SEE­KOS-PA­EL­LA

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 8 BE­STAND­DE­LE

400 g stok­vis 400 g skel­vis (had­dock) 500 g pra­wns (op­si­o­neel) 1 blik­kie ge­rook­te oe­sters 1 blik­kie ge­rook­te mos­sels 2 kop­pies gaar rys 1 eet­le­pel rys­spe­se­rye 1 ui grof­ge­kap ½ kop­pie be­vro­re ert­jies ½ kop­pie be­vro­re pit­mie­lies 1 kg see­kos­meng­sel, ont­vries 3 eet­le­pels knof­fel­bot­ter 2 – 3 eet­le­pels see­kos-ma­sa­la Sout na smaak Vars­ge­kap­te pie­ter­sie­lie

ME­TO­DE

Kook die rys in kook­wa­ter tot net gaar, d­rei­neer en spoel af met koue wa­ter. Pak die stok­vis en skel­vis (en pra­wns) in ’n oond­bak en strooi see­kos-ma­sa­la oor en die helf­te van die knof­fel­bot­ter bo-op en bak by 180°C vir 20 min. Braai die uie in die res van die knof­fel­bot­ter tot sag. Voeg die ert­jies en pit­mie­lies daar­by. Voeg die see­kos­meng­sel hier­by en braai tot gaar. Voeg nou die rys en rys­spe­se­rye by en roer deur. Breek die stok­vis en skel­vis in klei­ner stuk­kies en voeg dit by die rys­meng­sel, te­sa­me met die ge­rook­te mos­sels en ge­rook­te oe­sters. Ver­laag die hit­te, plaas ’n dek­sel op en laat stoom vir so 5 min. Gar­neer met ge­kap­te pie­ter­sie­lie en be­dien warm.

Ek sal nooit kan kos­maak son­der spe­se­rye nie. Ek is mal oor ge­roos­ter­de ma­sa­la. Nat­hal­ly Geys­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.