KERRIEBOONTJIESOP

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 8 – 10 BE­STAND­DE­LE

500 g sto­we­bees­vleis 6 murg­be­ne 2 uie, grof­ge­kap 2 kop­pies lap­pie­bo­ne of red speckled be­ans, af­ge­spoel en oor­nag in wa­ter ge­week. D­rei­neer net voor ge­bruik. Ge­blik­te bo­ne werk net so goed. 2 blok­kies hoen­der­af­trek­sel 2 li­ter kook­wa­ter Sout en pe­per na smaak 2 eet­le­pels ma­ti­ge ker­rie­poei­er 3 eet­le­pels a­syn 3 eet­le­pels sui­ker

ME­TO­DE

Plaas al die be­stand­de­le saam in ’n slow cook­er en stel op hoog. Kook tot­dat al die be­stand­de­le sag is. Geur met sout en pe­per soos no­dig. Be­dien met vars­ge­bak­te brood. Op hoog neem dit so 8 uur, af­han­gend van hoe sag jy die boon­tjies wil hê.

Daar is nie ’n mak­li­ker ma­nier om sop te maak nie! Die slow cook­er spaar tyd, moei­te en krag. Én jy hoef hom nie die he­le tyd dop te hou nie. Sa­man­tha Liedeman

KERRIEBOONTJIESOP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.