Is jy ge­reed vir die toe­koms?

Kuier - - WERKPLEK - Van vo­ri­ge blad­sy

wê­reld nie, maar dit sit da­rem brood op die ta­fel.”

Die mees­te in­dus­trieë ge­bruik al­reeds ro­bot­te vir baie be­lang­ri­ke ta­ke:

In­dus­tri­ë­le ro­bot­te is ge­woon­lik ge­ar­ti­ku­leer­de arms ont­werp om te sweis, ma­te­ri­aal te han­teer en te verf.

Ruim­te-ro­bot­te speel ’n sleu­tel­rol in ruim­te-ver­ken­ning pro­gram­me.

Me­die­se ro­bot­te word ont­wik­kel om me­die­se pro­se­du­res met fyn ak­ku­raat­heid uit te voer.

Som­mi­ge lan­de se weer­mag­te ge­bruik ro­bot­te om van bom­me ont­slae te raak, vir ver­voer en soek-o­pe­ra­sies.

In par­ty lan­de ge­bruik die po­li­sie reeds ro­bot­te om ge­boue te deur­soek as hul­le dink daar is ge­vaar­li­ke mis­da­di­gers of bom­me bin­ne. Dié ro­bot­te kan by­voor­beeld van ’n af­stand af ge­pro­gram­meer word om bom­me te ont­lont.

Hos­pi­ta­le kan ro­bot­te ge­bruik om me­di­ka­sie af te le­wer. Sko­le kan hul­le ge­bruik as on­der­wy­sers se as­sis­ten­te. Men­se kan ro­bot­te ge­bruik vir per­soon­li­ke be­sker­ming.

Ja­pan het on­langs die wê­reld se eer­ste vol­le­dig-ou­to­ma­tie­se ho­tel ge­o­pen met net ro­bot­te op die per­so­neel! ’n Veel­ta­li­ge ro­bot groet jou by die ont­vangs, ’n an­der een neem jou tas­se na jou ka­mer toe. Ro­bot­te word selfs in die kom­buis ge­bruik om soesji te maak en groen­te te sny. Nie net spaar dit geld nie, maar ro­bot­te kan baie meer ef­fek­tief wees as men­se. Hul­le word nooit siek of moeg nie en kry nie sleg­te buie nie.

Han­son Ro­bo­ti­cs in die VSA werk tans saam met die re­ke­naar­maat­skap­pye IBM en In­tel om ’n nu­we“hu­ma­noid”ge­naamd Sophia te skep. Hul­le voor­spel dat hu­ma­noids oor 20 jaar tus­sen ons gaan wees en werk, met ons in­te­greer deur ons te help, ons te leer en selfs met ons te speel.

Ook in Suid-A­fri­ka word reeds erns­tig na die aan­wen­ding van teg­no­lo­gie en ou­to­ma­sie in die werk­plek ge­kyk.

Vol­gens Ka­rin Mat­he­bu, hoof van Pe­op­le Po­ten­ti­al and Wel­l­ness by Bar­clays A­fri­ca Group Ltd, er­ken hul­le die waar­de van teg­no­lo­gie en ou­to­ma­sie se rol in meer ef­fek­tie­we en ge­rief­li­ke diens­te vir hul kli­ën­te.“Dink by­voor­beeld aan die ver­be­te­ring van kli­ën­te-te­vre­den­heid en ge­mak wat bank-apps fa­si­li­teer. Dit is nood­saak­lik vir ons om teg­no­lo­gie te ge­bruik op ’n wy­se wat be­te­ke­nis­vol is vir ons kli­ën­te, an­ders sal hul­le een­vou­dig diens­te ê­rens an­ders soek.”

Vol­gens haar is die maat­skap­py op ’n di­gi­ta­li­se­rings­reis. Hul­le het reeds di­gi­ta­le teg­no­lo­gie be­gin aan­wend in die o­pe­ra­si­o­ne­le om­ge­wing. Dit het eg­ter nie tot af­dan­kings ge­lei nie, maar eer­der tot her­op­lei­ding van werk­ne­mers vir an­der rol­le in die or­ga­ni­sa­sie.

Ka­rin meen“di­gi­ta­li­se­ring sal slim­mer teg­no­lo­gie ge­bruik vir rol­le wat nie mens­li­ke kon­tak en em­pa­tie ver­eis nie”. Dit sal nie nood­wen­dig lei tot min­der po­si­sies nie, maar dit sal eer­der nu­we ti­pes po­si­sies skep wat nie in die tra­di­si­o­ne­le bank­we­se­mo­del­le be­staan het nie.

Sy sê ver­der daar ís a­re­as waar men­se die im­pak gaan voel.“Ons werk eg­ter hard daar­aan om moont­lik­he­de te skep vir per­so­neel in die or­ga­ni­sa­sie om mo­bi­li­teit te op­ti­ma­li­seer.”Hul­le skep ook ge­leent­he­de vir per­so­neel om nu­we vaar­dig­he­de en ver­mo­ëns aan te leer.

Hoe kan jy jou­self en jou kin­ders voor­be­rei vir die toe­koms?

Dis ver­al be­lang­rik dat ou­ers tred hou met hoe die voor­uit­gang in teg­no­lo­gie die werk­plek ver­an­der, want dit sal ’n in­vloed hê op die loop­baan­keu­ses wat hul kin­ders maak. Só sal die ge­ne­ra­sies by­voor­beeld heel­tyd hul vaar­dig­he­de moet op­skerp, aan­ge­sien die teg­no­lo­gie heel­tyd be­sig is om te ver­an­der.

“Die toe­koms klink nog­als ex­ci­ting, maar hoe moet ’n mens nou jou kind help om ’n loop­baan te be­plan as jy nie eens weet wat gaan ge­beur nie?”won­der Ed­wi­na F­rie­slaar* (45), ’n ont­vangs­da­me van Mal­mes­bu­ry.

Vol­gens www.wa­ge­point.com sal baie van die in­lig­ting en ken­nis wat mees­te u­ni­ver­si­teit­stu­den­te tans in hul eer­ste jaar leer, reeds teen hul der­de jaar ver­ou­derd wees.

Die web­tuis­te sê meer as 65% van van­dag se kleu­ter­skool­kin­ders sal in die toe­koms wer­ke doen wat van­dag nog nie eens be­staan nie.

Toe­koms­ken­ners meen wer­ke wat die bes­te kans om oor­le­wing het, is dié wat u­nie­ke kre­a­ti­wi­teit be­no­dig, soos kuns- te­naars, in­ge­ni­eurs, en­tre­pre­neurs en we­ten­skap­li­kes. Ro­bot­te het nog nie die ver­moë om so ver uit die boks te kan dink soos men­se nie.

Nog ’n goeie a­rea om jou toe­koms in te be­lê, is wer­ke wat staat­maak op kom­plek­se men­se­ver­hou­din­ge, by­voor­beeld dok­ters, siel­kun­di­ges, on­der­wy­sers, ver­pleeg­sters en do­mi­nees. Tot en met die tyd dat ro­bot­te ver­hou­dings kan bou met men­se, is hier­die wer­ke re­la­tief vei­lig. Maar wees ge­waar­sku – ’n mens kry lank­al reeds vir­tu­e­le klas­ka­mers en daar is selfs ’n Rooms-Ka­to­lie­ke app waar­mee jy kan bieg en tred hou met jou son­des!

Die der­de ti­pe werk waar men­se nog die voor­tou neem, is dié wat baie on­voor­spel­baar is, soos by­voor­beeld lood­gie­ters, in­ge­ni­eurs en we­ten­skap­li­kes.

Leer so­veel jy kan

Dr. War­ren C­har­les, ’n ge­re­gis­treer­de siel­kun­di­ge en voor­ma­li­ge mens­li­ke­hulp­bron­be­stuur­der van die Kaap­se S­kier­ei­land U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie, sê jy moet jou loop­baan goed be­plan.“Vra jou­self wat jy kan doen om jou­self op te werk en te be­mag­tig. Dit is no­dig om jou vaar­dig­he­de te ver­be­ter en om dít reg te kry, moet jy kort kur­sus­se doen om by te bly met die nu­we teg­no­lo­gie,”stel hy voor.

Neem be­heer van jou le­we. Moe­nie ’n werk aan­vaar vir die geld nie, maar vir wat dit jou kan leer. As jy nie meer nu­we din­ge leer by jou werk nie, soek ’n an­der een. Lees baie boe­ke en tyd­skrif­te. Ver­breed jou al­ge­me­ne ken­nis. Ver­ryk jou­self. Self-leer is net so goed soos skool, soms am­per be­ter. Hoe meer jy weet, hoe mak­li­ker sal jy met nu­we i­dees en op­los­sings vo­ren­dag kan kom.

Dít kan jy doen

Vol­gens Ma­ry Berry van die U­ni­ver­si­ty of P­hoe­nix in A­me­ri­ka is daar ’n paar sleu­tel­vaar­dig­he­de wat kan lei tot suk­ses in die toe­koms: Lei­er­skap Kri­tie­se den­ke en pro­bleem­op­los­sings­vaar­dig­he­de Kre­a­ti­wi­teit Di­gi­ta­le ge­let­terd­heid Kom­mu­ni­ka­sie Aan­pas­baar­heid Pro­duk­ti­wi­teit en be­trou­baar­heid In­lig­ting­be­stuur

En­tre­pre­neur­skap Glo­ba­le bur­ger­skap – ’n goeie ding van Suid-A­fri­ka is dat ons“goed­ko­per”is as lan­de soos A­me­ri­ka en En­ge­land. Dit be­te­ken dat jy nou met be­hulp van die in­ter­net mak­li­ker se­ke­re werk kan kry en doen as jou“duur­der”kol­le­gas in an­der lan­de. Dit sluit wer­ke in soos gra­fie­se ont­werp, web­blad-ont­werp, pro­gram­me­ring, ver­ta­ling en­so­voorts.

Só lyk die toe­koms

Hier is voor­spel­lings van reg­oor die in­ter­net van moont­li­ke toe­koms­ti­ge werks­ge­leent­he­de: Kli­maats­ver­an­de­ring-om­me­keer­spe­si­a­lis Ruim­te­vlie­ë­niers, -ar­gi­tek­te en -toer­gid­se Lig­gaams­deel­ver­vaar­di­gers (kan jy jou in­dink!)

Ge­heu­e­ver­gro­tingschi­rur­ge (ie­mand wat jou ont­hou-ver­moë kan ver­meer­der).

K­wa­ran­tyn-of­fi­sie­re (do­de­li­ke vi­rus­se is al lank­al po­pu­lê­re te­mas vir flieks, maar wie sê dit kan nie reg­tig ge­beur nie?)

Di­gi­ta­le ar­gi­tek­te wat vir­tu­e­le ge­boue vir ad­ver­teer­ders en ver­ko­pers ont­werp.

Pro­duk­ti­wi­teits­raad­ge­wers (ad­vi­seur oor al­les van ge­sond­heid tot tyds­be­stuur so­dat werk­ge­wers so pro­duk­tief as moont­lik kan wees).

Kin­der­ont­wer­per (een van die dae kan jy jou kind self ont­werp!) Ro­bot­werk­tuig­kun­di­ge Na­tuur­her­stel-eks­pert In die ver­le­de was daar baie spe­ku­la­sie oor die uit­sterf van werks­ge­leent­he­de, maar soos wat die sel­foon- en re­ke­naar­be­dry­we ons ge­leer het, skep nu­we teg­no­lo­gie baie meer werk as wat dit uit­wis.

Die be­lang­rik­ste ding is se­ker dat jy jou­self di­ver­si­fi­seer.

Pro­beer om so­veel as moont­lik, so gou as moont­lik te leer. Hoe meer ken­nis en vaar­dig­he­de jy het, hoe be­ter. Jy moet aan­pas­baar en be­reid­wil­lig wees en so­veel moont­lik op die uit­kyk wees vir nu­we ge­leent­he­de.

Maar moe­nie te ge­rus wees nie . . . geen mens kan voor­spel hoe vin­nig en hoe ver teg­no­lo­gie kan ont­wik­kel nie. Ons aan­vaar dat die mens­dom nood­saak­lik is vir voort­be­staan, maar ma­sjie­ne doen al­reeds meer as wat ons ooit kon droom. Kyk maar net hoe ver het ons ge­kom van­af die per­de­kar en die pos­duif . . . * Skuil­naam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.