MOOI SO, MARTINIQUE!

Kuier - - KUIERHOEKIE -

Veels ge­luk aan die 20-ja­ri­ge MARTINIQUE DU P­REEZ van Kaap­stad wat in Ju­lie goud in bal­gooi, sil­wer in ver­spring en spies­gooi, so­wel as brons in die 100 m by die Wê­reld­oor­plan­ting­spe­le in S­pan­je ver­o­wer het. Som­mi­ge le­sers sal hier­die won­der­seun se roe­ren­de ver­haal ont­hou wat ons in 2014 ge­deel het, toe sy le­we ge­red is deur ’n nier wat hy ont­vang het na­dat die sken­ker ty­dens ’n skiet­voor­val oor­le­de is.

Hier­die be­lo­wen­de sport­man se loop­baan het oor die ja­re, se­dert sy oor­plan­ting, el­ke jaar net ster­ker ge­word en hy het sta­dig van pro­vin­si­a­le kam­pi­oen die leer tot wê­reld­kam­pi­oen ge­klim.

In Ok­to­ber ver­le­de jaar het hy vyf Suid-A­fri­kaan­se re­kords ge­breek by die Na­si­o­na­le Oor­plan­ting­spe­le wat in Jo­han­nes­burg plaas­ge­vind het. Men­se in die at­le­tiek­krin­ge het ge­weet hy is een om dop te hou en toe hy op die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog suk­ses be­haal, moes ons die goeie nuus met ons le­sers deel.

Vir Martinique, wat al meer as 25 o­pe­ra­sies on­der­gaan het se­dert hy op 13 ge­di­ag­no­seer is met erns­ti­ge nier­ver­sa­king en d­rie jaar ge­le­de nog aan ’n ma­sjien ge­kop­pel was om hom aan die le­we te hou, is hier­die oor­win­ning ek­stra spe­si­aal.

Na­dat sy lig­gaam sy ma se nier ver­werp het, het hier­die rug­by­lief­heb­ber nooit ge­dink hy sou ooit weer sport kan doen of selfs oor­leef nie. Maar toe hy ná die skiet­tra­ge­die ’n twee­de kans ont­vang, was hy vas­be­slo­te om weer aan sport deel te neem. Vyf maan­de ná sy o­pe­ra­sie was hy op die at­le­tiek­baan en van toe af het hy al­les in­ge­sit om sy sport­dro­me te be­reik.

Dié eer­ste­jaar-be­stuur­stu­dent oe­fen el­ke dag d­rie uur ná klas en span­deer na­we­ke nog meer tyd op die baan. Ná al die o­pe­ra­sies sê hy het hy spor­tief pro­beer bly en pluk hy nou die vrug­te.

“Dit was vir my ’n groot eer om Suid-A­fri­ka te kon ver­teen­woor­dig. Ek was al­tyd lief vir sport en wou da­de­lik aan sport be­gin deel­neem toe ek weer ge­sond was. Maar dit was nie al­tyd mak­lik nie en daar was ’n tyd toe ek ge­won­der het hoe­kom ek goed doen, soos om vak­ke te kies (op u­ni­ver­si­teit), as die dok­ter sê daar is nie veel hoop nie. Daar is so­veel men­se wat moed op­gee, maar met sul­ke oor­win­nings hoop ek om men­se te in­spi­reer,”sê hy.

“Ek wil vir men­se wat oor­plan­tings no­dig het, wys wat moont­lik is, maar ek hoop ook om meer men­se be­wus te maak van hoe be­lang­rik dit is om or­ga­ne te skenk. Dit was ’n on­be­skryf­li­ke ge­voel om daar oor­see te kan deel­neem en ek is op­ge­won­de oor die toe­koms, maar dit is slegs deur die He­re se ge­na­de dat ek van­dag hier is en suk­ses kan ge­niet.”

LINKS: Martinique blink dees­dae uit op die at­le­tiek­baan. BO en REGS: Hy het ’n hel­de­ont­vangs ge­kry ná sy pres­ta­sies in S­pan­je.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.