‘Sy bly my lief­ste KIND’

Kuier - - WARE LEWENSDRAMA -

Die ge­boor­te van ’n kind is die be­gin van ’n nu­we le­we. Jy is vol hoop en dro­me vir jou klein bon­del­tjie vreug­de en jy neem jou­self voor jy sal e­nig­iets vir haar doen. Maar dan ge­beur iets wat jou ge­loof toets en die dro­me wat jy vir jou kind ge­had het, in duie laat stort. Iets wat jou as ou­er mag­te­loos laat . . .

Maar vir San­dra Hen­dricks (57) van Eer­ste­ri­vier bui­te Kaap­stad is daar niks wat sy nie vir haar dog­ter, Ma­ri­lyn, sal doen nie. Ma­ri­lyn is se­re­braal ge­strem en is op am­per 40 nog to­taal en al af­hank­lik van haar ma.

Ma­ri­lyn kan niks vir haar­self doen nie. Sy kan nie sit, praat of loop nie. Haar sig is baie swak. Sy moet ge­voer word soos ’n ba­ba­tjie. Haar lig­gaam is so erg ver­wron­ge dat sy nie ’n rol­stoel kan ge­bruik nie en San­dra moet haar o­ral heen dra. Die e­nig­ste ma­nier wat sy ge­mak­lik kan slaap, is om steeds soos ’n ba­ba bo-op haar ma se bors te lê. Hoe­wel Ma­ri­lyn glad nie kan kom­mu­ni­keer nie, is die woor­de­lo­se band tus­sen ma en dog­ter aan­gry­pend. Hul­le het in die af­ge­lo­pe byna 40 jaar nog nie een aand son­der me­kaar ge­slaap nie. Hul­le is al­tyd by­me­kaar.

Ma­ri­lyn word op 16 Sep­tem­ber 40. Nie­mand het ge­dink sy gaan so lank leef nie. “Dok­ters het haar ge­gee tot eers 12, toe 13, 14 op die lang­ste . . . Nie­mand kan glo sy word 40 nie,”ver­tel San­dra.“Ons is nou in ons ge­na­de­ja­re.”

Hoe­wel San­dra nie haar le­we son­der Ma­ri­lyn kan in­dink nie, is dit dui­de­lik dat haar le­wens­reis nog nooit mak­lik was nie. ’n Mens kan am­per nie help om te won­der hoe Ma­ri­lyn en San­dra se le­wens sou uit- ge­draai het as din­ge an­ders was nie. Want San­dra se swaar­kry het be­gin nog voor Ma­ri­lyn die lig ge­sien het.

Be­ter om te ver­geet

Op 17 het San­dra die lief­de van haar le­we ont­moet en haar ou­ers in Gra­bouw ver­laat vir die lig­gies van die stad en haar eie hap­pi­ly e­ver af­ter . . . of só het sy ge­dink.

“Ek was nog op skool toe ek Ma­ri­lyn se pa ont­moet het. Ek het by my ou­ers ge­bly, maar hy het vir my ge­sê ek moet saam met hom gaan en gaan werk,”ver­tel San­dra.

“Al was hy van die be­gin af baie a­bu­si­ve, was ek jonk en na­ïef. Dit was die groot­ste fout van my le­we.”

Die droom het gou in ’n nag­mer­rie ver­an­der. San­dra se rid­der het in ’n mon­ster ver­an­der en haar ver­skrik­lik be­gin aan­rand. In dié tyd het sy s­wan­ger ge­word, maar die mis­han­de­ling het nie op­ge­hou nie.“Ek kan nie eens dink aan daar­die tyd nie. Daar is din­ge wat so diep weg­ge­steek is bin­ne-in my dat ek nie daar­oor kan praat nie. Dis hoe­kom ek nooit daar­na weer in ’n ver­hou­ding kon wees nie,”ver­tel sy.

Haar boyf­riend was die ti­pe mens wat saans op straat ge­preek het en as hul­le by die huis kom, het hy haar ge­skop en ge­slaan dat sy nie kon loop nie. Sy moes in die mid­del van die nag uit die huis ont­snap. Sy het nie die S­teen­berg-a­rea (na­by Retre­at) waar hul­le toe ge­woon het, goed ge­ken nie en moes by vreem­de­lin­ge gaan aan­klop vir hulp.“Hul­le het vir my huis­ves­ting ge­gee daar­die aand en my die vol­gen­de dag op die trein ge­sit na my ou­er­huis toe.”

Haar ou­ers het on­mid­del­lik ’n interdik teen die boyf­riend uit­ge­neem en hy het haar nie weer ge­pla nie. Hy het nog nooit sy dog­ter ge­sien nie.

Ma­ri­lyn is op se­we maan­de ge­bo­re en moes ’n he­le ruk­kie in ’n broei­kas deur­bring. San­dra se ma, an­tie Pop­pie, was ’n ver­pleeg­ster en sy het op d­rie maan­de ag­ter­ge­kom Ma­ri­lyn is nie soos an­der ba­bas nie.

Dok­ters het haar toe met se­re­bra­le ver­lam­ming (ce­re­bral pal­sy) ge­di­ag­no­seer. Hul­le ver­moed dit het in die broei­kas ge­beur. Dit was vir San­dra ’n ont­set­ten­de skok en sy het lank ge­suk­kel om vre­de daar­mee te maak.“Aan die be­gin was dit vir my baie swaar. Ek het al­tyd ge­vra,‘He­re, hoe­kom moes dit my kind wees?’Ek kon dit nooit ver­staan nie. Ek het dan nie rond­ge­loop of ge­dit en ge­dat nie . . .”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.