MY LE­WE: Be­roer­te bring groot uit­da­gings vir ge­sin

Wan­neer ’n ge­lief­de brein­ska­de op­doen, word die he­le ge­sin ge­raak. Be­ne­wens e­mo­si­o­ne­le en fi­nan­si­ë­le druk, gaan dié “nu­we” le­we ook met groot on­se­ker­heid ge­paard.

Kuier - - Inhoud - DEUR JACKIE PIE­NAAR-B­RINK

er­nie Hen­dricks van die Strand het op 29 De­sem­ber 2009 die laas­te keer ’n ge­sprek ge­voer – dis nou al lan­ger as se­we jaar ge­le­de.

Hy was ’n lief­de­vol­le ge­sins­man wat in 2001 as as­sis­tent-re­ken­mees­ter aan die des­tyd­se Tech­ni­kon S­kier­ei­land uit­ge­tree het.

Vroe­ër daar­die dag in De­sem­ber het hy en sy vrou, G­wyn­neth, ’n in­ter­na­si­o­na­le krie­ket­wed­stryd in die Paarl by­ge­woon. Om­streeks mid­der­nag, lank ná slaap­tyd, is hy bad­ka­mer toe.“Ek is ou­kei,”het hy ge­rus­stel­lend op ’n vraag van haar ge­ant­woord toe hy te­rug­keer bed toe.

Om­streeks kwart voor se­we die vol­gen­de og­gend het hy uit die bed ge­val toe hy wou op­staan. G­wyn­neth – ’n ou­don­der­wy­se­res – wou nog lag­gend weet of hy dan nie kan op­staan nie. Er­nie kon nie. Trou­ens, hy kon glad nie praat nie en het net na haar ge­staar.

G­wyn­neth kon hom nie be­weeg nie. Sy het on­mid­del­lik ’n sus­ters­kind – ’n am­bu­lans­man – ge­bel om te kom help. Eers toe het die be­sef deur­ge­dring dat haar man ’n be­roer­te-aan­val kon ge­had het.

Er­nie is na die So­mer­set-Wes Me­di­cli­nic ge­haas waar haar vrees be­ves­tig is.

“Die eer­ste wat hul­le my ge­vra het, was hoe laat dit ge­beur het,”ver­tel sy sag. Hul­le was bin­ne ’n uur daar en dus bin­ne die tyd­perk van en­ke­le ure wat so kri­tiek is om me­die­se hulp te kry. In Er­nie se ge­val was sy reg­ter­kant erg aan­ge­tas en hy kon nie praat of loop nie.

Eers op 10 Maart was Er­nie te­rug by die huis. Hy het aan­sien­lik ver­be­ter in die op­sig dat hy by ’n S­trand­se re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum weer leer loop het – nie so goed soos vroe­ër nie, maar hy kon self bad­ka­mer toe gaan en bui­te rond­loop ter­wyl hy hom­self teen die mu­re stut. Met G­wyn­neth na­tuur­lik nooit ver van hom af nie.

Hy kon eg­ter net en­ke­le woor­de sê en het die ge­bruik van sy reg­ter­hand, met die vin­gers per­ma­nent in­een­ge­trek, ver­loor.

Ui­ter­aard was hy baie ge­frus­treerd om­dat sy fa­mi­lie hom nie kon ver­staan nie maar oor die ja­re het hy vre­de daar­mee ge­maak, ver­tel die oud­ste van sy vier dog­ters, Lynn (41).

Soos e­ni­ge fa­mi­lie wat eens­klaps met ’n brein­be­se­ring van ’n ge­lief­de te doen het, is hul le­we skie­lik in ’n an­der rig­ting ge­dwing. Daar was on­se­ker­heid oor die toe­koms, er­ge kom­mer oor hul pa, moei­li­ke be­slui­te en on­be­ken­de si­tu­a­sies. Tog het hul­le dit met toe­wy­ding en lief­de aan­ge­pak.

Ons ont­moet by hul huis ge­naamd “Ga­les”in Rust­hof in die Strand. Die naam is saam­ge­stel uit die voor­let­ters van el­ke ge­sins­lid se naam, ver­dui­de­lik Lynn, wat se­dert 2013 met haar laat­lam, S­han­tih (7), hier woon.

’n Goed­ver­sorg­de Er­nie – nou 70 – wag in ’n rol­stoel in die sit­ka­mer en die sagt­heid in sy oë val on­mid­del­lik op. Met sy vrou (69) styf aan sy sy en ’n hand wat die heel­tyd voel-voel na sy­ne of teer oor sy ge­sig vee, word die on­der­houd ’n e­mo­si­o­ne­le reis oor die af­ge­lo­pe se­we jaar.

G­wyn­neth ver­dui­de­lik sag hoe haar man se woor­de­skat se­dert die be­roer­te be­perk is tot“ou­kei”, ’n“a­men”na­dat daar ge­bid is, en“Ek sê vir jou”as hy iets wil hê.

Die be­roer­te was eg­ter nie die e­nig­ste hek­kie wat hul­le moes oor nie. Se­dert­dien was hy her­haal­de­lik te­rug in die hos­pi­taal en re­hab.

Al­mal in ge­sin help

Er­nie het al na­ge­noeg 30 e­pi­lep­tie­se toe­val­le ge­had, waar­van die tyds­duur ná ’n paar er­ge­res ge­luk­kig tot on­langs deur me­di­ka­sie be­heer kon word, en ver­moe­de­lik ook ’n aan­tal klein be­roer­tes. Ein­de 2015 het hy brein­bloe­ding op­ge­doen en moes dit ge­drei­neer word. Vir die twee­de keer moes hy leer loop en na­dat hy am­per in die re­hab ver­stik het, moes hy vir vyf maan­de buis­voe­ding kry.

“Dis nie net baie duur nie, ’n mens moet die buis ook baie hi­gi­ë­nies hou,”ver­tel G­wyn­neth, wat hom ge­lei­de­lik op sy nor­ma­le di­eet te­rug­ge­kry het. Maar ein­de Fe­bru­a­rie van­jaar het ’n blaas­in­fek­sie hom te­rug­ge­dwing hos­pi­taal en re­hab toe.

’n Er­ge e­pi­lep­tie­se toe­val het ge­volg en se­dert­dien kan hy glad nie loop of sluk nie, is hy tot ’n rol­stoel be­perk en kry hy buis­voe­ding.

“Die hart­seer­ste is dat hy sy spraak ver­loor het en vas­ge­vang is in ’n lig­gaam wat nie veel kan doen nie,”sê Lynn.

“Maar my ma is baie sterk,”voeg sy by. “Sy hou nie op hoop nie. Sy is ’n groot in­spi­ra­sie vir ons. Vir am­per agt jaar het hy ba­sies niks ge­sê nie, maar sy gee hom nog el­ke dag spraak­te­ra­pie.”

Hoe sou sy die Er­nie van voor die be­roer­te be­skryf?“’n Fa­mi­lie­mens. Ver­skrik­lik snaaks. Die een op ’n par­ty­tjie wat ie­mand ge­mak­lik laat voel. ’n Reu­ni­on-man wat sy fa­mi­lie by­me­kaar pro­beer kry. Hy het al­tyd vir ons dog­ters ge­sê:‘Maak nie saak wat ge­beur nie, jul­le staan al­mal saam. Jul­le is fa­mi­lie en van die­self­de bloed. Niks breek hier­die fa­mi­lie op nie. Praat ’n ding uit.’”

Hy het hul­le ook ge­leer níks kry jou onder nie.“Jy staan op en gaan weer aan,” sê sy met ’n stem wat breek.

As lang­af­stand-at­leet in­spi­reer haar pa se woor­de haar om een­vou­dig nooit moed op te gee nie.

Er­nie luis­ter deu­ren­tyd aan­dag­tig, glim­lag soms, en vee by tye tra­ne met die lin­ker­hand af.

“Sy han­de is ys­koud,”sê G­wyn­neth skie­lik, en Lynn spring om die bo­ne­sak­kie in die mi­kro­golf­oond warm te maak en lief­de­vol onder haar pa se han­de te plaas.

Haar jong­ste sus­ter, S­ta­cy (28) – wat ook by hul­le woon – sluit by ons aan.

Hoe het haar pa se siek­te haar be­ïn­vloed? Sy be­gin ver­dui­de­lik dat hul­le nie meer net kan kom en gaan soos hul­le wil nie, maar dan oor­val die tra­ne haar.

Lynn neem oor met haar arm ver­troos­tend om haar sus­ter.“Ek en S­ta­cy ruil na­we­ke so­dat daar al­tyd ie­mand by die huis is. Ek gee nie veel om nie, want ek was al­tyd lief om by die huis te bly. Maar sy’s die so­si­a­le vlin­der en moes baie op­of­fer. Die an­der twee sus­ters (die 38-ja­ri­ge tweeling Ar­le­ne en Astrid) help weer baie met ad­min, re­ke­nin­ge be­taal en men­se met na­vrae bel.”

Die tweeling is ge­troud met kin­ders en woon in on­der­skei­de­lik Rait­hby en T­horn­ton, ver­dui­de­lik G­wyn­neth.“Hul­le is op ’n an­der ma­nier on­der­steu­nend en sal ons as ou­ers by­voor­beeld vir ’n na­week oor­nooi.”

La­ter her­haal Lynn wat S­ta­cy in­tus­sen aan haar oor­ge­dra het.“As jy die ver­sor­ger is van ie­mand wat be­roer­te ge­had het, moet nooit dink jy kan al­les han­teer nie. Dis nie ’n skan­de om hulp te vra nie, want jy gaan jou­self uit­brand. Laat ie­mand an­ders die per­soon ver­sorg en maak tyd vir jou­self.”

Kyk hul­le nou te­rug, dink hul­le dis die fout wat G­wyn­neth ge­maak het.

“Ek het die s­ta­di­um be­reik waar ek net nie meer kon nie,”gee G­wyn­neth toe.“Ek het my frus­tra­sie op die kin­ders uit­ge­haal na­dat my man van die hos­pi­taal af ge­kom het en nie meer kon loop nie. E­mo­si­o­neel het dit te veel vir my ge­word.”

“Dis or­raait Ma,”troos Lynn sag.

Se­dert­dien gaan dit be­ter met G­wyn­neth, wat meer tyd vir haar­self het met ’n ver­sor­ger wat nou weeks­dae in­kom en ook die oe­fen­pro­gram be­har­tig.

En daar’s nog ou­pa se speel­maat­jie. Lynn het al ge­hoor hoe S­han­tih aan ’n

goeie vriend­jie sê:“Jam­mer, ek kan nie van­dag met jou speel nie. Ek gaan met my ou­pa speel.”

Wat G­wyn­neth waar­skyn­lik deur­ge­dra het, was die Hel­der­berg Be­roer­te-on­der­steu­nings­groep waar­by sy aan­ge­sluit het. “Dit het baie, baie ge­help. Ons kom el­ke Maan­dag by­me­kaar en ek is ook ’n vry­wil­li­ger.”

Twee af­son­der­li­ke neu­ro­loë het haar man se brein­s­can aan haar ge­wys. Vol­gens haar is sy brein so erg aan­ge­tas dat hul­le on­af­hank­lik van me­kaar ge­sê het:“Ek weet nie hoe jou man nog e­nig­sins kan funk­si­o­neer nie.”

Haar ant­woord?:“Net deur die ge­na­de van God, net deur die ge­na­de van God …”

“Dis net ge­na­de,”her­haal sy bly­moe­dig. “Ons kan net die He­re prys dat hy nog hier saam met ons is. Hy kan nog lag. Hy ver­staan al­les wat ons sê, hy kan net nie te­rug­praat nie.”En sy vryf lief­de­vol met haar hand oor sy wang.

BE­SE­RINGS KAN VER­SKIL

Chris­ti Gadd, ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge met ’n be­lang­stel­ling in neu­ro­siel­kun­de, werk tans by 1 Mi­li­tê­re Hos­pi­taal in P­re­to­ria in ’n neu­ro-re­ha­bi­li­ta­sie­span as­ook in die pri­vaat prak­tyk by die Sa­to­ri Sen­trum vir In­ter­ak­si­o­ne­le Ge­sond­heid in P­re­to­ria-Oos. Sy gee ’n klom­pie wen­ke.

Alle brein­be­se­rings ver­skil en die simp­to­me wat men­se ná ’n brein­be­se­ring

Ek ge­bruik ge­reeld die me­ta­foor dat mens nie tee in ’n an­der een se kop­pie kan skink as jou eie tee­pot leeg is nie. Chris­ti Gadd

er­vaar, kan ge­wel­dig ver­skil. ’n Neu­ro-siel­kun­di­ge e­va­lu­a­sie is dus van on­skat­ba­re waar­de om te be­paal wat­ter vaar­dig­he­de aan­ge­tas is en wat­ter kan dien as sterk pun­te om te help met die op­ska­ling van die aan­ge­tas­te vaar­dig­he­de. Die fa­mi­lie kan daar­deur ge­lei word in die wy­se waar­op die be­seer­de op die bes­te moont­li­ke wy­se on­der­steun en ge­ak­kom­mo­deer kan word. (Die Suid-A­fri­kaan­se Kli­nie­se Neu­ro­siel­kun­di­ge As­so­si­a­sie het ’n lys van siel­kun­di­ges met ’n spe­si­a­le be­lang­stel­ling in neu­ro­siel­kun­de by www. sa­cna.co.za.)

Neu­ro-re­ha­bi­li­ta­sie­te­ra­pie deur onder meer ar­beids­te­ra­peu­te, spraak­te­ra­peu­te en fi­si­o­te­ra­peu­te kan baie waar­de toe­voeg. Hul­le kan help om die pro­ses waar­deur die brein her­stel in die reg­te rig­ting te s­tuur.

Die ma­nier waar­op ’n brein­be­se­ring ge­beur en ook die aan­pas­sings­pro­ses daar­na, kan ’n e­mo­si­o­neel ont­stel­len­de er­va­ring wees vir so­wel die be­seer­de as fa­mi­lie­le­de. Psi­go­te­ra­pie kan vir al­mal waar­de­vol wees om die trau­ma te ont­lont.

Uit­bran­ding is ’n daad­werk­li­ke ge­vaar vir men­se wat ver­ant­woor­de­lik is vir die ver­sor­ging van ’n brein­be­seer­de per­soon. Fa­mi­lie­le­de voel ge­reeld dat hul­le al hul tyd en aan­dag aan die be­seer­de moet be­stee en ook skul­dig wan­neer hul­le tyd aan hul eie be­hoef­tes af­staan. Die bes­te ding wat ’n ver­sor­ger vir ’n be­seer­de fa­mi­lie­lid kan doen, is om ook hul eie be­hoef­tes te pri­o­ri­ti­seer. “Ek ge­bruik ge­reeld die me­ta­foor dat mens nie tee in ’n an­der een se kop­pie kan skink as jou eie tee­pot leeg is nie. Soos met die Hen­dricks-ge­sin, is dit ui­ters be­lang­rik dat men­se uit­reik vir hulp wan­neer die druk te veel raak,”sê Chris­ti.

So­si­a­le on­der­steu­ning soos dié van die Hel­der­berg Be­roer­te-on­der­steu­nings­groep is nood­saak­lik. Hier kan die be­seer- des en fa­mi­lie­le­de ge­sels met an­de­re in die­self­de boot­jie, e­mo­si­o­neel on­der­steun word en ook prak­tie­se i­dees kry oor hoe om al­ge­me­ne strui­kel­blok­ke vir be­seer­des te ta­kel.

Toets vir be­roer­te: Vra dat die per­soon:

Glim­lag (skeef); ’n Sin her­haal (ver­keer­de woor­de of sleep­tong);

Al­bei arms reg­uit ge­lig hou (een be­weeg af­waarts);

Tong uit­steek (skeef).

Wat is ver­wor­we brein­be­se­rings?

Dit ge­beur ná ge­boor­te. Mens kan trau­ma­tie­se brein­be­se­rings op­doen in by­voor­beeld ’n on­ge­luk, weens ’n skiet­wond of op die sport­veld. Voor­beel­de van nie­trau­ma­tie­se brein­be­se­rings is weens be­roer­te, me­nin­gi­tis of mid­del­mis­bruik.

Hoe kan brein­ska­de ie­mand af­fek­teer?

Fi­siek, e­mo­si­o­neel/ge­drag, kog­ni­tief, of ’n kom­bi­na­sie hier­van.

HOOFFOTO: Er­nie en G­wyn­neth Hen­dricks ná die be­roer­te wat hul al­bei se le­we ver­an­der het. LINKS BO: By twee van hul dog­ters, Lynn (links) en S­ta­cy, en Lynn se dog­ter, S­han­tih.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.