Is jy ge­reed vir die toe­koms?

Ge­dink dis net die swak e­ko­no­mie wat jou jou werk kan kos? Moe­nie glo nie, daar is dalk bin­ne­kort of reeds, ’n ro­bot wat jou in die werk­plek kan ver­vang.

Kuier - - WERKPLEK - Deur Mar­te­li B­re­wis

is jy ge­reed vir ro­bot­te om jou le­we oor te neem? Dit klink dalk ver­re­gaan­de, maar die teg­no­lo­gie be­weeg ál vin­ni­ger voor­uit en voor ons ons kom kry, gaan ma­sjie­ne baie van die ta­ke doen wat men­se tans ver­rig. Die bes­te wat jy kan doen, is om jou­self met ken­nis te be­mag­tig so­dat jy weet wat­ter loop­ba­ne dank­sy teg­no­lo­gie­se voor­uit­gang in die slag gaan bly, en jou­self (en jou kin­ders) daar­voor kan voor­be­rei.

Kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie (Ar­ti­fi­ci­al In­tel­li­gen­ce) ont­wik­kel so vin­nig dat dit bin­ne­kort ge­lyk­staan­de aan mens­li­ke in­tel­li­gen­sie gaan wees en ons selfs kan ver­by­steek. Ro­bot­te gaan bin­ne­kort nie net meer ons kar­re bou nie, maar ook ons maat­skap­pye be­stuur, ge­boue ont­werp en . . . en . . . en . . . Som­mi­ge men­se noem dit die“ein­de van werk”.

On­lang­se na­vor­sing deur Ox­ford U­ni­ver­si­ty het be­vind dat min­stens 47% van alle be­roe­pe ge­re­ke­na­ri­seer kan word. ’n Groot­kop-e­ko­noom van die Bank of Eng­land spe­ku­leer dat 80 mil­joen wer­ke in A­me­ri­ka en 15 mil­joen pos­te in B­rit­tan­je oor­ge­neem kan word deur ro­bot­te . . . Dis skok­kend!

Vol­gens dié wat weet, maak dit nie saak of jy ’n fa­brieks­wer­ker, fi­nan­si­ë­le ad­vi­seur of ’n mu­si­kant is nie – teg­no­lo­gie kan dalk bin­ne­kort jou he­le loop­baan ver­an­der of selfs in die wie­le ry.

Vind jy dit moei­lik om te glo dat teg­no­lo­gie so ’n dras­tie­se im­pak kan hê? Wel, as jy mooi daar­oor dink, het van van­dag se top-be­roe­pe tien jaar ge­le­de glad nie eens be­staan nie! Dit sluit pos­te in soos app-ont­wik­ke­laar (app de­ve­lo­per), da­ta-my­ner (da­ta mi­ner), so­si­a­le me­dia- be­stuur­der, vol­hou­baar­heid-eks­pert (sus­tai­na­bi­li­ty ex­pert) en Cloud-teg­ni­kus. Hier­die nu­we pos­te het ver­al ont­staan met die ont­wik­ke­ling van die re­ke­naar- en in­ter­net­be­dry­we.

Net soos nu­we pos­te met nu­we teg­no­lo­gie ge­kom het, het ou­es in die slag ge­bly.

En soos die teg­no­lo­gie ver­der ont­wik­kel, gaan dié si­klus hom her­haal. Doen dus jou huis­werk en vind uit of jou pos vir die vol­gen­de vyf, tien of t­win­tig jaar vei­lig is – an­ders sal jy an­der plan­ne moet be­gin maak.

Só was Deb­bie A­rend­se* (32), ’n te­le­be­mar­ker vir ’n sel­foon­maat­skap­py, heel­te­mal stom­ge­slaan toe sy hoor haar werk gaan dalk bin­ne­kort deur ’n ro­bot ge­doen word.“Kan jy dit nou glo? Ag­ge­nee man, dit sal my baie hart­seer maak. Ek sal se­ker maar moet be­gin dink aan wat an­ders ek kan doen. Ek het nie die bes­te werk in die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.