Ant­woor­de ge­gee

Kuier - - WENKE -

Spuit meu­bel­po­li­toer waar mie­re las­tig is. Dit werk soos ’n bom. ROSALINE COERT, MAMRE Om vo­ëls van jou voor­stoep af te hou, maak ’n mo­biel met CD’s of foe­lie. Jy kan ook klok­kies o­ral op­hang om hul­le af te skrik. GER­DA BANTOM, KIM­BER­LEY Om won­der­gom (soos P­restik) uit jou ha­re te kry, s­meer ba­ba­o­lie in en laat dit so vir vyf mi­nu­te. Dit sal nou mak­lik uit­trek. Om dit van jou kle­re af te kry, kan jy dit v­ries. Dit krap dan mak­li­ker af. DOREEN HERNE, PLAT­TE­KLOOF Meng ’n le­pel heu­ning met ’n le­pel o­lyf­o­lie en druk een suur­le­moen se sap daar­in uit. S­meer dit aan jou droë win­ter­lyf en los dit vir 20 mi­nu­te. Vee dit af met ’n warm was­lap. Dit sal jou lyf lek­ker vog­tig maak. LYNETTE SEEKOEI, STRAND Druk twee Pa­na­do’s fyn en meng met ’n hal­we kop­pie warm wa­ter. Week sweet-be­vlek­te kle­re daar­in vir twee tot d­rie uur voor jy dit was. Jy sal ver­baas wees hoe wit dit an­der­kant uit­kom! EVELYN WHI­TE, CEN­TU­RI­ON As jy suk­kel met ink­vlek­ke op jou kin­ders se skool­hem­de kan jy dit oor­nag in melk laat lê en dit die vol­gen­de dag soos ge­woon­lik was. Jy kan ook ’n pas­ta maak van twee eet­le­pels kre­me­tart en twee eet­le­pels suur­le­moen­sap. S­meer dit oor die vlek en los dit vir d­rie tot vier uur. Vee die oor­skot af en was die hemp in ge­wo­ne was­goed­seep. AL­MA WIL­LEM­SE, PAARL Pluk jou wenk­broue na­dat jy ge­stort het. Dis dan min­der seer. An­der­sins, ge­bruik ys­blok­kies om die a­rea te ver­doof. Jy kan al­oe ve­ra gel ná die tyd aan­smeer. LYNDALL PE­TER­SEN, WOR­CES­TER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.