NAT­HAL­LY GEYS­MAN

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Nat­hal­ly het as klein dog­ter­tjie in Wes­bank, Mal­mes­bu­ry, al met“huishou, kin­ders op­pas en kook”te doen ge­kry dank­sy ’n mooi pop­huis wat haar pa vir haar ge­bou het. Soos sy ou­er ge­word het, het haar ma haar die ba­sie­se kos­maak­be­gin­sels ge­leer, maar sy sê sy is ge­bo­re in ’n he­le fa­mi­lie (ou­mas en tan­nies) wat vrees­lik lief was vir kos­maak – al­les son­der re­sep­te en ás daar ’n re­sep was, het hul­le dit al­tyd ge­dok­ter! Die eer­ste dis wat Nat­hal­ly se ma haar ge­leer maak het vir gas­te, was pilchards pie. Des­tyds het dit haar twee ure ge­neem om voor te be­rei, maar van­dag maak sy dit som­mer in 10 mi­nu­te. Die see­kos-pa­el­la het Nat­hal­ly se ma al­tyd ge­maak as daar baie men­se kom kui­er, ver­al in die so­mer, want dit proe net so lek­ker koud met ’n bie­tjie ma­yon­nai­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.