‘Sy bly my lief­ste KIND’

Meer as 17 mil­joen men­se wê­reld­wyd het se­re­bra­le ver­lam­ming.

Kuier - - WARE LEWENSDRAMA -

Op daar­die s­ta­di­um het sy nie eens ge­weet wat se­re­bra­le ver­lam­ming reg­tig be­hels nie en sy het nie ge­weet hoe moei­lik dit sou wees nie.

Se­re­bra­le ver­lam­ming is tans die groot­ste oor­saak van ge­stremd­heid onder kin­ders. Vol­gens die Na­ti­o­nal As­so­ci­a­ti­on for Per­sons with Ce­re­bral Pal­sy (NAP­CP) word on­ge­veer een uit el­ke 400 kin­ders daar­mee ge­bo­re. Dit word ver­oor­saak deur ab­nor­ma­le brein-ont­wik­ke­ling of ska­de aan die ont­wik­ke­len­de brein. Die toe­stand ge­beur ge­woon­lik voor ge­boor­te, kort ná ge­boor­te of as ge­volg van kom­pli­ka­sies ty­dens ge­boor­te.

“Nou ver­staan ek dit is wat die He­re in my skoot laat val het,”ver­tel San­dra.“My ma was ’n baie be­son­der­se vrou en het my baie by­ge­staan en met­ter­tyd het ek Ma­ri­lyn aan­vaar vir die men­sie wat sy is.”

Ma­ri­lyn het, toe sy klein was, ’n stut ge­dra, maar na­ma­te sy ge­groei het, het haar ly­fie baie skeef be­gin trek en sy kon la­ter nie meer nie. Op 14 het ie­mand vir hul­le ’n kon­tak ge­gee van ’n or­ga­ni­sa­sie wat spe­si­a­le rol­stoe­le maak. Haar ly­fie was op hier­die s­ta­di­um eg­ter so ver­wron­ge dat die or­ga­ni­sa­sie ge­sê het ’n rol­stoel gaan haar net seer­maak. Hul­le het pro­beer om vir haar ’n spe­si­a­le bed te ont­werp waar­in sy rond­ge­stoot kon word, maar dit het ook nie ge­werk nie. San­dra dra steeds vir Ma­ri­lyn o­ral waar sy moet wees.

Vir ja­re het San­dra, Ma­ri­lyn en an­tie Pop­pie saam­ge­woon. San­dra het in ’n fa­briek in Gra­bouw ge­werk en haar ma het vir Ma­ri­lyn ver­sorg. Hul­le was al­mal baie na aan me­kaar en an­tie Pop­pie was haar steun­pi­laar.

Ver­lies en ge­na­de

Tien jaar ge­le­de is an­tie Pop­pie ge­di­ag­no­seer met kan­ker en het kort daar­na ge­sterf. San­dra ver­tel men­se het nooit ge­dink dat Ma­ri­lyn so lank ná haar ma se dood nog sou leef nie, want hul­le d­rie was baie ge­heg aan me­kaar. Men­se het ook ge­won­der hoe San­dra son­der an­tie Pop­pie die le­we sou han­teer.

San­dra het eg­ter gou be­sef haar ma het nie na haar en Ma­ri­lyn om­ge­sien nie, maar dat God nog al­tyd vir hul­le al d­rie ge­sorg het.“Na­dat ek dit be­sef het, het ek ge­weet ons sal ou­kei wees. Want God kyk na ons. Dis al­les net ge­na­de.”

Vir d­rie jaar ná haar ma se dood het San­dra nog ge­werk. Hoe­wel die men­se op die plaas in Gra­bouw waar sy ge­woon en ge­werk het, haar baie by­ge­staan het, was dit ’n vrees­li­ke ge­suk­kel. Sy het net R1 200 per twee we­ke ver­dien en sy moes ie­mand R500 daar­van be­taal om by Ma­ri­lyn te sit deur die dag. Vol­gens San­dra kan an­der men­se nie be­hoor­lik na Ma­ri­lyn om­sien nie en kan hul­le haar nie reg droog­maak of voer nie. San­dra is ook te bang hul­le maak haar seer, daar­om moes die op­pas­sers net daar sit.

“Ek het vyf mi­nu­te se stap van die huis af ge­werk. Tien­uur el­ke og­gend moes ek huis toe hard­loop. Op­pas­sers moes net Ma­ri­lyn se pap reg­hou, dan het ek haar gou ge­voer, droog­ge­maak, aan­ge­trek en weer ge­hard­loop werk toe. Dit het ek vir d­rie

jaar week vir week ge­doen. Of dit nou ge­re­ën het en of die son nou ge­skyn het, ek moes hard­loop.” Ge­du­ren­de dié tyd het San­dra se sus­ters nou en dan vir haar geld ge­stuur, maar kon dit nie al­tyd doen nie en soms het dit maar baie swaar ge­gaan.

an­der se om­gee

Al was haar werk­ge­wers baie te­ge­moet­ko­mend, het dit op ’n s­ta­di­um te veel ge­raak vir San­dra. Na­dat sy am­per ’n se­nu­wee-in­een­stor­ting ge­had het, het haar sus­ter, Hen­dri­ka Mul­ler, haar ge­nooi om by hul­le in Eer­ste­ri­vier te kom woon.

“Dit was soms moei­lik om haar te help, want ek is ook ’n en­kel­ou­er,”ver­tel Hen­dri­ka.“So, toe be­sluit ek om my ga­ra­ge in ’n woon­stel vir hul­le te om­skep. San­dra het al­tyd ge­sê sy wil by my kom bly, maar nie in die huis nie. Dis ver­staan­baar. Ma­ri­lyn slaap nie, sy skree, sy gaan aan en my kin­ders sou dit nooit kon hou nie. Dis toe dat ek be­sluit ek neem ’n le­ning en ek bou vir hul­le hier­die p­lek.”

Om ’n kind met se­re­bra­le ver­lam­ming te ver­sorg, sluit baie ek­stra kos­tes in, soos ge­reel­de be­soe­ke aan hos­pi­ta­le en kli­nie­ke, spe­si­a­le kos, doe­ke en­so­voorts. Dit verg ook baie van die ver­sor­ger om­dat kin­ders le­wens­lank af­hank­lik bly vir voe­ding, om te bad, aan te trek en die toi­let te ge­bruik.

“Dis moei­lik,”ver­tel San­dra,“want as jy ’n ge­strem­de in die huis het, is jou le­we ook ge­strem. Ek kan nie iets vir my­self doen nie, ek moet eers kyk wat sý no­dig het.”

“Ja,”sê Hen­dri­ka,“ons kan nie ker­rie eet in die huis nie, want Ma­ri­lyn kan nie ker­rie eet nie. Ons kan nie ta­ma­ties of boon­tjies eet nie. Ver­al as die geld­jie nou nie daar is nie, dan kan ons nie vir haar an­der kos maak nie. Ons moet al­mal eet soos wat sy moet eet.”

San­dra en Hen­dri­ka sê God sorg mooi vir hul­le en hulp kom uit alle oor­de wan­neer hul­le dit no­dig het. Jo­hann Mul­ler, Hen­dri­ka se eks-swa­er, en sy vrou het on­langs vir hul­le 26 jum­bo pak­ke kiem­bies vir Ma­ri­lyn ge­gee.“Vir ses maan­de het ons nie no­dig ge­had om kiem­bies te koop nie! En hy het dit ge­gee son­der om te dit of dat,”ver­tel Hen­dri­ka.

Die huis­dok­ter van Gra­bouw s­tuur ja­re al el­ke maand R300.“Hy het vir my ge­sê hy be­won­der my so dat ek self na haar kyk, hy wil iets doen om te help. En el­ke bie­tjie help,”sê San­dra.“Ek sê el­ke aand vir die He­re dan­kie vir al my sus­ters en vir al­mal wat so hand uit­steek om te help.”

On­ge­ag al die hulp en on­der­steu­ning, rus die ver­ant­woor­de­lik­heid swaar op San­dra se skou­ers. Dit neem ’n uit­son­der­li­ke per­soon om hier­die taak te ver­rig en ma’s kan mak­lik een­saam, de­pres­sief en oorweldig voel.

Ma­ri­lyn kan nie vir San­dra sê waar sy seer het of wan­neer sy hon­ger of dors is nie. Sy moet self pro­beer raai wat is fout. “Dan dok­ter ek maar hier en daar en as sy dan nog aan­hou kla, weet ek soms nie meer waar of wat om te dok­ter nie. Ek is bang om vir haar e­nig­iets te gee, pil­le of wat. Ek bly maar by hoe die dok­ters dit voor­skryf. Ek is te bang iets ge­beur met haar en dan dink hul­le dalk ek het haar ’n oor­do­sis ge­gee. Par­ty­keer sit ek nag ná nag by haar net so­dat sy kalm en rus­tig kan word.”

Lang, sla­pe­lo­se nag­te is teen dié tyd ’n nor­ma­le deel van hul­le roe­ti­ne.“As Ma­ri­lyn nie kan slaap nie, wil sy ook nie hê Mam­mie moet slaap nie. Sy stamp my tot ek vir haar lê en kyk,”ver­tel San­dra.

Dit word met die ja­re ook moei­li­ker om haar te dra, want San­dra word ou­er. Maar sy het nie ’n an­der keu­se nie. Dis hoe­kom hul­le nie baie uit­gaan nie.

‘Sy is prag­tig’

“Ma­ri­lyn is soos ’n ba­ba­tjie. Eint­lik meer as ’n ba­ba­tjie, want ’n ba­ba­tjie kan jy nog vir ie­mand an­ders gee om vas te hou of laat slaap, maar ek is die e­nig­ste een wat vir Ma­ri­lyn kan ver­sorg. Sy is ’n 24 uur ver­ant­woor­de­lik­heid. Par­ty­keer gaan ek op my knieë en bid:‘He­re, help my, want ek het nou vir haar al­les ge­gee wat ek het’,” sê San­dra.

Hen­dri­ka raak soms baie be­kom­merd oor haar sus­ter, ver­al as sy en Ma­ri­lyn vir ’n ruk­kie lank nie slaap nie.“Ek is bang San­dra be­reik breek­punt. Ek is bang sy kan die kind iets aan­doen. Nie dat sy dit wil doen nie, maar sy kan dalk net snap. Want sy is moeg, haar brein is moeg, haar lyf is moeg. Dis hoe­kom ek wens die kind kan net vir ’n na­week ê­rens heen­gaan, soos ’n in­rig­ting, so­dat San­dra ’n bre­ak kan kry. Want dis nou al 40 jaar,”ver­tel Hen­dri­ka.

Maar sal San­dra haar ná al hier­die ja­re kan los vir ’n na­week of selfs net ’n aand?

“Nee, ek glo nie,”er­ken San­dra.“Want ons was nog nooit van me­kaar ge­skei nie. Self al was sy siek in die hos­pi­taal, was ek by haar. Ek dink ek sal meer ver­lang en gou­er siek raak as sy weg van my af moet wees!”

“Vir San­dra voel dit dalk soms ons wil net die kind weg­hê. Maar dit gaan nie daar­oor nie. Ek wil haar par­ty­keer uit­neem – net ’n bie­tjie gaan sit in die S­pur of so iets so­dat sy haar bat­te­ries kan char­ge. Maar sy kan nie. Want selfs al is sy uit, dan sit sy en be­kom­mer haar oor die kind by die huis. As ek nou mis­kien vir haar wil vat vir ’n mas­sa­ge. Ek pay end van die maand. Los eers die skuld, vat vir San­dra vir ’n mas­sa­ge. Sal niks help nie! Sy sal met daai knop­pe daar uit­kom van die stres oor Ma­ri­lyn soos sy daar lê. As sy die dag by ’n win­kel kom dan sê ek vir haar, los die kind, koop nou ’n slag vir jou iets moois. Nee wat! Sy koop vir Ma­ri­lyn. San­dra moet ’n bie­tjie rus en na haar­self kyk. Want wat ge­beur as die Mees­ter die kind nou van haar af weg­vat?” wil Hen­dri­ka weet.

San­dra het ’n baie spe­si­a­le ver­moë om haar om­stan­dig­he­de te aan­vaar en die bes­te daar­in raak te sien.“Mis­kien is dit ’n se­ë­ning dat Ma­ri­lyn nie kan praat nie. Want hoe sou ek haar vrae be­ant­woord het? Wat sou ek ge­sê het as sy kon vra‘Hoe­kom is ek an­ders, Mam­ma?’”won­der San­dra.

“Ek is eint­lik ge­luk­kig dat Ma­ri­lyn nooit groot­ge­word het nie. Ek hoef nooit te won­der waar my kind is en wat sy doen nie. Sy is al­tyd vei­lig hier by my,”sê San­dra. “Sy is nie vir my ’n las nie. Sy is my kind. Hier­die is óns nor­maal. Ek kan nie my le­we son­der haar in­dink nie.”

San­dra wil hê men­se moet weet dat die He­re haar staan­de hou en vir haar krag gee. “Ek is so dank­baar dat Hy nog vir Ma­ri­lyn in my sorg toe­ver­trou, want dit kon an­ders ge­wees het. Ja, dit gaan nie al­tyd so goed nie, maar so­lank ons twee by­me­kaar is . . . Ma­ri­lyn is die mens wat ons al­mal so by­me­kaar­hou. Sy is die mens wat my el­ke dag die krag gee om op te staan el­ke og­gend en aan te kan gaan, al is dit ook hoe moei­lik. Sy is prag­tig.”

LINKS en REGS ONDER: San­dra moes op‘n tyd werk én self na Ma­ri­lyn om­sien om­dat sy spe­si­a­le aan­dag no­dig het. REGS: Her­den­kings van Ma­ry­lin se 21ste ver­jaar­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.