IN­SPI­RA­SIE: Vrou neem op haar eie kin­ders aan wat nie­mand het nie

Sy het nie self aan dié kin­ders ge­boor­te ge­skenk nie, maar ten spy­te van baie uit­da­gings is sy vir hul­le ’n ma wan­neer nie­mand an­ders wil nie.

Kuier - - Inhoud - DEUR ELMARINE AN­THO­NY

Dit vat ’n se­ke­re soort mens om kin­ders aan te neem wat dik­wels deur die sa­me­le­wing af­ge­skryf word. En hoe baie van ons sal han­de op­steek om ’n ster­wen­de kind aan te neem? Maar Syl­via Frank (47) van Gor­dons­baai bui­te Kaap­stad is nie jou ge­mid­del­de mens nie, want sy het oor twee de­ka­des al meer as 80 kin­ders in haar sorg ge­had en vir hul­le ’n huis ge­gee toe nie­mand an­ders kans ge­sien het nie.

Maar Syl­via, wat en­kel­lo­pend is en hier­die kin­ders al­leen groot­maak, glo daar is niks spe­si­aals aan haar nie. Sy glo al­mal wat kan, moet help en dis maar net haar ma­nier om te help.

Van kleins af was sy nog al­tyd aan­ge­trok­ke tot ge­bro­ke kin­ders met baie pro­ble­me. Sy het be­sef hul pro­ble­me spruit daar­uit om­dat hul­le nie ou­ers ge­had het nie. Sy kon nie ver­staan dat daar kin­ders was wat nie ma’s ge­had het nie, want al­mal be­hoort ’n ma te hê. Haar eie ma het baie keer ma ge­speel vir haar vrien­de en ter­wyl an­der kin­ders mis­kien daar­van ge­droom het om dok­ters of pro­ku­reurs te word, het Syl­via be­sluit sy wil ’n ma word vir kin­ders wat nie ma’s het nie.

Toe sy 20 jaar ge­le­de be­gin het om kin­ders in te neem, was sy sen­si­tief oor men­se wat haar kri­ti­seer. Sy het al­tyd kwaad ge­word en met hul­le ba­klei oor hul o­pi­nies. Tot van­dag toe pla dit haar dat ’n man op­ge­staan en voor ’n saal men­se ge­vra het hoe­kom sy aan­hou kin­ders “soos or­na­men­te ver­sa­mel”en boon­op geld vra om hul­le te help on­der­hou.“Die ma­nier hoe hy dit ge­sê het – so rou. Ek het nooit ge­dink men­se sou só dink nie. Dis ’n aak­li­ge stand­punt om te hê. As ek van­dag daar­die man sien, sou ek hom aan­moe­dig om ie­mand te help, want ek dink dit sal vir hóm help,”sê Syl­via.

Men­se se kri­tiek het eg­ter nie vir Syl­via ont­moe­dig om aan te hou kin­ders help nie. Tien kin­ders (tus­sen 12 en 19), van wie twee aan­ge­neem is, woon tans per­ma­nent by haar. By die ge­sin se huis word jy da­de­lik oor­val deur vier klein hon­de. Die sit­ka­mer se mu­re is vol fo­to’s van die kin­ders toe hul­le klein was. In die kom­buis staan twee stel­le sus­ters en ge­sels en in die sit­ka­mer is twee broers.

SKop teen die stel­sel

In haar sit­ka­mer – ter­wyl die kin­ders in die ag­ter­grond praat en grap­pies maak – ver­tel Syl­via dat sy 20 jaar ge­le­de as ’n “res­cue”-ma be­gin het. Sy het ba­bas in­ge­neem en na hul­le ge­kyk tot­dat daar be­paal is hul­le is ge­sond en kan aan­ge­neem word. Sy het eg­ter la­ter be­sef dis be­ter om ’n per­ma­nen­te huis aan die kin­ders te voor­sien om­dat baie kin­ders nooit aan­ge­neem word nie en van huis tot huis ge­skuif word.

“Hul­le het sel­de ’n ge­sin. Ons is ge­ba­seer op fa­mi­ly. Dit is baie e­a­sy going, maar ons re­spek­teer me­kaar. Ons on­der­han­del en sor­teer din­ge soos e­ni­ge an­der ge­sin uit. Ek is lief vir hul­le al­mal.”

Sy het al van die kin­ders se­dert hul­le ba­bas was, maar an­der het la­ter ge­kom.

Jay­den* (19) woon se­dert Ja­nu­a­rie van­jaar by Syl­via na­dat sy aan­ge­no­me ma oor-

Die wel­syn het nee ge­sê om­dat ek en­kel­lo­pend en wit was. Ek het die he­le stel­sel be­gin be­vraag­te­ken. Syl­via Frank

le­de is. Sy aan­ge­no­me pa het ja­re te­rug ge­sterf. Van die kin­ders, soos Co­li­ne* (16), het ge­kom en ge­gaan, en toe weer ge­kom. Toe sy te­rug­ge­kom het, het sy met ’n sus­ter ge­kom.“Dis lek­ker vir bi­o­lo­gie­se broers en sus­ters om saam te wees,”sê Syl­via.

Nie al­mal is be­reid om ’n kind aan te neem nie, maar ten spy­te hier­van moes Syl­via hard veg om haar eer­ste kind aan te neem. Pe­ter* (18) is as pas­ge­bo­re ba­ba in ’n veld na­by ’n trein­sta­sie op die Kaap­se Vlak­te ge­los. Hy was in ’n kom­bers toe­ge­draai met sy na­el­string steeds vas. ’n Man wat op pad werk toe was, het hom ge­vind waar­na hy na die wel­syn ge­neem is.“Hul­le het toe vir my ge­bel. En kyk hoe lyk dié won­der­li­ke, sterk man,”skerts Syl­via ter­wyl sy haar hand op Pe­ter se skou­er sit. Die wel­syn het ’n be­rig in die plaas­li­ke koe­rant ge­plaas dat sy ma na vo­re kan kom en hulp sal kry, maar nie­mand het na vo­re ge­kom nie. Pe­ter sê hy het al­tyd ge­won­der wie sy ma is, maar hy won­der nie meer nie.

Ná vyf maan­de wou Syl­via hom aan­neem.“Die wel­syn het nee ge­sê om­dat ek en­kel­lo­pend en wit was. Ek het die he­le stel­sel be­gin be­vraag­te­ken.”Syl­via het toe ’n groot op­slae hier­oor in die me­dia ge­maak.“Ek het hul­le ge­vra of hul­le ie­mand het om hom aan te neem en hul­le het nee ge­sê. Toe word ek kwaad. Ek is na die me­dia toe en ek het ge­veg vir dié klein man­ne­tjie.”

Vol­gens Syl­via was daar baie vrae oor of hy sy kul­tuur sou ver­loor. Vir haar gaan kul­tuur eg­ter oor hoe jy groot­ge­maak word. “Ons het ’n kul­tuur van lief­de en fa­mi­lie. Dis die­self­de met gods­diens in ons ge­sin. Ek skryf nie voor wat e­ni­ge kind moet glo nie. Ek ver­tel hul­le oor al­les en dan kan hul­le gaan on­der­soek in­stel,”ver­tel sy.

Die pro­ses om haar an­der aan­ge­no­me kind, B­en­ji­men* (16), aan te neem, het be­ter ver­loop om­dat sy ma toe­stem­ming ge­gee het. Ie­mand het Syl­via een­dag ver­tel van ’n s­wan­ger vrou wat aan dwelms ver­slaaf is en ver­skeie ke­re pro­beer het om die ba­ba self te a­bor­teer. Syl­via het kon­tak ge­maak met die vrou en haar ge­smeek om nie die ba­ba ver­der seer te maak nie en haar te bel met die ge­boor­te. B­en­ji­men is van toe af in haar sorg. Sy het vir B­en­ji­men ge­neem om sy ma te sien, maar sy het nie be­lang­ge­stel in hom nie.

nie al­tyd mak­lik nie

Al het sy nie self ge­boor­te ge­skenk aan die kin­ders nie, is die seer steeds on­be­skryf­lik wan­neer sy ’n kind ver­loor. So­wat 17 jaar ge­le­de het sy ’n ses maan­de oue ba­ba, C­har­l­ton*, in­ge­neem wat in ’n ge­vor­der­de s­ta­di­um van vigs was. Hy het ook aan Fe­ta­le Al­ko­hol­sin­droom (FAS) ge­ly en het tot ne­ge keer per dag stui­pe ge­kry. Twee jaar la­ter is C­har­l­ton oor­le­de.

“Ná C­har­l­ton was ek nie e­mo­si­o­neel sterk ge­noeg om dit weer (ster­wen­de kin­ders in haar sorg te neem) te doen nie. Vir een of an­der re­de dink jy jy gaan dit maak en dat hier­die die een is wat gaan oor­leef, so jy kry ’n hel­se skok wan­neer dit nie ge­beur nie,”ver­tel sy e­mo­si­o­neel.

Syl­via het haar werk ge­los om vol­tyds na die kin­ders om te sien. Sy ont­vang s­taats­toe­lae vir vier van die kin­ders. Sy het ’n nie-wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie, Syl­via’s Hou­se, ge­re­gis­treer so­dat sy fond­se kan in­sa­mel. Al die kin­ders is in goeie sko­le wat deur pri­va­te in­di­vi­due en or­ga­ni­sa­sies ge­dek word. Soms skenk men­se kle­re en meu­bels en gee Syl­via toe­stem­ming om dit te ver­koop.

“Som­mi­ge maan­de is moei­lik, maar hul op­voe­ding is ge­dek en hul ma­gies is al­tyd vol.” Wan­neer fond­se baie laag is, skuif Syl­via din­ge rond op ’n ma­nier wat nie die kin­ders be­ïn­vloed nie.“Ek laat die re­ke­nin­ge soms op­hoop en slaan al­tyd die vu­re be­tyds dood. Ons het maan­de laas warm wa­ter ge­had, want die ge­y­ser blaas ge­reeld op en ek het nie die geld om dit nou uit te sor­teer nie, maar op die oom­blik het al­mal al­les wat hul­le no­dig het.”

Syl­via het ’n groot hart, maar dit be­te­ken nie die kin­ders kom weg met e­nig­iets nie. “Ek ir­ri­teer die vel van hul­le af. Hul­le haat my guts, maar dis my werk as ’n ma. Hul­le hou nie van my nie, maar hul­le is lief vir my,”sê Syl­via met ’n groot glim­lag.

Daar is baie uit­da­gings in die huis­hou­ding. Die d­rie jong­ste kin­ders word tuis on­der­rig om­dat hul­le leer­pro­ble­me weens die im­pak van FAS het. Twee van die seuns het pro­ble­me met woe­de, ook weens FAS. Hul­le twee het in­di­vi­du­eel be­ra­ding ont­vang, maar die fa­mi­lie het ook al saam vir be­ra­ding ge­gaan.

Ten spy­te van die uit­da­gings het die ge­sin baie pret en die kin­ders maak heel­tyd grap­pies en terg me­kaar. Syl­via be­plan nie om gou weer die ge­sin uit te brei nie.“Ek weet wat my li­miet is en dít is my li­miet, want hul­le is al­mal tie­ners. Ek pro­beer om hul­le al­mal op hul­le voe­te te kry en hul­le op­bou, so dit sal on­ver­ant­woor­de­lik wees om nou ba­bas in te neem, wat die aan­dag weg van hul­le sal neem. Wan­neer al­mal sta­biel en ge­luk­kig is, kan ons dit weer doen, al­hoe­wel Pe­ter aan­hou vir my vra om meer ba­bas in te neem.”

“Ba­bas is pret,”skree Pe­ter van­uit die kom­buis.“Ja, pret vir jou om­dat jy nie heel­nag na hul­le hoef te kyk nie,”skerts Syl­via. “Dis wat ma’s doen,”sê Pe­ter in re­ak­sie. *Skuil­naam

HOOFFOTO: Syl­via Frank met van die kin­ders vir wie sy sorg. REGS ONDER: Syl­via sê dis maar net haar ma­nier om te help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.