vir el­ke ding ’n tyd

Sy het al ja­re lank ’n skelm ver­hou­ding met haar nig­gie se man. Nou is haar nig­gie siek en is sy die een wat haar dalk kan help . . .

Kuier - - KORTVERHAAL - DEUR Mi­ri­am Te­la­nie

Ju­li­an trek haar na­der en soen haar vol op die mond. Sy hand reik vir die kno­pe van haar bloes, maar hy stop as hul­le voet­stap­pe in die rig­ting van die kom­buis hoor. Sy spring weg van hom af en maak die ys­kas­deur oop as­of sy drin­gend iets daar­in soek. Hy draai om en is be­sig by die kraan.

“Hier is jy, Tra­cy. Ek het ge­soek na jou.” Dis haar ma, dui­de­lik ge­reed om huis toe te gaan.

“Is Ma reg om te gaan? Ek kry gou my hand­sak.” Dan is haar ma se aan­dag by Ju­li­an. “Ju­li­an, s­tuur groe­te en be­ter­skap aan A­li­cia, hoor. Ek wag by die mo­tor, Tra­cy.”

Hy mom­pel“dan­kie”as haar ma weer gang af be­weeg. Hy gryp weer na Tra­cy as sy die kom­buis wil ver­laat, maar sy ont­snap sy gre­ti­ge han­de. “Wan­neer sien ek jou, Tra­cy?” “Mmmm,”gig­gel sy as sy Ju­li­an se be­kom­mer­de uit­druk­king sien,“ons bly mos in kon­tak.”

Sy maak as­of sy nie hoor toe hy aan­hou na haar roep nie.

Teen die tyd wat hul­le moet ry, wag sy al­reeds weer vyf­tien mi­nu­te vir haar ma. Die fa­mi­lie­by­een­koms­te kom nie mak­lik tot ’n ein­de nie. Daar is al­tyd nog iets waar­oor jy saam met ie­mand wil ge­sels. Haar ma ver­skyn uit­ein­de­lik saam met an­tie Lu­cy in die deur en kry eers ná tien mi­nu­te ge­groet.

“Ek is ver­baas dat Ju­li­an van­dag ge­kom het. Ek hoor by Lu­cy A­li­cia is weer so siek. Die di­a­li­se help ook nie meer nie,”ge­sels haar ma as sy weg­trek.

Tra­cy wil nie haar nig­gie be­spreek nie, maar in die mo­tor het sy nie ’n keu­se as om haar ma aan te hoor nie. “Sy was nog maar al­tyd siek, Ma,”sug sy. “Dis erns­tig dié keer, Tra­cy. Haar ge­laats­kleur is ge­heel en al on­na­tuur­lik. Jy kan som­mer sien sy is baie, baie siek,”haar ma se kom­mer loop diep.

Tra­cy weet nie wat om te sê nie en toe hul­le ver­by die su­per­mark ry, praat sy som­mer oor die hoë hoen­der­pry­se. By die huis vlug sy na haar ka­mer, bang haar ma bring weer vir A­li­cia op.

Die vol­gen­de og­gend by die werk suk­kel sy om haar ge­dag­tes weg van A­li­cia te hou. Skuld­ge­voe­lens ruk deur haar kop, haar e­mo­sies, haar lig­gaam.

Mis­kien kan sy nog gaan stu­deer, dis nog nie te laat nie. Die kle­re­win­kel was nog nooit ver­on­der­stel om haar le­we te word nie. As sy weer sien, kom Kim, die be­stuur­der, in­ge­stap met se­ker haar groot­ste don­ker son­bril op en ver­dwyn in haar kan­toor. Weer ’n woe­li­ge na­week ge­had. Die win­kel is dood­stil, la­ter sal daar se­ker ’n kli­ënt of twee op­daag om die pyn van die na­week kom la­we met ’n nu­we rok of paar skoe­ne. ’n No­ti­fi­ca­ti­on van ’n bood­skap kom deur op haar foon. Dis Ju­li­an. Sy gaan dit ig­no­reer so lank as wat sy kan. Hoe­veel keer het sy nie al pro­beer om din­ge

te be­ëin­dig nie? Dit raak on­uit­houd­baar om met haar­self saam te leef. Dan pleit hy by haar en sy gee weer in. A­li­cia het nog al­tyd uit­da­gings en pro­ble­me met haar siek­te han­teer. Dis se­ker frus­tre­rend vir ’n hu­we­liks­maat.

Sy wat Tra­cy is, koop kle­re en skoe­ne. Haar s­hop­ping sprees laat haar van al­les ver­geet wat pyn­lik en on­ge­mak­lik is, soos Ju­li­an onder meer. Hy gee graag vir haar skoe­ne ge­skenk, dan lieg sy vir haar ma dat die ei­e­naar vir hul­le ou stock ná die sa­le ge­gee het.

Ná haar mid­dag­e­te kom daar uit­ein­de­lik weer ’n kli­ënt in. Ge­klee in don­ker­blou je­ans en wit hemp met ’n paar vlees­kleu­ri­ge ho­ë­hak­skoe­ne. Die vrou se lang, glad­de ha­re het dui­de­lik deur­ge­loop onder ’n ghd. Dis in groot teen­stel­ling met Tra­cy se kort, kroes ha­re wat met el­ke ver­an­de­ring van die weer min­ce.

“So, jy’s Tra­cy?”wil die kli­ënt in ’n koue stem­toon weet. “Ja?”sê­vra Tra­cy. “Is dit nie tyd dat jy vir Ju­li­an laat gaan nie? Dis al ja­re. Is dit nie? Wat dink jy gaan an­tie Lu­cy sê as sy uit­vind wat jy ag­ter haar dog­ter se rug aan­vang?” “Wie is jy?”vra Tra­cy kort­a­sem. “’n Baie goeie vrien­din van A­li­cia. Ek was weg uit die dorp, maar nou is ek te­rug vir goed. Raai wat is die eer­ste ding wat ek moes hoor? My sweet vrien­din se man che­at op haar met haar eie nig­gie. Hoe skan­de­lik! Re­al­ly?”

Die win­kel se te­le­foon lui en ver­breek Tra­cy se angs­ti­ge stil­te. Sy hard­loop vir die foon as­of haar le­we daar­van af­hang. Dis Ju­li­an. Sy slaan die ge­hoor­stuk neer. Dit lui on­mid­del­lik weer. “Los my uit!”ant­woord sy bars. “Ex­cu­se me?”vra ’n vrou­e­stem eg­ter. Tra­cy voel as­of sy kan ver­stik. Die streeks­be­stuur­der was op die lyn. Sy maak ’n rits ver­sko­nings.

Ná die op­roep is A­li­cia se“vrien­din”weg. Tra­cy se blou Maan­dag neig nou al na swart Maan­dag.

As sy oor vyf by die huis in­stap, is haar ma nie tuis nie. Net as sy haar tuis maak met Co­ke en aar­tap­pel­sky­fies voor die te­le­vi­sie, hou haar ma bui­te stil. Op haar ma se ge­sig kan sy sien iets groot is ver­keerd.

“Ek was by die hos­pi­taal saam met jou an­tie Lu­cy. A­li­cia is baie siek, sy is van­og­gend op­ge­neem. Sy lyk som­mer baie sleg.”

Dit lyk nie as­of A­li­cia dié keer ’n vin­ni­ge her­stel gaan hê nie.

‘‘’n Nier­oor­plan­ting is al wat haar le­we gaan red, sê die dok­ter,”gaan haar ma voort,“daar word drin­gend na ’n sken­ker ge­soek.”

Sy weet som­mer die vol­gen­de ding waar­op haar ma gaan aan­dring, is dat sy haar een nier vir A­li­cia moet gee.

“Maar jy en A­li­cia is mos die­self­de bloed­groep, Tra­cy.”

Sy’t ver­geet dat sy en A­li­cia y­we­ri­ge bloed­sken­kers was toe hul­le jon­ger was en só uit­ge­vind het hul­le is die­self­de bloed­groep.

“Ons is, Ma, maar ek glo nie dis ge­noeg om ’n sken­ker te wees nie.”

Met dié gryp sy die sky­fies en laat spaan­der ka­mer toe. Waar­om moet haar ma al­tyd die on­moont­li­ke van haar ver­wag?

Teen haar sin be­vind sy haar die vol­gen­de og­gend in die dok­ter se spreek­ka­mer. Die bloed-en-weef­sel­toets is klaar ge­doen. As die uit­slae po­si­tief is, be­hoort sy van­dag al be­ra­ding te kry voor die o­pe­ra­sie. Sy is hoop­vol ’n an­der fa­mi­lie­lid is ook ’n ma­tch. Om te dink el­ke keer as Ju­li­an vir A­li­cia gaan vas­hou, gaan hy ook ’n deel van haar vas­hou. Hoe bi­sar.

Te­rug by die werk vrees sy met el­ke bood­skap, el­ke keer wat ’n foon lui, dat dit die hos­pi­taal is wat haar laat weet dis tyd. Ná werk kry sy weer nie­mand by die huis nie. Dit neem nie lank om haar tas­se te pak nie. Die hoof­straat is be­sig, maar as sy af­draai op die N1, ver­min­der die ver­keer dra­ma­ties. Sy is ’n laf­aard om weg te gaan son­der om iets te sê . . .

Sy is die vol­gen­de og­gend siek en ge­drei­neer as sy wak­ker skrik. Dis al elf­uur. Hoe­kom het haar ma haar nie wak­ker ge­maak vir werk nie? Dan ont­hou sy gis­ter­nag se ge­beu­re.

Veer­tig ki­lo­me­ter uit die dorp het sy om­ge­draai. Met el­ke ki­lo­me­ter het sy tot nu­we in­sig­te ge­kom. Met die om­draai is sy reg­uit hos­pi­taal toe. Dit was al­reeds ná be­soek­tyd. A­li­cia het swak teen die kus­sings ge­sit, ’n ver­pleeg­ster was by haar. A­li­cia het flou­e­rig ge­glim­lag toe sy haar sien.

“Daar is iets wat ek jou moet ver­tel . . .” het sy on­se­ker be­gin.

A­li­cia het be­kom­merd ge­frons. Dis sy wat ook die stil­te ver­breek het. “Wat is dit, Tra­cy?” “Ek het vir Ju­li­an ag­ter jou rug ge­sien. Vir ja­re. Ek weet nie hoe om te sê ek is jam­mer nie. Ek ver­staan as jy my nie kan ver­ge­we nie. . .”

Sy kon nie haar oë toe­maak nie, maar ver­by A­li­cia teen die wit pla­fon vas­ge­kyk, wag­tend vir die stort­vloed van be­skul­di­gings.“Was dit jy? Hoe­kom Tra­cy? Weet jou ma?”

Die woor­de het sta­dig uit­ge­kom, een vir een deur my mens­wees ge­sny. “Nee, sy weet nie.” “As ek nie ’n nier be­tyds kry nie, gaan ek in elk ge­val sterf. Dis te laat vir kwaad wees, dit maak nie meer saak nie.” “Ek is so jam­mer, A­li­cia.” “In die lig van die dood is dit klein din­ge­tjies. Ver­ge­we jou­self en gaan aan met die le­we. Gaan nou, ek is moeg.”

Ja­re se skuld en on­ge­mak het soos ’n bon­del vuil was­goed in Tra­cy se bors ge­knoop. Rou snik­ke het los­ge­breek uit haar keel nog voor­dat sy die mo­tor kon haal . . .

’n Klop aan die deur en Tra­cy se ma staan daar met ’n kop­pie kof­fie en ’n breë glim­lag. “Voel jy be­ter? Jy lyk be­ter,”sê sy. Tra­cy kan nie ont­hou dat sy vir haar ma ge­sê het sy voel siek nie.

“En nou vir die goeie nuus: A­li­cia het ’n sken­ker ge­kry en hul­le is reeds be­sig met die o­pe­ra­sie. Die dok­ter sê as al­les goed gaan, be­hoort sy een van die dae ont­slaan te word.”

Tra­cy glim­lag ef­fen­tjies vir haar ma. Sy ver­staan haar ver­lig­ting oor A­li­cia se be­ter­skap, maar wan­neer haar ma te­rug­gaan kom­buis toe, gryp Tra­cy die kans om gou bad­ka­mer toe te gaan.

Sy is die een wat half siek lyk van­og­gend. Sy dwing ’n glim­lag om haar mond en hou dit daar tot­dat dit na­tuur­lik voel. Die hart­seer trek in haar oë sit on­ver­set­lik daar, maar sy kan haar­self ten min­ste nou weer in die oë kyk.

Een­dag wan­neer sy dit die min­ste ver­wag, sal haar oë weer blink. Tyd het sy eie on­ver­dien­de ver­ras­sings.

Só is daar ’n on­sig­ba­re Hand wat die wiel draai. En daar is vir el­ke ding ’n tyd. Ook tyd om oor te be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.