Gem­mer

Kuier - - WENKE -

Gem­mer help vir naar­heid en om­ge­krap­te maag (kal­meer kram­pe). Dit geur ook koek­sis­ter- en doughnut­sous heer­lik (gooi by sui­ker en wa­ter­meng­sel wan­neer jy taai sous kook). ANNEEDA SACCO-PEKEUR Gem­mer help met spys­ver­te­ring as­ook naar­heid. Ek is mal oor die smaak van gem­mer in roer­braai­ge­reg­te. Dis lek­ker in rooi­bos­tee of spi­cy chai. Ek maak ook ’n taai Oos­ter­se hoen­der met gem­mer en so­ja­sous. SA­MAN­THA M. LIEDEMAN Gem­mer kan vir maan­de in die ys­kas hou as jy dit in al­ko­hol stoor. Breek dit in stuk­kies en gooi vod­ka of selfs sher­ry oor. Wan­neer jy daar­mee wil kos maak, sal die al­ko­hol weg­kook. VERONIKA A­BRA­HAMS Ge­bruik die kant van ’n le­pel om gem­mer af te skil. Draai die le­pel en ge­bruik die rand om die skil af te krap. Dis vin­nig en mak­lik! NANCY LESCH My ou­ma se gem­mer-meng­sel help vir e­ni­ge skeet of pyn, ver­koue en moeg­heid. Ont­span jou voe­te en de­toks jou lyf hier­mee. Meng een eet­le­pel mos­terd­poei­er en twee tee­le­pels ge­ras­per­de gem­mer in ’n voet­bad vol warm wa­ter. Week jou voe­te vir 15 tot 20 mi­nu­te. CAROL DAWIDS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.