie. Daar is ook nie vroue wat die fak­kel vir vroue vo­ren­toe dra nie. Vroue soos ek en vroue in ons ge­meen­skap het by­voor­beeld nie access tot in­for­ma­ti­on oor women em­po­wer­ment nie. I­ne­qua­li­ty in die werk­plek is ook steeds ri­fe. Waar is ons reg­tig in ter­me van em­po­wer­ment? Ons (bruin vroue) is steeds se­cond class ci­ti­zens – ons is die mi­nu­te ta­kers; die se­kre­ta­res­ses. Die st­rug­gle vir ons vroue is re­al,”sê Lu­cin­da.

Sy ken ook die si­tu­a­sie van mis­han­del­de vroue al­te goed.“Die vrou op die grond wat a­bu­se word, waar­heen gaan sy as sy die ver­hou­ding ex­it? Wan­neer ons de­al met ’n vrou wat a­bu­se word, gaan sy eer­der ge­buk onder daai a­bu­se as ge­volg van co-de­pen­den­cy, se­ku­ri­teit en fi­nan­si­ë­le af­hank­lik­heid (van die man). (Sul­ke) vroue is in ’n ma­te ge­trap. As jy so­sio-e­ko­no­mies be­na­deel is, trek jy aan die ag­ter­speen.”

R­hu­way­da Mit­chell (41), ’n on­der­wy­ser van Kraaifontein in die Kaap en ma van d­rie dog­ters (23, 16 en 11), voel op haar beurt die rol van vroue het dras­ties ver­an­der, want die vrou van des­tyds kon net ma en ver­sor­ger vir haar ge­sin wees, maar “90% van van­dag se vroue is all in one – van ver­pleeg­sters tot taxi-be­stuur­ders en aan­ko­pers”.

“My werk stop nie as die (skool)klok lui nie, want dan be­gin my rol as ver­sor­ger in die ge­sin. Vroue speel nou ook ’n lei­den­de rol in die ge­sin, want ons het baie meer en­kel­ou­ers (in ge­meen­skap­pe). Maar aan die po­si­tie­we kant out­per­form gi­rls die seuns in by­voor­beeld a­ka­de­mie en bui­te­muur­se ak­ti­wi­tei­te, so dit be­te­ken ons vroue doen iets reg,”sê R­hu­way­da.

Wat ge­lyk­heid aan die werk­front be­tref, voel R­hu­way­da mans is steeds in top­po­si­sies en vroue word steeds min­der as mans be­taal.“Maar as ons by KFC in­gaan, be­taal mans en vroue die­self­de prys. Ons het de­fi­ni­tief ’n lang pad om te gaan, want ’n vrou en mei­sie­kind se le­we be­te­ken min in hier­die land.”

Lynn Bas­son (45), ’n per­soon­li­ke as­sis­tent van Ge­or­ge in die Suid-Kaap, sê haar rol as vrou is be­slis an­ders as die een wat die ou­er vroue in haar le­we ver­vul het. Haar ma en ou­ma kon by die huis wees en kin­ders groot­maak, maar sy, wat ná haar eg­skei­ding ’n enkelma van twee jong dog­ters is, sê die druk is groot as jy ’n wer­ken­de ma is.

“Ek moet sog­gens my dog­ters reg­kry vir skool, dan my­self en as ek by die werk kom, moet ek daar ook ’n funk­sie ver­vul. En as jou kind op skool is, is jy ook in die skool, want jy moet hul­le met huis­werk help. As ma moet ek my dog­ters ook voor­be­rei vir die le­we en wat op hul­le wag as vrou,” ver­tel sy.

Lynn sê voorts sy wens sy kon sê die wê­reld is ge­ba­lan­seerd, maar sy voel in die werk­plek is mans nog nie ge­reed om vroue as hul ge­ly­ke te sien nie.“Men­se be­twy­fel ons ca­pa­bi­li­ties en jy moet har­der werk om jou staal te be­wys. Dis vir my ook a­ma­zing dat daar selfs vroue is wat jou ca­pa­bi­li­ties be­twy­fel. Vroue word in bok­sies ge­plaas en daar word van jou ver­wag om daar te bly. Ge­leent­he­de vir ont­wik­ke­ling word ge­striem en dit sit ’n dem­per op my, want ek wíl nie ge-li­mit wees nie.”

Ter­wyl ons dié maand vroue vier, moet ons ook ont­hou dit gaan van ons af­hang om deur die glass cei­ling te breek.

90% van van­dag se vroue is all in one – van ver­pleeg­sters tot taxi-be­stuur­ders en aan­ko­pers. R­hu­way­da Mit­chell

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.