An­der simp­to­me

Kuier - - GESONDHEID -

Simp­to­me be­gin dik­wels in ’n baie stres­vol­le tyd van ’n vrou se le­we en dit kan sy tol eis op jou e­ner­gie­vlak­ke. Dit kan jou kon­stant lam en tam laat voel. Jou he­le lyf is uit­ge­put en par­ty­keer is dit moei­lik om sin­vol­le ge­sprek­ke te voer. Be­plan jou dag slim­mer en rus wan­neer ook al jy kan.

Te­sa­me met die ui­ter­ma­ti­ge moeg­heid, kan som­mi­ge vroue ook ge­heu­e­ver­lies er­vaar en baie ver­geet­ag­tig word. Vir par­ty kan dit ’n is­sue word as dit jou daag­lik­se ak­ti­wi­tei­te be­gin be­ïn­vloed. Maak maar jou ly­sies en re­min­ders op jou foon vir in­ge­val.

Som­mi­ge vroue voel ook me­no­pou­se aan hul ha­re. Dit kan y­ler word en selfs be­gin uit­val as ge­volg van hor­moon­skom­me­lings. Jou ha­re kan ook droog en bros word.

Soos jou es­tro­geen­vlak­ke daal, ver­min­der jou vel se o­lie-pro­duk­sie. Jou vel kan gou droog, jeu­ke­rig en rooi word.

Va­gi­na­le droog­heid is ook ’n groot pro­bleem waar­oor mees­te vroue te skaam is om te praat. Smeer­o­lie (lu­bri­cant) is hier jou vrien­din. As dit baie erg is, be­spreek dit eer­der met jou dok­ter.

Ver­min­de­ring in es­tro­geen ver­oor­saak ook dat jou u­te­rus min­der styf is, so e­ni­ge ge­wik­kel kan jou blaas be­ïn­vloed en laat lek of in­fek­sies ver­oor­saak. Die af­na­me in es­tro­geen kan ook seer ge­wrig­te ver­oor­saak.

Dan kan jy ook dalk ’n toe­na­me in sleg­te cho­les­te­rol, don­ker ha­re op jou ge­sig of ak­nee er­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.