Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - KUIERHOEKIE -

El­ke jaar is daar al­tyd ie­mand wat wil weet hoe­kom daar spe­si­aal ’n dag vir vroue ge­vier moet word en na­tuur­lik, hoe­kom daar nie ook ’n dag vir mans is nie?

As vrou, is die re­des vir my le­gio en van­self­spre­kend, maar met hier­die Vrou­e­dag­uit­ga­we wil ek hê die­ge­ne wat twy­fel, moet hul­self eer­der af­vra of daar ’n vrou in hul le­we is wat ver­dien om nie op Vrou­e­dag ver­eer te word nie? Ek won­der da­rem wie gaan braaf ge­noeg wees om daar­die vraag te be­ant­woord, want nie een van ons sou ge­wees het waar of wie ons van­dag is son­der die hel­pen­de, lei­den­de en bid­den­de hand van ’n ma, an­tie, ou­ma, sus­ter, vrou of vrien­din nie.

Dis dan ook net reg dat ’n sterk vrou ons voor­blad­ge­sig vir die uit­ga­we is. Sy ver­dien reg­tig re­spek daar­voor dat sy sul­ke uit­da­gen­de rol­le aan­pak en die sto­ries van sul­ke moe­di­ge vroue wil ver­tel. Haar nuut­ste rol is ook nie ’n uit­son­de­ring nie en ons is dank­baar dat sy ons ag­ter die skerms van Kro­toa ge­vat het.

Kom ons neem Cry­stal-Don­na se lei­ding en vier alle vroue (ons­self in­ge­sluit) op hier­die Vrou­e­dag – die jon­ges, die gry­ses, die slim­mes, die mooi­es, die ster­kes, die sag­tes, die hard­wer­ken­des. Want ons ver­dien dit – al lank­al!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.